Omstrede weermag-onderhoudskontrakte met Kuba hersien

Argieffoto bloot ter illustrasie.

Omstrede weermag-onderhoudskontrakte van miljoene rand met Kuba gaan saam met ander kontrakte hersien word.

Thandi Modise, minister van verdediging en militêre veterane, het dié aankondiging gemaak in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) oor die omvang van die negatiewe impak van Kubaanse kontrakte op die weermag se finansies.

Die politieke party verwelkom dié hersiening.

“Jarelange oorbesteding op die weermag se salarisrekening, swak beplanning en misplaaste doelwitte het alles bygedra tot die verval van ʼn eens trotse verdedigingsmag,” sê Fanie du Toit, ʼn VF Plus-LP van Noordwes.

Maroela Media het verlede jaar berig dat die departement van verdediging en militêre veterane die afgelope paar jaar ʼn allemintige R1 miljard aan Kubaanse diensverskaffers uitbetaal het vir die instandhouding en herstel van weermagtoerusting.

Die departement het toe reeds onder skoot gekom oor sy besluit om verdedigingskontrakte aan Kubaanse maatskappye toe te ken ten koste van plaaslike verdedigingskontrakteurs.

Du Toit wys nou daarop dat die weermag tans kwalik doeltreffend kan reageer op buitelandse en selfs binnelandse bedreigings weens ʼn gebrek aan toerusting en behoorlike voorbereiding.

“Verlede jaar se onluste is ʼn bewys daarvan,” sê hy.

“Die aanstelling van Kubane deur die ANC-regering om voertuie in stand te hou en te herstel, was van meet af aan onbekostigbaar en irrasioneel. Die weermag behoort die kontrakte met onmiddellike effek te beëindig en te fokus op operasionele gereedheid soos sy grondwetlike mandaat vereis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

annie ·

Wat sou die eintlike rede wees vir die groot voorliefde vir Kuba? Dié eiland se kundiges word hoog aangeslaan en ruim vergoed vir …. Of is daar iets anders op die stoof aan’t kook? Hoeveel geld word in hul banke gebêre… bedoelende nie sitbanke? Of dalk ook?

Christo ·

Die geld word via Kuba gekanaliseer na offshore rekenings vir die anc kaders

CJS ·

Want Fidel Castro (Kuba) het ‘n groot aandeel gehad in die Mil stryd teen die SAW (RSA)…lees ook “quito cannavale battle”…5000 “elite” Kuba soldate. Hierdie klink meer soos “pay-back” vir dienste gelewer.

SjN ·

It is payback time annie, Kuba het hul gehelp en geakkamodeer die tyd.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regering wil Afrikaners soontoe verban.

Frank John ·

En so sit ons eie land se mense sonder week want os verkoop dit aan ander terrorist lande.

Hoekom ·

Die ANC voer ons rykdom en werksgeleenthede uit. Die huidige werkloosheids syfer en armoede van ons land kan voor hulle deur neer gegooi word. Tyd vir verandering, tyd vir ‘n nuwe regerende party. Een wat omgee en omsien vir die land se eie burgers.

Dries ·

Skuinheilige regering . Enigste van sy soort ter wereld. Dit laat n mens spraakloos.

Oshol ·

Hierdie is n gunsie vir n gunsie . Net om Kuba te dank vir die hulp met die grens oorlog

Kokerboom ·

Die ANC lewe op ‘n totaal ander planeet
Geen rede dat die voertuie wat plaaslik gebou is nie deur plaaslike tegnici onderhou kan word.
Die ANC het na 1994 ‘n vrypas bekom om te kan mors verwoes enna willekeur op te tree

Samuel ·

Alles wat die ANC-regering doen is irrasioneel. Hulle predik werkskepping, maar doen die teenoorgestelde.

Watter politieke party gaan werklik vir ons gewone burgers omgee? Is hulle nie maar almal daar ter wille van hul eie ego’s nie?

domheks ·

Hoe kan julle dit nou wil HERSIEN! Dit moes in die eersteplek NOOIT gebeur het nie. Maar julle dink die geldtrommels sal nog ‘ verdere 28 jaar hou?

Prikkie ·

En dan is ons bekommerd oor die R50 miljoen wat SA vir Kuba wil skenk?

Dit is lankal reeds daar.

Pietertjie ·

As hierdie land R1 miljard aan Kubane kan betaal vir “onderhoud”, dan klink dit of die R50 miljoen “skenking” deur DIRCO vir ‘n totaal ander doel is as wat voorgegee word. Dalk moes dit iewers in ‘n rusbank gestoor word.

Althes ·

Die belastingbetaler moet opdok vir die misplaaste kommunistiese lojaliteit van die ANC teenoor Kuba. So suig Kuba ons fondse op soos ñ parasiet

hpven ·

Tussen die groot geldvreters, nl kaders, kuba en Cyril se rusbanke, kan daar nie meer veel oor wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.