‘Onaanvaarbare werkstoestande’ vir weermaglede

Lugverkoeling (Foto: Pixabay)

“Die toestande is onmenslik en onaanvaarbaar.”

Só voel werknemers wat in die weermag se verdedigingshoofkwartier in Erasmusrand, Pretoria, sonder lugverkoeling moet werk.

Dié gebou asook die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) in Dequorweg in die Pretoriase middestad se lugverkoelingstelsels is weer buite werking.

Dit volg nadat daar onderskeidelik in Maart en Februarie vanjaar melding gemaak is oor hierdie gebou se lugverkoelingstelsel wat stukkend is. Die stelsels was toe reeds etlike maande lank stukkend.

“Ons weet nie of die stelsel nou weer stukkend is of net nooit reggemaak is nie,” sê ʼn personeellid wat in die gebou in Erasmusrand werk.

Die personeellid het op voorwaarde van anonimiteit aan Maroela Media gesê die temperature het Maandag voor 08:00 reeds 29 °C in die kantoor gemeet.

Volgens die SALM is sy hoofkantoor in die Pretoriase middestad onbewoonbaar weens die stukkende lugverkoelingstelsel en het hy in ’n verklaring bevestig dat sy leierskap volle beheer oor die situasie neem.

“Die gesondheid, mediese toestand en veiligheid van die lede word as kwessies van dringendheid beskou. ’n Gesamentlike benadering en tussentydse gebeurlikheidsmaatreëls word gebruik om die situasie te hanteer,” sê brig.genl. Mongezi Kweta, woordvoerder van SALM.

Die SALM het ’n opdrag uitgereik om die voetspoor van lede wat die gebou op spesifieke tye beset te verminder, ten einde te voldoen aan die vereistes van lede met onderliggende mediese toestande wat veroorsaak word deur ’n gebrek aan vars suurstof en uiterste hitte, ’n situasie wat tans in die gebou ervaar word.

“’n Opdrag en verskeie gebeurlikheidsplanne is uitgereik om die saak op tydelike grondslag aan te pak, terwyl langtermynmaatreëls van Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdienste-spesialiste aangevra word.

“Die leierskap sal die nodige leiding gee oor verdere gebeurlikhede gegrond op bevindings en aanbevelings deur verskeie spesialiste. Daar is voortdurend gesprekke buite die gewone SALM-forums en -kanale wat bedoel is om te verseker dat die sake rakende hierdie kwessie vinnig aangepak word, veral vir die gesondheid en veiligheid van die lede.”

Volgens die personeellid in die weermag se verdedigingshoofkwartier in Erasmusrand word daar net skouers opgetrek oor hul situasie.

“Hulle verwag omdat ons vir die weermag werk, moet jy in enige toestand kan werk, maar hierdie toestande is onmenslik. Die personeellede sukkel om in die bedompige kantore te konsentreer en hul werk te verrig soos hulle moet.”

Die gebou is só ontwerp dat die meeste kantore nie vensters het om oop te maak vir vars lug nie.

Die personeellid is sedert Maart genoop om ’n asmapompie te gebruik en is ook met hoë bloeddruk gediagnoseer.

“Hoë bloeddruk, saam met asma en ’n kopseer, is nie ’n goeie kombinasie nie.”

JG Greeff, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) se nasionale sekretaris, het vroeër aan Maroela Media gesê die gebrek aan verkoeling en swak ventilasie in die geboue hou ’n ooglopende bedreiging vir die gesondheid van personeel in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Chris dupreez ·

Ek kan my voorstel hoe daai plek hier teen 12 uur moet ruik

Delia ·

Nou lees ek woord soos, gebeurlikheidsplanne, voete vermindering, mediese spesialiste ens ens.
Hou op BEE tegnici kry en maak die aircons reg. Dis eenvoudig.
Maar nee…rompslomp vir herstelwerk is n issue.
Vra my..20 jaar ondervinding van dit.

Christine ·

Net so Delia, en tenders wat aan BEE gegee word wat nie die werk kan doen nie, maar neeee, te dom om te leer uit hulle foute. Dis ‘n Afrika-probleem

SjN ·

Indien onderhoud en instandhouding gedoen was soos vereis was alles in plek soos ontwerp, hul kan niks ontwerp en opbou, slegs afbreek en plunder.

Duck ·

Nee man, dis wat ons noem “load shedding” en die AC’s makeer niks. Vra ons (die res van die RSA publiek) ons ken van load shedding.

Hexi ·

Ek werk ook al jare vir ń soortgelyke instelling en ons “lugverkoeling” werk – jy maak net jou kantoor venster oop.

Antie Sarie ·

Nee. Kantore is meestal bo gronds. Maar vensters kan nie oopmaak. Ek het daar gewerk

007 ·

Lugmag hoofkantoor het 8 verdiepings ondergronds. Jy kan nie die venster oopmaak nie.

Se maar net ·

Die probleem is nie van onlangs af nie dit kom al van begin 2000’s af, ek en my ma was in die mag en sy het daar gewerk sy het in die hospitaal beland en by die dood omgedraai met dubbele long ontsteking agv daardie aircons in Krygkor gebou.

Lillian ·

Ag shame, ek sit ook sonder lugversorging in my kantoor, en ek gaan nie dood nie.

Christine ·

En ek in my huis… Hulle ken nie van vensters oopmaak nie.

Zoey ·

Lees julle nie. Daar IS NIE VENSTERS NIE. Jy sit met vier grys mure om jou en ‘n deur. Dis al. Ek is in SAPS en om soveel moontlik mense in ‘n plek in te druk is daar kantore bygesit met geen vensters nie. Dis hel om so te sit. En ‘n waaier sirkuleer net die warm lug.

Delia ·

Tienie, nie watse Weermag nie. Daar is nog baie lede wat hul beste doen. N Oryx van die Lugmag was nou besig om te help met brande. Klomp van ons manne sit in Mosambiek…
Ek was self 20 jaar in die Weermag tot laas jaar. Daars baie wat nog alles probeer, van alle velkleure

Zoey ·

Daar IS NIE VENSTERS NIE. Jy sit met vier grys mure om jou en ‘n deur. Dis al. Ek is in SAPS en om soveel moontlik mense in ‘n plek in te druk is daar kantore bygesit met geen vensters nie. Dis hel om so te sit. En ‘n waaier sirkuleer net die warm lug. En wanneer die aircon werk weier my baas dat ons dit aansit want dis koud.

VaalDonkie ·

Ek voel rerig jammer vir hulle. Maar wag tot hulle uitvind hoe die troepe se toestande is…

Herman L ·

Die arme brigadiers en generaals wat ‘n temperatuur van 29 grade moet trotseer! Hoekom gaan julle nie saam met die troepe slagveld toe nie. Daar is die temperatuur gereeld 38 grade of meer. Of dink julle die troepe is uitgereik met verkoelingstelsels?

Martin ·

Die regering is bankrot en het nie geld vir die weermag nie. Wat soek ons weermag nog steeds in midde Afrika en geld mors vir ander lande se gemors ons moet ophou om ander lande se boude te soen.

Delia ·

Onthou day United Nations die Weermag betaal vir sy soldate daar. Dis n inkomste

Di ·

Hier waar ek werk, werk die Lugverkoeling ook nie vir die laaste 3JAAR nie. Vensters is geseel en kan nie oopmaak nie. Sit in oopplan kantoor waar 11 mense sit met 2 waaiers. Wanneer 1 siek word, word ALMAL siek. Die Dept (Public works) wat verantwoordelikis om dit reg te maak is permanent AWESIG

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.