Opod gaan nie eie ondersoek na Phala Phala doen

Argieffoto van pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: LUCA SOLA / AFP)

Die onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod) het eindelik besluit om nié sy eie ondersoek na die polisie se beweerde betrokkenheid by die rooftog op pres. Cyril Ramaphosa se plaas Phala Phala in Limpopo te doen nie.

Opod sê die Valke ondersoek reeds die voorval. Die direktoraat sal nou eerder bloot die Valke in sy ondersoek bystaan “om ’n duplisering van regeringshulpbronne” te vermy.

Die African Transformation Movement (ATM) het vroeër in ʼn skrywe aan die direktoraat gevra om die bewerings te ondersoek dat grootkoppe in die polisiediens ʼn hand daarin gehad het om die hele voorval toe te smeer.

Lizzy Suping, Opod se woordvoerder, sê nou die direktoraat het dié versoek noukeurig oorweeg en eindelik vasgestel dat die party se klagte gebaseer is op die aanvanklike verklaring van Arthur Fraser, oud-direkteur-generaal van die Staatsveiligheidsagentskap.

“Dieselfde klagte word deur die Valke ondersoek en die direktoraat is voortdurend in verbinding met die span van die Valke wat aangewys is om dieselfde bewerings te ondersoek.”

Volgens Suping sal Opod as deel van die Valke se ondersoek die beweerde optrede van die polisiebeamptes ondersoek, terwyl die Valke die kriminele element ondersoek. Dit sluit in moontlike aanklagte van regsverydeling en ontvoering.

Opod sal hom oor die uitslag van die ondersoek uitlaat sodra dit afgehandel is.

Ramaphosa word daarvan beskuldig dat hy ʼn inbraak in 2020 op sy wildsplaas Phala Phala, waar diewe na bewering $4 miljoen gesteel het, probeer geheim hou het.

Maroela Media het vroeër berig die ATM beweer die nuut aangestelde nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, en sy voorganger, Khehla Sitole, het geweet van die beweerde diefstal.

Die party het ook die skorsing van die betrokke beamptes geëis, hangende die uitkoms van Opod se ondersoek.

Suping sê die ATM is reeds van die direktoraat se eindelike besluit in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

domheks ·

“Die African Transformation Movement (ATM) het vroeër in ʼn skrywe aan die direktoraat gevra om die bewerings te ondersoek dat grootkoppe in die polisiediens ʼn hand daarin gehad het om die hele voorval toe te smeer.”
OPOD sal mos nooit hulle ‘brothers’ aankla nie !Sal weer toegesmeer word.

Vernon ·

Netso…toesmeer,maar wag maar hulle vernietig nou mekaar!!!

Swerwer ·

Groot grap. Daar wil net weereens gewys word dat die wesens hulself verhewe bo ander landsburgers.
Zuma is nogsteeds nie in die tronk nie en maak elke keer ‘n Kangaro sprong as daar na sy kant toe verwys word weens die Zondo Verslag.

Samuel ·

Dit is so pateties dat hierdie ondersoek sloer en mens wil byna sê daar sal dadels van kom. Ons land en staatsinstellings word deur kriminele bestuur.

koos ·

Verrot tot op die been toe, né ou Cyril. Die gladde bek weergawe van zupta…..

Nie Verbaas ·

Snaaks hoe vinnig gewone burgers se sake afgehandel word maar die minder intelligente, verhewe bo die wet patete se sake sloer altyd.

Roebs ·

Dink die FBI moet dit ondersoek of iemand heeltemal onafhanklik dan sal die waarheid uitkom.

Johann ·

Julle???? Rerig???? Ons leer niks! Zuma het met sy Zumaikies seker gemaak hy gaan wegkom met als. En selfde met Ramanocio. Hyt laaaaankal pelle pelle op die regte regte plekke plekke, net soos oom Zumpi, vir al sy Phala Phala’s. Kern korrup en skelm natuur.

marius ·

Skiet’n rooibok teen slegs een miljoen rand . Betaal vooraf in dollars in die Sitkamer Bank asseblief

annie ·

Dra Cyril net ‘n masker wanneer hy sy beeskrale op sy plaas besoek? Die intrige van die kussingdollars sal aanhou tot na Christmas en die gesloer met die bekend making van die skade by die parlement in die Kaap totdat die ANC uit die stadsaal se kussings gelig is.

Johann ·

Soos Zumpi seker gemaak het hys beskerm deur sy Zumaikies orals te deploy…so het sy comrade ook. Rampapoza is soos al sy ANC kaders onaantasbaar.

sonneblommekie ·

Dié besluit van OPOD verbaas my glad NIE !!
Die saak draai nou alreeds lank – gaan seker ‘n 2de Zuma-geval word…..NIKS
Cover mekaar op sover hul gaan. Almal in CAHOOTS met mekaar…seklm spul……………sies !!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.