Oudbankwerker in hof vir meer as 6 000 aanklagte

(Foto ter illustrasie)

ʼn Oudwerker van Absa in Sasolburg het in die landdroshof op dié dorp verskyn op altesaam 6 041 aanklagte van bedrog, geldwassery en diefstal.

Die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad het Violet Mohlatsi (40) in hegtenis geneem ná klagtes van ongemagtigde onttrekkings uit verskeie kli se bankrekeninge, het kapt. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, gesê. Dit strek terug tot Junie 2017.

“Die ondersoek het bevind Mohlatsi het oënskynlik 10 niksvermoedende kliënte se bankkaarte gekloon om transaksies te doen. Die uiteindelike bedrag van R118 000 het gelei tot verskeie klagtes wat by die tak aangemeld is.”

Mohlatsi is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Sy verskyn weer later vandeesmaand in die hof, het Steyn gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

ES ·

Dit gebeur nie net by Absa nie – dit gebeur elke dag by elke bank.

Dit is waarom al die banke soveel van hul takke toemaak en mense aanmoedig om eerder internet- en elektroniesebankdienste te gebruik.

Hierdie saak het toevalling aan die lig gekom, daar is duisende ander sulke gevalle elke dag by al die banke – regoor die wereld. Jy kan nie net veralgemeen nie.

Elmien du Plooy ·

Absa Centurion werknemer het my ma se kaart ook binne in die bank gekloon.

Swannie ·

Dit is hoekom ek mal is oor regstellende aksie – Wanneer daar bedrog, diefstal ens. is. kan jy sommer dadelik weet wie betrokke is en die skuldiges onmiddellik aankeer.

colleen ·

Die aankeer is niks, maar daar kom nie juis veel van nie. Mens kan niemand meer vertrou nie. Geld onder die matras lyk my is maar die beste. Kry ‘n paar boerboele om jou erf en huis te beskerm binne en buite dan is jou geld veiliger.

Scalla ·

Gemiddelde transaksie onder R20, klein begin en raak bedrae groter, gierigheid.

Leon Pit ·

Dis deur en deur bewys deur die howe en ander instansie GELD is hul ondergang dis on hun DNA.

Foxi ·

Wat gaan aan met die mense? Hulle kan nounet nie geld en ander mense se goed uitlos nie. Wanneer gaan hulle net ophou!

Pitty ·

En Absa laat dit blykbaar gebeur. An elke ontreking is n transaksiefooi gekoppel. As jy jou geld terugeis is daar n transaksiefooi verbonde. Uit n miljon ongeregmatige ontrekkinge maak die bank te mindste 9miljon in transaksiefooie. Hoekom wil jy so n goeie besigheid soos dit stop. Op hierdie manier kan jy moes van n kriminele handeling baat.

ES ·

En jy het bewyse dat die banke, soos Absa, dit toelaat? Hoekom nog nie polisie toe met jou ondervindings nie?

George in Bloem ·

Die stilte van (BL)ABSA se kant af is oorverdowend. Dis seker maar weer die kliente se skuld?

Nuuskierig ·

Watter hof het bevind dat dit in mense se DNA is? Het nie geweet tegnologie is al so bevorderd nie?

Charlie ·

Hoekom altyd ras inbring ? Taai vingers kom in alle kleure en geure!!

wilma ·

‘n Tyd gelede is ‘n werknemer van ABSA Sinoville-tak ook van kloning van ‘n kaart beskuldig.

GM ·

@ ES, ons het op ‘n tyd motorfinansiering by ABSA gehad. Ons was verplig om ‘n ‘comprehensive’ motorversekeringplan uit te neem. Ons het verkies om dit by ‘n ander instansie uit te neem as die een wat ABSA van gebruik maak. So moes ons bewyse aanstuur dat dit wel uitgeneem is. Amper twee jaar later, ontvang ons ‘n brief om te sê dat ons weer bewyse moet stuur voor ‘n sekere tyd anders sal hul ‘n debietorder laat afgaan vir oor die R2000 (as ek reg onthou) sodat ons op hul voorgestelde versekering is. Met die posdiens wat so sleg was, ontvang ons die brief op die nippertjie, en ons bel toe vir ABSA. Ons kry ‘n week uitstel volgens die dame op die foon. Ons stuur als voor die datum in, maar tog gaan die debietorder sonder my toestemming toe af. Ons moes 5 werksdae wag om ons geld terug te kry daarna, en bankfooie is gehef. Hulle het ook nie moeite gedoen om eers op e-posse te reageer daarna nie.
So ek stem saam met Pitty – ABSA gooi ‘n blinde oog want hulle maak geld daardeur.

Wielspore ·

Druppels water maak later ‘n emmer vol, neem bietjie geld by baie en later het jy baie geld. In die tye waarin ons leef word geld gekoppel aan geluk en geluk word uitgebeeld as rykdom. Rykdom is ‘n groot huis, nuwe motor, branded klere en die onthaal van gaste. Mense strewe daarna om gelukkig te wees en kan nie die luukshede bekostig en wend hulle tot misdaad om die duur goed te koop. Leer mense van kleins af dat geluk eerder deur jouself geskep word, verhoudings met ander, goeie optrede en gedrag, familie bande. Geluk kom nie van iemand anders se standaarde af, jy bepaal self jou geluk.

Anita ·

Nee dankie. Capitec het ALTYD daardie verskriklike lang ry voor hulle enkele ATM. (FNB se ry is ook lank, maar ten minste is daar meer ATMs waar mens depositos kan maak, so dinge gaan vinnig).

Jj ·

@Sêmaarnet elke keer as daar bedrog is van n restellende aanstelling. Skreeu mense soos jy wat van Markus Jooste.

Jan ·

Is n probleem by absa, paar jaar terug n absa werknemer sommer tjeks van n nuwe tjekboek in bank gebruik om persoonlike rekeninge te betaal, tot vandag toe nog niks weer gehoor van bank, na beloftes dat ek as klient ingelig sal word wat met die weker sou gebeur, i

Gert van Wierdapark ·

Doen jul deel en skenk bloed by die Bloedbank

Dries Moolman ·

Die EFF moet hom bystaan, hy klink na hulle tipe man, sal ver kan gaan in die party.

Chrisjan ·

So raak almal slimmer! Hulle dink nie hulle is skelm nie. Hulle het mos die reg om innoverend te wees. Moet darem 3 keer n week gebraaide hoender eet!

Hanlie ·

Alle banke is dieselfde. Dit het met my by Standard Bank ook gebeur.

Liekie ·

Gierigheid (geld-) is die duiwel se oorkussing.
Mense swig – enige kleur of geur.
Dis maar ‘n wye-wêreld-ding

LK ·

Noem my outyds tegnologies ongeskik (wat ek nie is nie) noem dit net wat jy wil ek gee nie om nie, ek teken NIE ‘n debiet order nie. Het net een. Veral selfone… een maand R100.00 en die volgende maanDE R1 000.00 o nee ek vertrou NIEMAND meer nie dankie. Dis net ‘n kwessie van tyd dat dat dit met jou ook gebeur. Ek het te min om on-ge-oor-loofde skenkings te doen.

Irma ·

Anita, as jou rekening by Capitec is kan jy met gemak by enige Checkers of P&P geld trek terwyl jy jou inkopies doen. Dit help altyd om die regte inligting te kry .

ap ·

sy/hy sal nie tronk toe gaan nie , kry werk binne n maand by pick & pay of checkers , as n algemene klerk.

skurweberg ·

ABSA moenie sulke mense ten koste van die kliente aanstel nie. Leer julle nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.