Oudhoë by Transnet in hof vir korrupsie  

Die beskuldigdes in die hof (Foto: NVG)

Die voormalige hoof van Transnet se regsafdeling het Woensdag saam met twee medebeskuldigdes in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Palm Ridge verskyn op aanklag van korrupsie en geldwassery.

Kenneth Diedricks het saam met Charles Ernest Pretorius en Refiole Desmond Martins in die hof verskyn. Pretorius en Martins was onderskeidelik ʼn direkteur en kontrakbestuurder by Polyzomba, ʼn maatskappy wat spoorinstandhouding vir Transnet gedoen het.

Transnet Freight Rail (TFR) het in 2006 ʼn tender aan Polyzomba toegeken vir die vervanging van spoorpanele op die spoornetwerk. Die amptelike duur van die kontrak was van 3 April 2006 tot 2 April 2011 en die waarde van die kontrak was nagenoeg R64 miljoen. Nadat die kontrak verstryk het, het Polyzomba ʼn kontraktuele dispuut aanhangig gemaak vir die betaling van ʼn aanvullende betaling van R25 miljoen.

Voordat ʼn skikking tussen TFR en Polyzomba gesluit kon word, moes Diedricks en die hoofingenieur dit afteken. Diedricks het op 19 Desember 2011 die skikking onderteken en goedgekeur sonder die konsultasie met en die medewete van die ingenieursafdeling.

Die staat voer aan dat Diedericks ʼn paar maande nadat TFR die R25 miljoen aan Polyzomba betaal het, minstens R300 000 ontvang het uit ʼn rekening van Polyzomba vir die aankoop van ʼn huis in Bassonia ter waarde van R3,7 miljoen. Hy het verder ʼn mat ter waarde van R20 000 ontvang van Umthombo Resources, nog ʼn maatskappy wat aan Transnet gekontrakteer was.

Die beskuldigdes is op borgtog van R10 000 vrygelaat en moet weer op 7 Maart 2023 in die hof verskyn.

Diedricks se vrou het in Januarie 2018 bewerings teen hom gemaak dat hy omkoopgeld ontvang het. Sy het beweer dat haar lewe in gevaar is omdat sy gedreig het om alles op die lappe te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nie Verbaas ·

Altyd in die howe met media wat berig. Nooit agter tralies nie. Magashule, Zuma, VBS, ens. Wat n klug.

Blikke ·

Ek stem, dis niks anders as n klug nie. Hoor van baie wat nou vervolg moet word maar niks gebeur nie, juis die rede dat sulke gedrag aan die orde van die dag is..

SjN ·

waar kan ek aansoek doen om te tender om tronkklere van alle grotes te maak, daar gaan n tekort wees as almal gevonnis word!!

Danie ·

Die vervolging gesag het dit nie in hulle om die sake te hanteer en af te handel nie daar is te veel geld en lewens op die spel.As die sake aangaan op die trant sal SA ook geld by die buiteland moet leen soos eskom se geval.

Dup ·

Sjoe,maar sekere mense is skelm tot in die oortreffende trap.Baie van hulle is seker politieke aanstellings met die doel om ñ paar rande vir hulle leiers bymekaar te maak.Die kanse is skraal dat hulle ooit agter tralies sal beland.

Korrelkop ·

Die drie vanne pas nie by die gesigte nie…. vals name??

Hannelie ·

Mmmmmm…..I rest my case! Eenkeer ‘n skelm, altyd ‘n skelm

Jakes ·

Vrot vrot vrot tot in sy fondasie. Sal in 2030 steeds hoor dat die saak uitgestel is om een of ander rede.

Di ·

SKELMS! Sies, hier is meer diewe in die land as iets anders. Seker by die ANC geleer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.