Oupa, kleinseuns sterf saam in ongeluk

'n Foto van die toneel. Foto: SAPD

‘n Foto van die toneel. Foto: SAPD

ʼn Oupa en sy drie kleinseuns was saam in die bakkie wat Woensdagaand in Limpopo op die R36 tussen Lydenburg en Ohrigstad gerol het. Slegs sy vierjarige kleinkind het die ongeluk oorleef.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het omstreeks 21:00 plaasgevind en die pad moes vir verkeer gesluit word.

Die bakkie het ’n vrag hout vervoer toe die bestuurder beheer daaroor verloor het. Die bakkie het gerol en al vier insittendes is vermoedelik uit die bakkie geslinger.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het intussen die name van die oorledenes bekend gemaak.

“Die bestuurder is Reuben Makofane (67) en sy kleinseuns wat ook in die ongeluk dood is, is Hlologelo Makofane (13) en Tshegofatso Makofane (10). Die jongste het die ongeluk oorleef en word nog in die hospitaal behandel,” het Ngoepe gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Tina du Toit ·

Is ek dom of verstaan ek dit verkeerd?. Daar word n saak ondersoek vir strafbare manslag. Wie gaan hulle aanklae???

Frannie ·

Dis standaard prosedure as iemand oorlede is in ‘n motorongeluk.

Estelle ·

My persoonlike mening… die oupa moet van moord aangekla word siende die kinders nie vasgegordel was soos wat daar volgens wet vereis word nie.

Hanelie ·

Wonder net hoe hulle die oupa aankla van moord Estelle? Ek verstaan die prosedure dat ‘n saak van strafbare manslag, maar om ‘n oorlede oupa aan te kla? Daai een verstaan ek nie.

Marietjie ·

Dit is bitter harseer sterkte aan die familie RIP OUPA EN KLEINKINDERS.

Lulu ·

Estelle, sonder om snaaks te wees – hoe gaan hulle die oupa aankla? Hy is dan dood?

Susan Grobler ·

Ons harte bloei vir die familie – in die besonder vir die ouers van die kinders. Ons innigste meegevoel in hierdie donker tye. Al troos is dat hulle nou veilig by ons Hemelse Vader is.

Flibo ·

Die bakkie was seker weer oorlaai soos gewoonlik.
Ag siestog !!!

Anoniem ·

Flibo…Dis nie nodig om lelik te wees nie……..Daar is mense dood en van hulle is kinders. Lees eers die opvolg berig voordat jy enigsins weer kommentaar lewer!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Varkie ·

Ja stem saam… het self n familie lid wat hout smous en n vol gelaaide bakkie hanteer nogal moeilik… en natuurlik is dit oorgelaai, anders moet mens twee keer ry en petrol/diesel is duur

Rupert Ashford ·

Vrag hout maak ‘n voertuig erg ongebalanseerd. My pa het ook byna so aan sy einde gekom. Sterkte en meegevoel met die familie.

cs ·

Estelle, die Oupa is dan ook in die ongeluk dood – Hoe kan hy dan van Moord aangekla word?

Jan maak n Plan ·

Dis nou wragtig n tragedie vir so n familie. Sterkte aan hulle.

Anoniem ·

Nee Susan…niks weird aan die artikel nie…Daar is mense wat kommentaar lewer wat dit eerder vir hulself moet hou!!!!

KarooKlong ·

Weird kommentaar in hierdie moeilike tyd.
Simpatie aan gesin Makofane

johann cb ·

Heelwat gevoellose mense in ons samelewing. Baie sterkte aan die naasbestaandes. Dit is ‘n groot tragedie. Sterkte.

magda ·

So jammer oor die oupa en kleinseuntjies – baie sterkte aan ouers, sussies, boeties en familie.

Christelle ·

Ons het verby die ongeluk gery net na dit gebeur het. Voertuig was nie oorlaai nie. Was regtig baie hartseer. Waar die ongeluk gebeur het is ook geen rem merke. Dink nie hy het onverskillig gery nie. Die 13 jarige seun was saam my pop op skool. Hy was haar skolier patrollie kaptein. Voor julle afleidings maak en mense wat oorlede is beskuldig van nalatigheid maak seker van die feite. Dit was ‘n grusame gesig en ek wens dit niemand toe nie

Naomi ·

Dit is so jammer om v di ongeluk te hoor. Ons ry di pad op ‘n redelik gereelde basis vanaf Limpopo na Gauteng. Di pad is so gevaarlik met al di vreeslike slaggate. Wonder hoeveel van ons ongelukkig word veroorsaak deur di toestand v ons National & sekondêre paaie. Ek dink somtyds slaggate en di swak onderhouding van ons paaie speel ‘n baie groter rol in ongelukke as wat ons wil erken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.