Outa bekommerd oor inwerkingstelling van Aarto

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die bekendstelling van Vervoermaand Saterdag. (Foto: GCIS)

Gaan die regering gereed wees om die Aarto in Junie in werking te stel?

Dit is die groot vraag van die burgerregtegroep Outa, nadat die minister van vervoer, Fikile Mbalula, Saterdag aangekondig het dat die begindatum vir die volle implementering van die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe, oftewel Aarto, Junie aanstaande jaar is.

Mbalula het die aankondiging by die bekendstelling van Vervoermaand gedoen.

Outa het in reaksie gesê hy sou die stelsel graag wil sien slaag, omdat Suid-Afrika dringende ingryping nodig het vir die onaanvaarbare hoë getal padsterftes.

“Ons is nie gekant teen sanksies wanneer motoriste sleg bestuur, óf die strafpuntestelsel nie. Die stelsel het egter probleme wat betref die administratiewe prosesse, die grondwetlikheid daarvan, asook die vermoë om padsterftes te voorkom,” het Rudie Heyneke, Outa-woordvoerder oor vervoer, gesê.

“Outa het die wet teengestaan sedert die wysigingswetsontwerp in 2015 afgekondig is. Ons terugvoer aan die parlement en briewe aan die president is geïgnoreer. Outa gaan nou die grondwetlikheid van die wet in die hof betwis.”

Die organisasie het gesê hy glo die Aarto-wet, wat ʼn strafpuntestelsel insluit, is ʼn stuk wetgewing wat nie goed deurdink is nie en onmoontlik gaan wees om in werking te stel. Hy sê dit is irrasioneel, onprakties en wetlik gebrekkig en nie die ideale oplossing nie. Boonop het die Aarto-loodsprojekte geen duidelike uitwerking op padveiligheid gehad nie.

(Argieffoto)

Outa skryf padsterftes grootliks toe aan die gebrekkige toepassing van verkeerswette, ʼn gebrek aan die bestuur van oortredings wat begaan is en ʼn verskeidenheid probleme wat betref voertuig- en bestuurderlisensiëring. Hy sê Aarto is nie ontwerp om dié probleme te pak nie.

“Die Aarto-stelsel vereis die opstel van ʼn tribunaal met lede, die afkondiging van bepalings – wat openbare deelname vereis – en die opstel van ʼn burokrasie wat die oortredingskennisgewings en besware kan hanteer. Dit lyk onwaarskynlik dat die regering betyds reg gaan wees,” het adv. Stefanie Fick, Outa se hoofregsbeampte, gesê.

Die parlement het die Aarto-wysigingswet in Maart vanjaar goedgekeur. Die kommer van die publiek – ook Outa sʼn – is nie in die finale weergawe aangeroer nie. In Julie het Outa aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf en hom gevra om die wet nié te onderteken nie, omdat dit volgens Outa ongrondwetlik is. Ramaphosa het die wet in Augustus onderteken, maar nie datum afgekondig wanneer dit inwerking gestel gaan word nie

“Outa is ʼn groot voorstander van padveiligheid en doeltreffende verkeerswetgewing. Om dit te bereik het Suid-Afrika doeltreffende en regverdige prosesse nodig vir die beregting van padverkeersoortredings. Dié prosesse moet in ooreenstemming met die Grondwet wees. Dit is ook belangrik dat wetgewing behoorlik afgedwing word om gedragsverandering by motoriste teweeg te bring, veiliger bestuur en minder sterftes op ons paaie te verseker,” het Outa se brief aan die president gelui.

Outa se kommer oor die wysigingswet, soos uiteengesit in die brief aan die president, sluit in die wet se swaar steun op die Poskantoor om kennisgewings ná ʼn oortreding uit stuur. Die appèltribunaal waarvoor in die wet voorsiening gemaak word moet die héle Suid-Afrika bedien. Dit bestaan egter slegs uit ʼn voorsitter en agt lede wat op ʼn deeltydse grondslag aangestel word. “Dit is hopeloos te min, gegewe die groot aantal sake wat hy sal moet aanhoor.

“Dit gaan lei tot ʼn ernstige agterstand in die stelsel en gaan uiteindelik die grondwetlike regte van oortreders skend, waaronder hul reg op ʼn regverdige administrasieproses en ʼn regverdige verhoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Suid Afrika. Die land met awesome wette wat NIEMAND kan toepas nie. Ek was ‘n slagoffer van misdaad (April 2019), en moet ‘n tydelike bestuurslisensie kry. Laat foto’s neem, kry ID boek, staan in die ry vir ure…..net om te hoor “The Siestêm she’s blôcking you because you have outstanding fines…..FROM 2016!!!!” Huh? Van 2016 af? Ek kan nie die dagvaardigings sien nie, ek kan dit nie betwis nie, ek weet nie waarvoor dit is nie, ek weet nie of dit my voertuig was nie, ek weet niks………ek MOET en SAL R1000,00 ekstra betaal….vir ‘n tydelike lisensie…because of de siestem!!!

James ·

Mens sal nie wonder wie sal uitgesluit word met die stelsel, taxis, BEE mense.

Om kook geld.. Braaaaaib.

Long Tom ·

Vroeër jare was dit ‘n voorreg om ‘n rybewys te hê. Nou word dit beskou as ‘n reg. Wetstoepassing gaan tekort skiet as gevolg van taxi’s wat maak soos hulle wil.

Eish???? ·

Hulle moet maak soos oorsee,

As jy n voertuig het moet jy versekering he en 1x n jaar gaan sodat jou voertuig deur gegaan kan word en bevestig word of hy in goeie toestand is om op pad te wees.

As hulle jou aftrek moet jy jou rybewys, versekering toon asook wanneer laas jou voertuig deur gegaan was vir padvaardigheid check.

In SA kaneselleer mense maklik versekering en dit is waar die gemors ook inkom. Hoveel mense het nie versekering nie. As jy n voertuig het Moet jy versekering he, want die wat nie het se voertuie is gewoonlik onpadvaardig, nie gediens, nie padvaardig check gedoen nie. As jy versuim om versekering te he en as jy versuim om 1x n jaar vir n padvaardigheids check te gaan Moet jou voertuig sumier van pad verwyder word.

Koos de Meyer. ·

Ek wil graag sien waar al die geskud te voertuie gehou gaan word met aarto.

Zoom Zoom ·

Aarto sal nie slaag. Die taxi bedryf met Sy vakbond Gaan daarvoor sorg.
Spietkops Gaan hulle paychecks verdubbel met korrupsie.
Die eerlik pad gebruiker is die een wat aan die kort end Gaan trek.
Aarto is dieselfde as etoll net op een groep van toepassing

Oom Jaco ·

Gaan ook dan seker lekker wees om jou summier af te trek en te sê:” one thousand rand or I give you 1 point”…

Karlahari ·

Ongemerkte patrollie motors met kameras voor en agter wat saam met die verkeer beweeg om padvarke van die pad af te kry. En gee hulle n persentasie van die vonnis as bonus.
Op die N6 sal hulle daagliks onpadwaardige voertuie en roekelose bestuurders aftrek en na 3 maande behoort jy n verandering in bestuurders gedrag te sien en afname in ongelukke.

Nog 'n Rede ·

Maar net nóg ‘n rede waarom ek bly is dat ons gesin die hool verlaat het.

Piet Nel ·

Wat van al die gekloonde voertuie jy gaan baie punte verloor waarvoor jy nie verantwoordelik was nie. Eich

potlood ·

Kyk, jy’t nou regtig nie veel selle nodig om te verstaan dat hierdie sisteem nie lank sal hou nie… Hoeveel werk kan hierdie sisteem hanteer? Hulle gaan die oorweldig… As jy dan nie eers met die huidige wette die basiese kan doen nie, hoe gaan die help?
Die probleem is nie die Wette, sisteme nie. Die probleem bly by MENSE. Verander die MENSE en jy sal beter doen.
Ek kyk elke dag hoe die wette oortree word en daar die regtig so baie wat ek sien hier is PTA wat al op die toneel toegesluit geword het. Maar neeeeeeeee dis ‘n gelag en ‘n gestry en daarna nie eers 50 m verder, dan doen hulle presies dieselfde weer…
Gee ons eerder bietjie stats oor hoeveel boetes daar uitstaande is? sekerlik kan julle mos sien wie baie boetes het?
Ek hoekom moet beamptes nog gebruik word vir meeste verkeers probleme… Magtag man, daar is tech.. Maar nee job creation…
Dan, wat van die infrastruktuur van ons paaie? as daar gate en nie strepe is nie…

riana ·

Wat ek wil weet, My kar was vir ‘n Diens en die Garage voorman het kar toets bestuur na werk wat gedoen is, en ‘n spoedboete gekry. Was kamera boete so nou as hierdie wet inwerking tree is daai punt teen my Lisensie en ek moet probeer bewys dit was nie ek nie, wat tyd by werk af gaan kos en baie irritasie want ons weet hoe vinnig die “WHEELS OF Justice ” in ons land beweeg…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.