Paartjie oorval, vrou byna verkrag toe 6 toeslaan

Nanna Viviers en Albert John voor die aanval. Foto: Facebook

WAARSKUWING: Foto’s in die berig is grafies en kan sensitiewe lesers ontstel.

“Jy hoor en lees van hierdie goed, maar jy verstaan nie tot dit met jou gebeur nie. Ons kinders het oorleef, maar wat van die duisende ander wat nie oorleef nie? Wat van die miljoene mense wat voortdurend in vrees moet lewe? Nee, dinge kan nie meer so aangaan nie.”

Só sê Jacques Viviers wie se dogter, Nanna, Saterdag in die vroeë oggendure, op haar 25ste verjaardag, met ʼn bobbejaanmoersleutel aangerand en byna verkrag is toe sy en haar kêrel in hul huis in Baillie Park in Potchefstroom deur ses gewapende aanvallers oorval is.

Viviers vertel Nanna en haar kêrel, Albert John (23), het geslaap toe hulle omstreeks 02:30 wakker geword het van Nanna se worshondjie wat blaf. Volgens Viviers het die twee dié aand die alarm in die huis afgeskakel omdat die honde veroorsaak dat dit deur die nag afgaan.

“Toe Nanna haar oë oopmaak, het daar ses van hulle om die bed gestaan.” Die indringers was met bobbejaanmoersleutels, pistole en messe gewapen. Drie van hulle het klapmusse aangehad, terwyl die ander drie se gesigte sigbaar was. Hulle het Afrikaans, Engels en Tswana gepraat.

“Nanna vertel daar het die kenmerkende reuk van dagga om hulle gehang. Sy kon dit duidelik ruik. Albert wou net onmiddellik begin om te baklei, maar sy het hom kalm gemaak en gevra dat almal net rustig moet bly.”

Dokters is bekommerd dat Nanna Viviers se oog dalk beskadig is tydens die aanval. Foto: Verskaf

Die aanvallers het hulle egter nie aan Nanna se versoek gesteur nie. Die volgende oomblik, terwyl hulle nog so in die bed sit, het die moersleutel haar agter die kop getref.

Viviers vertel dat die aanvallers vir Albert en Nanna erg aangerand het – só erg dat die bloedspore na die tyd deur die hele huis sigbaar was. In ʼn stadium het die aanvallers vir Albert met sy skoenveters vasgebind en hom op die bed neergegooi. “Toe sê hulle vir hom, vanaand gaan jy kyk hoe ons jou meisie verkrag.”

Viviers sê toe Nanna dié woorde hoor, het sy besef dat sy nóú vir haar lewe moet baklei. “Sy sê sy het in daardie oomblik gedink, vanaand kom ons nie hier uit nie. Dit is nou lewe of dood. En sy het begin baklei met alles wat sy in haar het,” sê hy.

Tydens die struweling kon Nanna daarin slaag om die paniekknoppie te druk en met dié het die aanvallers op die vlug geslaan. Hulle is fort met net die paartjie se selfone en Albert se beursie.

“Hulle het nie gekom om goed te steel nie,” sê Viviers. “Hulle het by ʼn klein venstertjie van die huis ingekom en is verby die televisie en ander waardevolle goed reguit kamer toe. Ses van hulle met al daardie wapens. Hulle was nie daar om te steel nie.”

Nadat die aanvallers gevlug het, kon Nanna en Albert daarin slaag om na die bure te gaan vir hulp en is hulle na die plaaslike Mediclinic geneem. Albert word steeds daar behandel terwyl Nanna intussen na die Life Groenkloof-hospitaal in Pretoria oorgeplaas is.

“Nanna se wangbeen is gebreek, sy het ʼn oop wond agter haar kop gehad en het erge kneusplekke oor haar hele lyf soos hulle haar geslaan het. Dokters is bekommerd dat haar oog dalk beskadig is en dit is hoekom sy Groenkloof toe oorgeplaas is sodat ʼn spesialis na haar oog kan kyk,” sê Viviers.

Albert het ook oop wonde aan sy lyf en erge kneusplekke.

Albert John word in die hospitaal behandel ná die aanval. Foto: Verskaf

Viviers sê hy dink die werklikheid en trauma van wat gebeur het, is iets wat nog nie vir Nanna of vir hom werklik getref het nie. “Ek dink ons probeer nog tot verhaal kom. Toe sy my Saterdagoggend bel en sê ek moet kom, het ek gedink sy trek my been. Ek het gedink dit is omdat sy verjaar en daarom maak sy ʼn grappie. Ek kon aanvanklik nie glo wat sy vir my sê nie.”

Ja, sê Viviers, hy is kwaad – bitter kwaad. Maar hy weet ook dat ʼn haat teenoor die mense wat dit aan sy dogter gedoen het, niks sal help om ʼn einde aan die golf van misdaad in Suid-Afrika te bring nie. “Ek het ʼn haat in my, maar ek los die oordeel in die Here se hande. Dit is nie maklik om nié kwaad te wees nie. Toe ek my kind gisteroggend sien … dit is nie lekker nie.”

Intussen is Viviers vasbeslote om wyd te vertel wat met Nanna en Albert gebeur het, om mense bewus te maak van dié soort misdaadvoorvalle wat heeltemal te algemeen in Suid-Afrika geraak het.

“Dit help nie ons probeer dit toesmeer nie. Mense moet weet wat gebeur, mense moet weet hoe Suid-Afrikaners daagliks van hul reg tot veiligheid en menswaardigheid ontneem word. Mense moet weet hoe ons in vrees lewe. Want die hemel weet, dit kan nie so aangaan nie.”

Maroela Media wag op terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

125 Kommentare

die wit wolf ·

Weereens n’ aanval wat anders kon afgeloop het indien die jong man n’ wapen gehad het met die opleiding om dit te gebruik…dis onverklaarde oorlog mense! Dra julle wapens! Mens kan nie redeneer met mense wat moor sonder rede nie!

Hannetjie ·

Waarom die sekuriteit afgeskakel? Heel moontlik nog iemand van die sekuriteits mpy wat agtergekom het dat hul huis afgeskakel was

Petrus Heigers ·

Nou wil Cele ons moet ons wapens inhandig ! wat is die ding se moetief! As die mense tenminste ‘n wapen gehad het was hulle kans vir oorlewing teen die honde baie beter . Ek wonder of Cele weet van die aanranding!!!!!

Nee!! Nou moet ons begin gehoorsaam wees aan Jesus eerste ·

Nee, net gisteraand gesels ons hieroor, hier is ‘n ander agenda wat die enemy wil he. Dis vrees, dat vrees ons lewens oorneem en hy kry dit reg, want ons is bang en wat is ons menslike manier nou van doen, kry wapens en defend jouself. NEE dis nie God se manier nie. Ons moet vergifnis vra want liefde dryf alle vrees uit en begin bid teen vrees en dat God ons harte draai. Dit gaan verander, die enemy kan nie teen God staan nie, maar ons moet Hom begin vra vir dit.

Hannes ·

Het jy gelees hulle het wakker geword met 6 mense binne in hulle kamer. Op watter stadium sou hy die wapen uit die kluis uit haal?

@Hannes ·

Dis waarom jy jou vuurwapen by jou moet hou ten alle tye – nie in die kluis nie.

Maar ja, selfs al het jy jou vuurwapen onder jou kussing – as daar ses gewapendes rondom jou is, is jou kanse skraal.

Mense, as jou honde blaf, gee asseblief aandag. Hulle sien dalk iets wat jy nie raaksien nie. Dis ook ‘n goeie idee om ‘n groot hond by jou in die kamer te laat slaap.

Jansie ·

Ons vra nou al 25 jaar vir God om hulp en dit gaan net slegter, hoekom sal dit hierdie keer n verskil maak hmmm? Julle mors julle tyd

Hoe nou....... ·

Kom ons begin by die begin – die agenda was nie roof nie. Hulle wil verkrag en doodmaak want die WET beskerm hullenten alle tye. Die krimineel seevier en ons is gevangene in ons eie huise en dan wil die slim regering nog ons wapens ook wegvat. Dis nou baie mooi ne! OK, more than one way to skin a cat!

smurfie ·

Nee wat, die goed gebeur mos nie in suid afrika nie, vra maar julle president, hy sal julle sê. Die mense bly eintlik op die maan! Jammer maar ek nou baie kwaat! Wie gee die mense die reg om ander se lewen te verwoes? En dan is hulle 6 teen 2. Hulle is n spul lafaarte!!

snoekie ·

Hoe het hulle geweet dis sy meisie en nie sy vrou nie? Die goed kyk n mens mooi uit voor die ryd

Feite! ·

Dis waar 90% van aanvalle word beplan van n “insider” ons afrikaaners hou mos van ons goedkoop arbeid nou draai dit teen ons

Muffin ·

Ek het nie woorde nie. Maar baie sterkte aan die hele familie en wees baie dankbaar dat die 2 kinders nog lewe. Hoop van harte die skuldiges word aangetree.

Hansie Slim ·

Hulle sal aangaan tot daar geen blankes oor is nie. Ontwapening is nog ‘n stap om dit te bewerkstellig.
Iets moet vinnig gebeur!!!

Ilse van vuuren ·

Dit is wat dit so onverstaanbaar maak, dit gebeur nie net met blankes nie. Van die mense wat vir my werk is al reeds meer as 6 keer hierdie jaar so beroof en aangerand in hul huise

Snowball ·

@Hansie Slim. Ontwapening is inderdaad deel van hulle boosheid! Rusland het soortgelyke ontwapening van sy burgers ondergaan tydens Stalin se bewind; weereens ‘n bewys hoe hierdie regering kommunistiese praktyke en taktiek gebruik om ons weerloos te laat.

Hoe nou....... ·

Genoeg mense genoeg…….moet dit nie verder toelaat nie! Daar is niemand op die aarde wat my gaan verhoed om myself en my mense te beskerm nie. Geen mens en geen wet. Hulle ontneem dan my basiese mense regte as hulle dit wil doen ! Maar wie worry nou oor mense regte……seker net as jy swart is het jy regte ne?

Bekommerde ouer ·

Baie baie sterkte vorentoe. My kind studeer ook op Potch aangesien hy ni plek kon kry by di universiteit teen ons huis ni! 2 maande terug ook ingebreek by hom, gelukkig nt gevat wat hy saam mt gom kon dra en weer uit. My kind ht vlg oggend ontdek dis ingebreek. Ek kan nt di Vader dank hy is ongedeerd. Hoop julle herstel 100% sonder enige skade.

Benita Williams ·

Maroela, dit help nie julle sit n trigger warning oor skokkende fotos in die berig as die een wat saam met die opskrif gepubliseer word op facebook, een van n aangerande vrou met n blou oog is nie.

Frank ·

Facebook stelsel “kies” gewoonlik self ‘n foto op ‘n webblad om by enige share te gaan tensy mens spesifiek ‘n spesifieke foto aanwys vir die doel in die meta tags.

Realisties ·

Stem saam! Alles wat julle blok en verbied het, het ons laaaankal op Facebook gesien!

Waarheid ·

Ai julle tweetjies ek dink so aan julle
Ek hoop die oog herstel volledig.Dankie dat julle so hard terugbaklei het anders kon dit anders uitgedraai het.Julle is helde in my oe.Dankie vir familie en vriende wat julle 100 persent gaan ondersteun.Ek is so jammer dat julle in n barbaarse SA woon.
Sterkte vorentoe en julle is in my gedagtes en ek is seker julle is ook in duisende ander se gedagtes.

Johan ·

Ek weet dis maar algemeen dat mens se “ons dink aan julle en ons ondersteun julle” Maar ek het nog altyd gewonder hoe help dit die slagoffers van geweld en siekte.

Piet ·

Die mense lees die goed en waardeer mense se meegevoel en gebede. Dis nie godsdiens nie, maar die basics van sielkunde – Dit help mense op hul pad van herstel. Dis ook nie “rocket science” nie. Groete Piet

Staak saam ·

Slegte goed sal aanhou gebeur terwyl goeie mense net petiesies teken en bedel vir hulp uit die buiteland en sepf niks wil doen om dit te stop nie.

Belinda Westraat ·

Wanneer gaan ons besef, dis Oorlog!! Niks anders nie die mense word betaal om ons dood te maak.

Paarliet ·

Trek Kaap toe en woon in n veiligheidskompleks.Dieveiligheidskomplekse spring op soos paddastoele hier.Deel dan n huis om kostes te bespaar en studeer by Stellenbosch
Mens voel baie veiliger in so n kompleks.
Dink daaraan.Trek Kaap toe.

Engela de Klerk ·

Potchefstroom, die Kaap en ja, Stellenbosch – ORALS ewe onveilig. Trek maar Kanada toe. Op ons straat is dit net ons wat huis toesluit – ons bure lag vir hul Suid-Afrikaanse bure wat so veiligheidsbewus is! Ernstig, ek is BAIE dankbaar hierdie twee jongmense is nie my kinders nie.

Talita ·

Die Kaap is baie sleg. Moorde neem geweldig toe, dis glad nie veilig nie. Werk is skaars, ekonomie sukkel met al die opstande, alles is duur. Veral eiendomspryse is mal. Ek het ‘n paar jaar gelede Kaap toe getrek vir veiligheid, maar almal kom tree hier af. Dink nie meer dit was ‘n goeie besluit nie. Hierdie dorpe het gemiddeld 80% bejaardes, sagte teikens, en moorde is besig om toe te neem. Helder oordag word oumense met hamers doodgeslaan. Dit maak my regtig bang.

Adrian ·

Nee wat die enigste opsie trek buiteland toe
Australie is nou soos klein Suid Afrika baie baie Suid Afrikaaners kom vestig hier.
Afrikaans is nie n vreemde taal nie.
Afrika mense hou nie van wit mense nie, dit is al oor en oor bewys.

Marius ·

Vir jou miskien. Nie vir my nie. Die Engelse, Australianers, Kanadese, Newzealanders was verantwoordelik vir meer as 27000 Afrikaner kinders en vrouens se dood in konsentrasie kampe tydens die tweede vryheids oorlog. Meer onlangs het hul die Afrikaner die muishonde van die wereld genoem.

Veiligheidskomplekse ·

Veiligheidskomplekse beskerm jou teen hierdie gemors.
Dit is beter as mens gekonsentreerd woon.
Probeer dit.
Dink aan julle en jul ouers in hierdie moeilike tyd.

Conrad ·

Marius, onkunde en gebrek aan kennis – al van leë blikke gehoor?

Cherokee ·

Baie netjiese antwoord aan Marius. Dit was raak gesê, Conrad.

Cor ·

Aag moet my nie laat lag nie hoeveel mense is nie al in sogenaamde veiligheids komplekse aangeval en betoof nie. Dink jy vir een oomblik n veiligheidswag wat tussen 3000 en 6000 k verdien sal sy lewe op die spel plaas om n voorheen bevoorregte te beskerm . Die kriminele woon tussen julle en kyk julle bewegings uit. Hoekom dink jy verdwyn hulle so vinnig na n misdaad bly binne totdat dit veilig is en niemand verdink hulle nie en hulle o en ha nog saam .

Henbro ·

Marius, jammer dat jy jou onkunde gebruik om ander hier te beswadder. Dit is nie oor New Zeeland Austalia of Engeland nie, die storie gaan oor twee jong mense wat wreed aangeval is. Deur ander lande te noem sit jy die pot skoon mis. Hou maar liewer jou oordeel vir jouself dit is hier onvanpas.

Anoniem ·

Lafaards – weereens ‘n aanval wat in opdrag uitgevoer is ! Julle gaan nie by GOD verbykom nie Jammer slegte nuus vir Julle !

Al ·

Ek stem! Verby God sal hul nie kom nie. Hul dag van afrekening sal aanbreek!
Ek bid dat haar oog nie beskadig is nie.
Sterkte aan die gesinne.

Francois ·

Aan Anoniem
Hulle het reeds lankal by God verbygekom broer.

Callie ·

Ramaphosa ek gee jou feite nie dreigemente nie. Een haar op my vrou of kinders se kop, ek waarborg jou wraak. Bloed gaan vloei in die land as julle nie ophou om witmense te moor nie. Die lont raak al korter vir die bom wat gaan bars

Willehond ·

Ditto Callie! Laat hulle hierdie boerseun en sy familie kom probeer! Wraak is nie die woord nie, eerder bloedbad!

Susan ·

So jammer om deur so iets te gaan op jou verjaarsdag. Dan wil hulle nou die wapen wet verander. Hoe werk dit, waarmee gaan die onskuldiges hulle beskerm teen al die aanvalle?

Oom Jaco ·

Kry n swaard, spies, pyl en boog of byl (Geen lisensie nodig) en leer hoe om dit in ń beknopte ruimte (soos ń vertrek) effektief (dws om te dood) te gebruik. Kom try my en my gesin, dit sal nie ons bloed wees wat die huis vol lê nie… maak gereed en wees gereed!!

Pieter h ·

Dit is presies wat hulle en die regering wil sien en hoor nl dat blankes die land gaan of wil verlaat. Dan wen hulle die oorlog. Baklei terug en skerp op. Natuurlik is dit nie lekker om 24 uur per dag paraat te wees nie. Daar sal ongevalle wees is so maar ons kan en moet eenvoudig aangaan met ons lewes ook.
Ek gaan nerens heen nie. Is

Hanna ·

Loof die Here dat die kinders lewe en dat Nana nie verkrag is nie. EK bid dat hulle albei sterker hierdeur gaan kom en dat hul verhouding die aanval sal oorleef – so kan dit nie aan gaan nie. Daar moet daadwerklik opgetree word en strenger straf maatreels moet ingestel word om ons te beskerm.

Linda ·

Viviers moet ook darem verkondig dat haar dogter die hondjies in kombuis met hul bedjies toegemaak het en versuim het om die alarm aan te skakel. In hierdie ‘nuwe’ Suid Afrika moet almal leer, skakel jou alarm aan. Maak honde in kombuis of badkamer toe asb. Ons lewe is elke oomblik, elke minuut, elke sekonde in gevaar !!!

LR ·

Hierdie tipe aanvalle word aangevuur deur uitsprake wat deur JM en die moroon wat gesê het wit mense moet soos die Jode vervolg en doodgemaak word.
Vickey Momberg kry tronkstraf maar hierdie moroon moet blykbaar net jammer sê vir sy uitlatings. JM het nog niks oorgekom vir sy uitlatings teenoor witmense nie.

Lizelle Gibson ·

Ek stem daam met die pa, ek het net die artikel gelees en n haat gekry in die mense asook hierdie afskuwelike daad. Mag die Here ons vergewe. Sterkte aan almal wat hierdeur geraak is.

Genoeg gehad ·

Hou op belasting betaal mense totdat hierdie land die doodstraf instel. Boere hou op om julle produkte mark toe te vat. Hierdie regering gee nie n duit om wat met ons gebeur nie. Kom ons help hulle dat alles net gouer ten gronde gaan dan kan ons dalk ordentlik voor begin. En vir die mense wat so verniel en aangeval word – stel onredelike eise teen die regering in want dit is wat ek gaan doen as hierdie skermunkels dit waag om n haar van my kop af te pluk.

Andrea ·

Hoe kan ons wat vir salarisse werk ophou belasting betaal? Dit word bloot van jou salaris afgetrek, jyt geen beheer daaroor nie!

Wonder ·

Genoeg gehad….ons voel almal dieselfde. Dink gou vir ‘n slag rasioneel. Ons stem vir doodstraf en wat dink jy gaan gebeur. Hulle gaan ons blankes in rye laat staan om gehang te word, dink jy nou wragtig hulle gaan hul eie broers en susters hang? Ons moet mooi dink, ons staan alleen!!!

Hannes ·

“Bring terug die doodstraf”……..Sekerlik die mees uitgediende! of patetiese? ou sinnetjie wat daar bestaan!!!!!!!!Rede…?ASEM MORS!!!DIT GAAN NOOIT OOIT GEBEUR! Fokus eerder jou energie om jou eie weerbaarheid te verskerp en doen n beroep op jou medemens om dieselfde te doen-elkeen daar buite se lewe is kosbaar!!!

Blikke ·

O ja en dan dan moet ons mos nou wapens inhandig….mag mos nie meer uitgereik word vir selfbeskerming nie…..
Maak mens siek die sinnelose misdaad.

Werner ·

Nanna, jy is ń yster! Ses aanvallers wat slaan en jy kry dit reg om die paniekknoppie te druk. Hoop julle herstel 100%.

Boer ·

Net met geweld sal ons hulle stop. Die tyd is hier. Neem wapens op en beskerm jouself

Willehond ·

Ditto Callie! Laat hulle hierdie boerseun en sy familie kom probeer! Wraak is nie die woord nie, eerder bloedbad!

Andri Henin ·

Ek stem saam dit kan en mag nie so aan gaan nie. Die enigste manier waarna ons regering gaan luister is sodra elke werkende persoon weier om belasting te betaal. Stop net eenvoudig dan moet hul luister, hierdie geweldenaars en hul dade is uit die hel. Ons moet begin buurtwagte instel en jou strafe patrolleer en jy moet gewapen wees. Hierdie jong mense Verdien dit nie. Gebruik die drones met Kamaras om die bewegings in strate dip te hou.

Haan ·

Let op die gebruik van dagga voor so n aanval. Dagga het n ernstige invloed op mens se sielstoestand (ek praat uit ondervinding)
Baie sterkte aan die mense wat geraak word.
“Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien. Ek gaan jou gesond maak” 2Konings20:5

Jean ·

Ek wag in spanning om van Jerry ,lerato en bolla en bollie se kommentaar te hoor maar alas hul lewer kommentaar mos net teen Afriforum wat vir ons blanke regte baklei of as daar spelers gekies word wat nie in n span hoort nie! As jul miskien bietjie die onmenslikke barbaarse dade op die blankes in Suid Afrika wat geteiken word soos alweer in die geval en dit begin veroordeel sal ek miskien bietjie meer respek begin kry vir jul!!! Maar weereens skitter jul in jul afwesigheid soos verwag….

Cherokee ·

Lerato waag dit nie meer om te kla oor AfriForum se oorsese besoeke nie. (asof hy ‘n bydraer is.)

Koos de Meyer. ·

Daar is nie ‘n manier wat hulle my handwapen sal vat nie. As hulle by my bullteriers verby kom moet hy maar ‘n lykswa voor die tyd bestel want ek sal my gesin verdedig.

Anna Smith ·

Dis hoekom ek nie meer met n oop ongesluite slaapkamerdeur slaap nie, wil hul hoor inkom….dat ek gereed is met n haelgeweer

Aster ·

Man, dis duidelik genoeg dat hulle uit is om ons dood te maak. SA is soos ‘n stoompot en dié stoompot is baie naby om te ontplof…oorlog is oppad, die gevaartekens flikker!

Linda van Mosselbaai ·

So hartseer oor die gebeure. Hoop jul herstel ten volle. Een ou se trek Kaap toe – dit sal nie help nie. Daar is selfs aanvalle in ons dorp en omgewing.
Net in die Koningkryk sal ons veilig wees.

RG ·

Ek stem saam dat ons belasting moet onthou. Dit moet egter georganiseerd gedoen word. Afriforum /Solidariteit/VF Plus se regs afdeling moet ‘n Trust rekening stig waarin alle belasting betaal word (erf belasting en munisipale belastings en dienste ingesluit).
#BelastingonthouinginTrust.

Rambo se Ma ·

Die nugter mense wat emigreer word elke keer deur die paar Rambo’s uitgeskel wat wil agterbly en wil “faait” – dis nou daai paar ‘brawe manne’ wat deel is van die groepie van sowat 2.5 miljoen wat deur ‘n oormag van meer as 80 miljoen omsingel is. Blykbaar was optelsomme nie hulle sterk punt nie. Ons wens die Rambo’s alle voorspoed toe.

wet ·

Jou sarkasme help niks. Meeste van die wat emigreer is die erg liberale mense wat eerder die krimineel se kant sal vat omdat hy nie van beter weet nie. Dis hoekom ek die wat geimigreer het se opinie met ‘n knippie sout vat. As jy die berig gelees het kan jy self jou eie afleiding maak wat kon gebeur het as die paartjie nie terug gebaklei het nie

Aster ·

Rambo se Ma – Ek stem 100% saam met jou. Die nugter mense wat emigreer word altyd as die “swakkelinge” of die mense wat “alweer wil vlug” of “die swak burgers van SA beskou”, maar kom ek sê nou vir julle, my man en en my kinders se lewens is vir my meer werd, die as wat ek hier moet bly sit in SA en al die gemors opvreet en baklei en sterf vir ‘n land wat in elk geval nooit meer sal reg kom nie. Die perfekte Suid-Afrika bestaan slegs in ons gedagtes, maar in werklikheid is hierdie ‘n vrot en gevaarlike SA waarin ons bly.

Spikkels ·

As ek kon het ek defnitief geëmigreer. En ek defnitief nie n liberaal nie. Ek lief vir my mense maar niemand hier in SA kan saam staan nie ons baklei net met mekaar

Elsa ·

wet – Suid-Afrika is wetteloos punt. Menslikheid is beslis nie ‘n prioriteit nie. Ek is dankbaar Nanna en Albert het oorleef en sy is gespaar van ‘n erger beproewing. Niemand weet wie is volgende nie ongeag kleur. Jou kommentaar oor immigrante sal ek ook met ‘n knippie sout vat ….. dit klink my na ‘n bietjie jaloesie.

Cherokee ·

Lees en filter die jaloesie uit die waardige kommentare.

Haai oe Blommie ·

Johannes, dis reg, blameer die slagoffers. Die inbrekers het net die Here se werk gedoen, volgens jou?!!

Realis ·

@Andri Henin – Soos wat dit vir my klink, gaan SARS se IT Stelsel binnekort in duie stort! Wil dan sien hoe vorder hulle, hul soustrein fondse in……

koot ·

n mens kan net vuur met vuur veg…. baie praat en stories gaan n mens nerens bring nie
sorg dat jy versigtig en paraat is…. jy het n verantwoordelikheid teenoor jouself en moenie alles net vir vanselfsprekend aanvaar nie
kyk na julself leef die goeie en moet nooit ophou BID nie

Dorothea ·

Ek voel so Jammer vir julle dat julle dit ook moes deur maak.
Met ons gewapende roof was hulle vyf.
Ek het nog nooit so hard gebid en geroep na my Here nie dat een van hulle gevra het hoekom huil ek. Die adralien het so gepomp vir vyf en veertig minute. Ons werk nog steeds aan die trauma. Wyk Satan. U is Koning.

Anita (die eerste) ·

Ja, dis ‘lae profiel’ oorlog wat gevoer word deur betaalde en opgeleide mense – verkieslik teen bejaardes en vrouens.
Een van die opvallende aspekte is dat hulle altyd soveel as moontlik skade aan hul slagoffers se koppe probeer aanrig tydens martelproses.
En ja, ek kan daarvan getuig (x2) – hulle hou jou dop voordat hulle toeslaan. Binne-inligting is gewoonlik ook baie handig.
Nog ‘n kenmerk is dat hulle gewoonlik vlug sodra daar op hulle losgebrand word.
Ek is ‘n groot voorstander van opgeleide honde en boonop opgeleide teenstand.
Minder praat – meer doen!

Driekie ·

Sou n wapen gehelp het?…Hulle val aan (of liewer, gaan op n moord uitstappie) in groepe. Een Rambo staan nie veel van n kans nie… Ons moet bid en die bloed van Jesus oor ons pleit. Hy is ons redder en ons beskermer.

Israel ·

Doen aan hulle wat hulle aan die arpartheids regering gedoen het, so maklik soos dit , ons wou nie n oorlog gehad het nie maar nou is ons oorlog toe gedwing sonder wapens

Herman ·

Eers net die plase en ouer mense geteiken, beweeg nou stede toe en val jonk en oud aan. Dis oorlog mense – tel op die wapen!

Dare ·

Ek wil ook eit met die mense Genoeg gehad. Stel eise is. Stel hemdlhoe eise in vir pyn en lyding en stres en hospitaal onkoste en trauma. Noem dit op, en stel dan n eis teen regering in vir dit. En weereens, as julle kan wegkom uit die land, maak so. Ons paar wittes kan nooit onsself verdedig teen n oormag nie. Dis onmoontlik. En n groot mond gaan nie help nie.

Philip ·

Mr Ramaphosa, for the sake of our beloved country, wake up man!

Anthony ·

Dis nie hoe dit moet wees in ñ samelewing nie. Ek het 2 dogters….Ek het Suid Afrika verlaat weens die veiligheidskwessie. Ons het vrede waar ons nou is maar mis SA.

Her ·

Eers op die plase begin om ouer mense aan te val, nou gebeur dis al in die stede teen oud en jonk. Bewapen jouself

Nita ·

Kyk, die tyd van rustig in mekaar se arms, nagdeur slaap is verby. Die jagseisoen op wittes is oop. Mense sal moet beurte maak om wag te staan. Al kan jy hoe goed skiet al is jou wapen onder jou kussing, dit help niks, want jy het geslaap toe hulle jou huis binnegesluip het. So ons sal nooit weer salig kan slaap nie. Ons sal moet wagstaan. Dit geld dag en nag. As jy n funksie aan het by jou huis, moet jy mense he wat wagstaan.

Brutus ·

Hulle is terroriste , hul kom in groepe van vyf of meer, slaan toe waneer niemand dit verwag nie, op plase en kleinhoewes, deesdae in dorpe/voorstede ons moet maar paraat wees en altyd op die uitkyk wees, dis soos n oorlog zone in die land. Die regering voel vere, hul is pateties , hul het ook nie die politieke wil om dinge om te keer nie, in my mening was dinge nog nooit so erg in die land as wat dit nou die geval is nie, alles val uitmekaar en misdaad is buite beheer. Ons moet opstaan en iets begin doen om dit wat tans gebeur, aan die buite wereld uit te wys , want ons mense word geslag soos skape.

CJ ·

Die feit dat die 2 jongmense hierdie aanval oorleef het, is fantastiese nuus. Ongelukkig sal die emosionele trauma nog n ruk met hulle wees – berading ten spyt! Het die naweek n kort You Tube video gekyk wat SA met Zim vergelyk. Dit was skokkend om ooreenkomste so “in duplikaat” te sien. Woorde wat Mugabe gesê het is onlangs presies net so deur CR gesê. Gordel vas, my liefste volksgenote.

Calista ·

Hierdie arme kinders! Kyk hoe lyk daai kind se oog! Ek bid dat daar nie permanente skade is nie!
Nee die kinders moet hul studiegeld vat en hul heil in ‘n ander land gaan soek. Dinge gaan nie verbeter nie. My hart is baie seer vir hierdie kinders!

Gert ·

Dis tyd alle christene begin om op God se Woord staat te maak. Te vergeefs sal ons ons probeer beskerm. Psalm 91 se dat hy wat in die skadu van die Almagtige woon SAL BESKERMING GENIET. Staan op die Woord van God. Dit werk. Moenie die duiwel n plek gee in jou lewe nie. God is getrou en hulle wat op Hom staatmaak het Hy nog nooit in die steek gelaat nie. Kom terug na God toe. Dis al antwoord. Nie deur krag of geweld nie, maar deur my Gees. Dis Godse onfeilbare Woord. Bedek jou daarmee. Begin meer bid en minder nonsense praat, dan sal jy n verskil sien wat God kan en wil doen. Ons is die sterkste op ons kniee voor God as met n vuurwapen in jou hand. God alleen kan die situasie verander. Dis harte wat Jesus nodig het. Bid vir die vyand en kyk wat God doen! Hy is n God van die onmoontlike. Hy is Almagtig. Niks kan teen Hom staan nie. Mense, kry God aan jou kant en jy is veilig!

Hoe nou....... ·

Hi Gert – ek wardeer jou entoesiasme en jy staan sterk in jou geloof maar ek glo God het almal n brein gegee om te besin oor hoe om hulself uit n situasie te kan kry. Wanneer God die dag terug kom aarde toe is die die einde van die tyd. Ons kan nie terug sit en wag vir God om ons gatte te red nie – ons moet opstaan en onself uit die crap kry. Het God afgokom aarde toe op die Slag van Bloedrivier, nee hy het nie maar hy het mense die nodige kennis en verstand en deursettings vermoens gegee plus n bietjie motivering. DINK mense, dink vir julle self, staan saam in die tyd van nood van die enemy probeer ons verdeel en bang maak – hou op kripeer en jammer voel vir julle self. Staan op en doen iets omtrent jou omstandighede.

Wet se wet ·

Stem saam met Rambo Se Ma hierbo. Ouens soos Wet hierbo het blykbaar nie die begrip om te verstaan dat toe RSM hierbo van “faait” gepraat het, het hy nie verwys na jou optrede tydens ‘n aanval nie, maar het eenvoudig verwys na die “Rambos” wat al ewig aandring om in SA agter te bly en eendag in ‘n volskaalse burgeroorlog teen die oorvloed massas te probeer veg – iets wat futiel sal wees.

Hoe gemaak ·

Maar wat Rambo se Ma natuurlik nie verstaan nie, is dat dat niemand Rambos is hier nie, ons is te platsak om te emigreer. Nou moet ons maar die onwillige Rambos wees en dit is nie lekker nie!

Jax ·

Ons is besig om te imigreer. Iemand vra nou die dag vir my of ons vlug en of ons gaan omdat die Here ons stuur. My antwoord, ons het werk gekry. Mense vergeet dalk dat n engel van die Here aan Josef verskyn het en gesê het dat hy vir Jesus en Maria moet vat en na Egipte toe moet vlug omdat Herodus hom wil doodmaak. So hier kom dit nou uit my oogpunt. Dit is ok om te vlug. God is lief vir jou en bly by jou ongeag waar jy jouself bevind.

Henk ·

wow dit breek my hart om te sien hoe onskuldige mense so aangerand moet word. Dis duidelik dat wittes nie meer welkom is in ‘n land waar hulle dielfde identeits dokument as die Swartes het nie, gaan kyk maar daar staan South African citizen op… Die buiteland moet amnestie gee vir alle wittes, want hulle is nie eers meer in hulle eie land welkom is nie…

Hannes ·

My innigste simpatie aan slagoffers asook familie.Stem saam Wit Wolf!Hannes,eerstens hoort n vuurwapen snags NIE in n kluis maar binne reik-afstand! (as hy ooit een besit…!!!!!)Tweedens moet GEEN persoon wakker word met kriminele BINNE in jou kamer nie!(nog nooit gehoor van n hek in die gang of/en by jou kamerdeur…!?)).Dit gee jou kans om na wapen te reik/noodknoppie te druk/noodoproep te maak!Alarm wat nie geaktiveer was!dalk nooit weens honde…!Jul lewens is so kosbaar maar nalatigheid was aan orde van die….nag!Dalk naief…want “dit gebeur net met ander mense”….Fisiese beserings kan genees maar sielkundige trauma is soms veel erger…Ouers,meer belangrik as om slegs wyd en suid slagoffer te skreeu,doen ook n beroep op ieder en elk plaaslik om hul weerbaarheid te verskerp!Die alledaagse aanvalle is fel maar tog is roekelose nalatigheid steeds aan orde van die dag….Misdaad-statistiek bewys die feit!!!!Mense onthou……..”IT IS YOUR GOD GIVEN RIGHT TO PROTECT YOUR GOD GIVEN LIFE”. Vir baie gaan bogenoemde pleidooi op dowe ore val,ek weet….want ek woon baie sulke tonele by,en hartverskeurend is die feit dat daar nog baie sulkes gaan wees….!!!

Elizabeth ·

Waar is die sogename president in hierdie gevalle? Al is hy vals behoort hy op TV te kom en verduidelik…..enige ander land word dit so gedoen! Ek is dom geslaan!

PJC ·

Drie van my vier kinders is al in die buiteland weens verskeie redes waarvan veiligheid een is. Alhoewel ń mens jou vrek verlang na jou kinders en kleinkinders is dit minder oor wie se veiligheid jy jou hoef te bekommer. Jongmense is oor die algemeen minder geneig om die veiligheidsituasie ernstig op te neem as gevolg van al die liberale snert wat aan hulle verkoop word deur die nuusmedia en linkse politici.

Diefie ·

Word binne en buite gesond. Dit wat ek wil sê mag ek nie hier sê nie.

Werner ·

Ja Driekie n wapen sou in opgeleide hande gehelp het daar is baie instansies wat taktiese selfverdedigings kursusse aanbied tyt dat ons jong manne uit hulle slaap wakker word en opleiding kry hy sal eendag sy kinders ook moet beskerm as daar kursusse aangebied word is dit hartseer om te sien dat die mense nie belangstel nie daar gaan nog baie mense seerkry

E.K. die eerste ·

Van nou af vra ek ALMAL wat iemand in die buiteland ken om sulke berigte te versprei na hulle – vertaal kortliks indien moontlik. Mens kan nie verwag Afriforum moet elke keer gaan praat namens ons nie, maak ALMAL bewus van die tipe ding en vra hulle om te versprei. Hierdie is TWEE onskuldige mense wat in hul slaap deur SES gewapendes aangeval is. Die buiteland moet van elke geval bewus gemaak word. ELKE LIEWE een. Sit op jul fb as jul het en deel waar jul kan. Versprei die woord!!

HPV ·

Ons doen reeds, maar kan doen met hulp! Dit is maklik en jy hoef nie noodwendig mense in die buiteland te ken nie. Alle groot besighede en koerante het webtuistes waar mens kan aanmeld (contact us). Jy kan berigte, skakels of soms videos daar plaas, baie erken nogal die ontvangs daarvan. Die vertalings van berigte is egter tydrowend. So ons gebruik skakels na berigte in engels of waar opruiende toesprake gelewer word.

E.K. die eerste aan HPV ·

Dankei HPV – ek doen alreeds lank so en veral aan Australië en NZ. Hopelik sien ander jou aanmerkings en doen ook so.

Anoniem ·

Die realiteit is dat ons nie almal die land kan verlaat nie, want ons kwalifiseer nie almal daarvoor nie. Daar sal dus altyd ‘n groot aantal Blankes wees wat sake hier sal moet uitspook omrede ons geen ander keuse het nie. Diegene soos ek wat moet agterbly sal eenvoudig voorbereid moet wees en vuur met vuur beantwoord, ons het nie ‘n ander keuse nie. Dit het niks met Rambo of Grensvegter of Die Ruiter in Swart te doen nie, ons sal baie vinnig moet aanleer hoe om te oorleef.

Wim ·

Dankie Manie .Dis maklik om te sê trek buiteland toe daar is duisende van ons wat dit wil doen maar te oud is of nie die fondse het nie. Dit maak mens so moddeloos as die klomp wat daar is alewig vir ons wil vetrel ons dink ons is Rambos. Ek het ook al gesien dat hulle gewoonlik groot voorstaanders van die nuwe Suid Afrika is en nou veilig daar in die buitelands sit en ons wat nie kan bekostig om te gaan nie dan te wil vetel hoe onnosel ons is om hier te wil bly.

Gatvol ·

Gaan Google gerus die ANC se” freedom charter”, dit wat nou gebeur is jare terug duidelik daarin uiteengesit.

Debbie ·

MY OE IS VOL TRANE..DIT VOEL OF ONS OP DIE SINKENDE TITIANIC STAAN EN EK VIR ELKEEN WIL SE – MAG GOD ONS GENADIG WEES.
STERKTE VIR ELKE BLANK IN HIERDIE VREESLIKE WREDE TYD.
EK BID .

Lizelda ·

Dis bitter tragies wat hier met ons mense gebeur. Ek’s so jammer. My vraag is net… Is dit werklik nodig dat SES vd boosdoeners TWEE mense id oggendure so wreed moet aanval. My volgende vraag die party waarvoor meeste van ons mense stem… die DA. Wat se hulle van al die dinge?

blank ·

Sterkte aan julle twee en julle ouers. Ek kry julle nie uit my gedagtes uit nie.

Die DA is onder dieselfde sambreel as die anc en eff – ek weet nie wanneer die mense dit gaan raaksien en besef nie – hulle het dan nie eers hulle groot monde in die parlement oopgemaak oor plaasmoorde nie – daar is nie ‘n manier dat ek hulle sal ondersteun nie – ons is op ons eie. Besef dit.

Antoon ·

Ai, sterkte mense. Ook sterkte aan almal wat in Potch bly – dis wilder as die Weste.
Ek dink terug aan my studentejare en hoe ons enige tyd – dag of nag – op enige plek kon loop sonder vrees.
Ek is minder bang hier in die stad as in Potch. Hul het nou al 3 keer by ons Potch Takbestuurder se huis ingebreek, 2 ander werknemers so aangerand dat hul in die hospitaal beland en kort-kort hoor mens van die grusaamste aanvalle en aanrandings daar in Potch.

waarheid ·

Trek weg uit Potch.
Kom Kaap toe.
Hier is ook ‘n universiteit.

Hannelie ·

Hierdie was ‘n aanval uit en uit op blankes. Dankie Here dat hul lewens gespaar is.

Tina du Toit ·

Verseker gaan hul lewens nie meer dieselfde wees nie. Jy kan dankbaar wees as jy lewendig uit `n aanval kom of hulle eerste betrap voor hulle jou of jou gesin uit moor. Hulle is soos wolwe en wil net bloed proe. Ons lewe is hand om swaai verander, maar ek dank God dat my mense veilig uit die aanval gekom het. Dit kon verseker leliker uitgedraai het, maar God was met ons. Oom Viviers, ek kry meer haat in my na elke wit vel wat se lewe geneem word. Sterkte, hoop die paartjie herstel vinnig. Mag God ons gebede aanhoor en gee dat daar drasties verandering sal kom. Veilig wees liefling mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.