Parlement ontaard in chaos oor Phala Phala-kwessie

Ramaphosa was nie self verteenwoordig tydens die sitting nie en het aanlyn vrae geantwoord (Foto: Siyabulela Duda)

Die parlement het Dinsdag weer in chaos ontaard – dié keer oor pres. Cyril Ramaphosa se reaksie op vrae oor die diefstal by sy Phala Phala-wildsplaas.

Ramaphosa het aanlyn vrae geantwoord. EFF-LP’s wou net oor een kwessie antwoorde hê, naamlik die Phala Phala-sage. Sekere van die party se LP’s is deur die parlementêre beskermingsdienste uit die sitting verwyder nadat hulle herhaaldelik punte van orde geopper en vrae oor Phala Phala probeer vra het.

“Soos ek voorheen aangedui het in geskrewe antwoorde aan parlementslede, in die debat oor die presidensie se begroting en in verklarings op verskeie openbare platforms, staan ek gereed om saam te werk met enige ondersoeke oor hierdie aangeleentheid,” het Ramaphosa gesê toe hy uiteindelik op die kwessie geantwoord het.

Sommige EFF-LP’s is uit die sitting verwyder

“Ek het gereageer, en sal voortgaan om te reageer, op al die vrae wat deur die betrokke owerhede aan my gestel is.

“Hoewel daar duidelik individue en organisasies is wat politieke myle uit hierdie kwessie wil kry, is die gepaste reaksie dat die reg sy gang moet gaan.

“Dit is noodsaaklik dat die behoorlike proses gevolg word, waaronder die artikel 89-proses wat die parlement self begin het.”

Sommige LP’s van opposisiepartye was egter steeds nie gelukkig met Ramaphosa se antwoord nie en dit het tot bekgevegte met ANC-LP’s gelei voor die parlement verdaag het.

‘Ramaphosa breek parlement nes Zuma’

John Steenhuisen, leier van die DA. (Foto: Twitter)

John Steenhuisen, DA-leier, het ná Dinsdag se chaotiese sitting in ʼn verklaring gesê Ramaphosa se volstrekte weiering om ʼn vraag oor die Phala Phala-sage te beantwoord, is onherkenbaar van die gruwels wat Suid-Afrikaners in die Zuma-era gesien het.

“Weereens ontduik ʼn ANC-president aanspreeklikheid ten koste van ons toesighoudende instellings, en uiteindelik ten koste van die Suid-Afrikaanse demokrasie self.”

Volgens Steenhuisen het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die huidige speaker, ook tydens die sitting gewys dat sy nie anders is as haar voorgangers tydens die Zuma-era nie.

“Die speaker het vir ure aaneen parlementêre reëls en prosesse verontagsaam deur LP’s te verbied om pres. Ramaphosa tereg oor Phala Phala te ondervra.”

Ramaphosa het volgens Steenhuisen ook gewys dat hy niks anders is as enige ander ANC-kader wat ontplooi is om dit wat oor is van Suid-Afrika se instellings te vernietig nie. “Byna vyf jaar ná Zuma van die amp onthef is, en ná een van die omvattendste ondersoeke na wydlopende en onbelemmerde korrupsie onder ANC-geborgde staatskaping in die Zondo-verslag, ervaar Suid-Afrikaners kommerwekkende déjà vu.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Wondermaarnet ·

My voorspelling was dus korrek. Weer eens omseil vrae en WIL nie antwoord op sy onderduimshede nie. Hulle is almal dieselfde en kom weg daarmee. Vra vrae waar net ja of nee geantwoord moet word dan kan dit nie gesystap word nie.

Strandloper ·

Ons voorvaders het ons gewaarsku teen dit…luister was min. Nou word ons regeer deur die skuim van die aarde!

hpven ·

En wie moet ons bedank vir hierdie regime? Roelf Meyer en kie van wigte ven teenwigte faam….ons sogenaamde eie mense…

Koen ·

Eie mense reken jy. Hoe klasifiseer jy dit. Ek is nie van jou “eie” mense nie. Veral as jy lid is van die ngk. Skynheilige spulletjie.

hpven ·

Koen, “Sogenaamd” byvoeglike naamwoord attributief ( deur ander so genoem)…..

Deon ·

Die sirkus gaan maar net weer aan. Sodra die ANC in n hoek gedruk word dan ontwrig die EFF die besigheid om die aandag van die ANC weg te neem. Alles mooi uitgewerk. Geen probleem word opgelos nie. Net n mors van tyd en swaar verdiende belastinggeld.

domheks ·

Net die GROOT groen tent kort vir die sirkus – al die diere is reeds daar!

Kobus ·

Ellende wag vir die land waarvan ‘n slaaf koning is en waar amptenare vroeg in die dag begin feesvier.
Dit staan so geskryf

Waarnemer ·

Dit maak nie saak WIE van hierdie nasie as president gekies word nie,die uiteinde sal dieselfde bly-korrupsie en bedrog.

Manie ·

Ramaphosa het goed geleer hoe om ontwykend te wees, in Engels noem hulle dit filibuster. Hy is ‘n meester daarin.

Pieter ·

Ek dink hulle moet almal in die parlement issue met n rooi neus,en n reel maak om dit aan te sit voor elke sitting. Dan het ons mos nou n ordentlikke sirkus :)

Koen ·

Het jy waragtig iets anders verwag. Nadat hy jare Zuma se agterryer was?

gatgogga ·

“….. is die gepaste reaksie dat die reg sy gang moet gaan……”
Dan sal daar vir die volgende 20 jaar weer niks gebeur nie.

MakersMark ·

When a clown moves into a palace the clown does not become a king the palace becomes a circus.

Swerwer ·

Natuurlik sal dit in chaos ontaard want dit is hoe hul opgevoed is. Moor mekaar en kry klaar, kyk wie bly oor, so maklik soos dit.

Swerwer ·

Hi siestog het die DA nou regtig gedink die kommunis gaan die waarheid praat. Regtig hierdie politieke partye is almal narre, die een net groter as die ander een

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.