Perlemoenstropery nou ernstige prioriteitsmisdaad

Perlemoen (Argieffoto)

Die Wes-Kaapse polisie beskou nou perlemoenstropery as ʼn ernstige prioriteitsmisdaad.

Die Suid-Afrikaanse polisiediens het dié besluit Dinsdag tydens ʼn staande komiteevergadering oor gemeenskapsveiligheid by die Wes-Kaapse provinsiale parlement aangekondig.

Anricus van der Westhuizen, ʼn lid van die provinsiale parlement, het die aankondiging verwelkom. “Die herklassifikasie van hierdie soort misdaad in ons provinsie is ʼn stap in die regte rigting om die Wes-Kaap se delikate mariene omgewing en kosbare seehulpbronne te beskerm.”

Hy sê hy is bly om te sien dat die polisie die provinsie se deurlopende stryd teen perlemoenstropers ernstig opneem.

“Dit is ʼn werklike bedreiging dat perlemoen in die Wes-Kaap kan uitsterf, wat ʼn domino-effek op die res van die wateromgewing sal hê. Dít kan op die lange duur ʼn baie negatiewe uitwerking op die provinsie se see-ekonomie hê, waarvan die meerderheid van Suid-Afrika se vissersbedryf afhanklik is,” sê Van der Westhuizen.

Hy sê ook die uitwissing van perlemoen kan ernstige gevolge vir die hele land inhou. Hy sal die situasie mooi dophou om te verseker dat wetstoepassers hul belofte gestand doen in die deurlopende stryd om die provinsie se oseane te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Sê maar net ·

Ag liewe land… vir die afgelope 2 jaar bel ek die polisie om hulle in te lig van waar die mense bly wat so lekker duik agter die goedjies aan. Daar is nogsteeds ‘n klomp plekke in die omgewing. Die polisie doen niks aan hulle nie. Ons kan gaan wys!

Pieter ·

Die polisie is deel van die stropery saam met die chinese dit is hulle wat in ons gebieds waters kom dan net hulle die vis by die tonne en die ANC los hulle want dit is hulle broers

MJ Kroezen ·

Wat van PLAAS MOORDE hoekom is dit nie n prioriteit nie

MU ·

Hoekom moet PLAAS MOORDE nou alleen ‘n prioriteit wees? Daar is oor die 50 moorde ‘n dag in SA. Alle moorde moet Prioriteit geniet.

Juan ·

MJ wonder ek ook mos nou. Perlamoen is nou al belangriker as die moorde in die land. Mense word daagliks gemoor en uit geroof maar dis nie prioriteit nie. ????????????

Wynand ·

Want daar word 4 keer meer plaasboere vermoor as “ander” moorde en plaasboere se moorde is EKSPONEBSIEëL vreder en geweldadig as enige ander kategorie. En plaasboere sorg vir JOU kos!!

Hans ·

Om misdade te prioritiseer is volslae oëverblindery. Die probleem is kriminele dade verkoop koerante

Wynand ·

Perlemoen en Renosters is vir ons patetiese regering belangriker as plaasboere!!???

André ·

Hoekom wag tot bykans alles gestroop is, voor daar iets gedoen word. Dit is HOPELOOS te laat om nou eers wakker te skrik.

KaterinaKat ·

Jaaaa ne..daar kan mens nou mooi sien wat hierdie patetiese regering se prioriteite is. En menselewens is nie een daarvan nie. Colour me surprised..

Elsabie ·

Ja wat van plaasmoorde?? Wat van die regering wat maar die chinese skepe hier toelaat om ons vis te vang en dan weer terug verkoop aan ons? Die regering is absoluut pateties.

Jordaan ·

Gaan die polisie nou werklik iets anders begin doen? By talley kusdorpe werk die stropery helder oordag en ondanks oproepe na SAPS word niks gedoen nie.

Hennie ·

Onthoy dames en here, perlemoen boer en verseker voedsel sekerheid… Nie boere nie!

JamesTwee ·

Ag, nou is dit ‘n “prioriteitsmisdaad”. Wat beteken dit nou eintlik? Gaan hulle die stropers noumeer intens “monitor”?

Hierdie stropers ry rond met duur bote, en duik met gesofistikeerde toerusting – helder oordag, vir jare al. Hulle lanseer en kom die see uit – helder oordag, met hul vragte. Goed bewapen – outomatiese vuurwapens. Uitkykers op die kus om hulle te waarsku, en gereed vir ‘n geveg – ook goed bewapen.

Wat ek wil sien voor ek die SAPS ernstig opneem is eenvoudig: Patrolliebote, bewapen met .50 cal medium masjiengewere, wat genadeloos losbrand op die bote , en die duikers wat opkom sodra hul bottels leeg is. Los die lyke vir die haaie. Net so een of twee keer, dan wil ek sien wie is nog lus vir kusstropery.

JamesTwee ·

Ek moet tog byvoeg – dieselfde geld vir die vistreilers uit die Ooste wat nag na nag bespeur kan word aan die hele suidelike kuslyn. Sodra die son sak – gaan hul ligte aan, en die netsleep begin. Elke nag. Ons het geen beheer meer oor die integriteit van ons nasionale waters nie – dis ‘n “free for all”, van die perlemoenstropers hier naby die kus, tot die vistreilers 3 seemyl uit op die horison.

Die weermag word ontplooi om die Vaalrivier te red van rioolbesoedeling – ‘n grap – waar in jou lewe het jy gesien dat jou militere mag ontplooi word om ‘n ingenieursprobleem op te los? Maar dis gedoen – teen ‘n prys van honderde miljoene Rande.

Terwyl DIT gebeur – kan die vloot nie ontplooi word om ons belange ter see te beskerm nie?

Probeer nou hieruit sin maak. My enigste logiese afleiding: Die regering wil nie hul Chinese vriende te na kom nie – so ook nie die besettende Ooskapenaars wat perlemoen kom duik nie – want JA – gaan kyk maar, die meesste manne in die water is deesdae BAIE donker van gelaat…

JohanR ·

Plaasmoorde versus Perlemoen Stroopery. As daar nie meer boere is om die land te bewerk nie is daar in alle geval nie meer kos op die tafel nie. Die ANC, Ramaphosa, die EFF, Malema, sal nie meer kos op die tafel he…..maar wag hulle sal. Hulle kos sal land in met ‘n straler wat by Waterkloof land. Ek en jy sal by die asblikke vir ons kos soek. Kan net hoop by die tyd dat al die boere of vermoor is, of maar self die plaas en land verlaat het, dat daar miskien vir ek en jy darem nog ‘n perlemoen is om te gaan uittrek darem net vir iets in die maag!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.