Petrolprys styg weer skerp

Argieffoto. (Foto: Maroela Media)

Die prys van petrol en diesel met ʼn hoër swaelinhoud sal Woensdag vir die tweede agtereenvolgende maand styg.

Die prys van petrol sal met R1,27 per liter styg. Diesel met 0,05% swaelinhoud styg met 30,38c per liter terwyl diesel met 0,005% swaelinhoud met 31,38c styg.

Paraffien styg met 13c per liter en die maksimum prys vir LP-gas met R5,22 per kilogram. Volgens die departement van minerale bronne en energie is die verhogings weens internasionale brandstofpryse wat gestyg het en die rand wat teenoor die Amerikaanse dollar verswak het.

Brandstofpryse het ook in Februarie gestyg. Petrol het met 28c per liter duurder geword terwyl diesel  met 0,05% swael met 9c per liter gestyg het en diesel met 0,005% swael met sowat een sent per liter gedaal het. Paraffien en gas se pryse het ook gestyg.

Dit volg nadat die prys van petrol in Januarie met R2,06 per liter gedaal het en diesel met tussen R2,68 en R2,80 per liter gedaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jack ·

As die petrol prys styg as gevolg van ‘n swak rand dan is ek bevrees is ons in vir nog baie slegte en moeilike tye.Die rand gaan nie verbeter in die nabye toekoms nie en soos die ANC aangaan gaan dit beslis nog baie slegter gaan voordat dit weer beter sal gaan.

Amelia ·

Taxis kry subsidie en as hul kinders vervoer word hul betaal vir dit so hul sal stil bly

Harley Davidson ·

Die belaglike heffings sal
gedeeltelik geskrap moet word of die arm mense gaan nie kan oorleef.

Nie Verbaas ·

En so sal die nuttelose regering aangaan om verbruikers te melk.

Nicholaas ·

Die regering gee met 1 hand en dan vat hul weer met 2 hande terug, wens die massas kan wakker skrik vir die waarvoor hul so bly stem.

Piet 6 ·

Nicholaas, weet jy hoe die brandstof prys bereken word. Verduidelik vir ons asseblief.

Piet 6 ·

Dit is duidelik die meeste kommentators hier het nie ń idee hoe die brandstof pryse bereken word nie, maar wil vingers wys. Ek sê nie daar word nie foute gemaak nie, maar dit is nie ń geval dat pryse sommer net verhoog word om ekstra geld te maak nie. Die waarde van die rand het erg verswak en die olieprys het ook ń bietjie duurder geword die afgelope maand.

Maak net seker van feite voor kommentaar gelewer word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Piet 6. Brandstofpryse word steeds berekening asof ons vier raffineerders het, plus Secunda en Mossgas wat ‘n diesel mengsel na die raffineerders pomp. Petrolpryse word gebasseer op gemiddelde raffineringskoste in die Midde Ooste en Suid Europa, en dieselpryse weer op raffineringskoste in Singapoer. Die staat se berekening neem wel die prys van olie in ag, meestal van Iran, sowel as invoerkoste van ru-olie, en gemiddelde plaaslike raffineringskoste. Die wisselkoers speel ‘n rol. Olie word na Natref in Sasolburg gepomp. Daarna kom by binnelandse distribusiekoste van finale produkte, vasgestelde winsmarges vir groot en kleinhandelaars en natuurlik ook heffings en belasting. Enref en Sapref is uit kommissie, Natref is meer af as aan en Mossgas is toe. Ek wil weet of die staat se formule nog dieselfde is. Myns insiens moet markkragte die prys nou bepaal.

Jaco ·

Ek kan verstaan dat wit besighede moet seerkry en toemaak en bankrot speel as gevolg van kragonderbrekings, duur petrol ens. Dié seermaak van wit besighede was ook maar ‘n groot sekondêre doel met die afgelope 2 jaar se inperking teen Corona. Dis seker maar deel van die ewige “straf” vir apartheid.
MAAR as al die ANC se lekkerkry oor die “val” van wit besighede nou oor is, weet hulle dan dat die swart werkers van daardie gewese wit besighede net so werkloos is soos die gehate gewese wit besigheidseienaars? En alle besighede wat seerkry deur beurtkrag en duur petrol is mos nie wit nie. BEE kom tog ook al ‘n lang pad in SA. So hoe dan nou? Hoe sorg die ANC dan so swak vir hulle eie ras?
EN hoekom kom hulle eie mense nie in opstand teen alles wat net duurder word nie?

Piet 6 ·

Verduidelik asseblief hoe die brandstof prys bereken word.

Amelia ·

Vir die wat nie in swart gebiede koop nie is als baie duurder gaan in swart gebied en kyk hoeveel goedkoper is goedere bv marabastad in pretoria is baie goedkoper maar wie van ons wil nou dar in en beroof word

domheks ·

Kaders verlekker hulle as die wir man swaar trek – maar die blinde sambok slaan hard!

Louis ·

En hul sien hul gaan die wind van voor kry met escom nou moet hul n ander bron kry om te melk.

VaalDonkie ·

Ek gaan volgende naweek van Kaapstad af George toe. Dit gaan my amper R3000 net in petrol kos soontoe en terug en ‘n bietjei rondry terwyl ek daar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.