Piet Retief: Polisie waarsku oor geweld buite hof

Betogers was teen Maandagmiddag steeds buite die hof op Piet Retief. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die polisie in Mpumalanga het gewaarsku teen verdere oproerige gedrag soos dit wat Maandag buite die landdroshof op Piet Retief gesien is.

Maroela Media het vroeër berig die polisie moes onder meer skokgranate inspan om ʼn groep betogers in bedwang te bring.

Hulle het van vroeg gisteroggend buite die hof saamgedrom waar verskeie mans vir die moord op twee mans verlede naweek verskyn het.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê sommige mense het probeer om die doringdraad te verwyder wat gespan is om te keer dat hulle die hofperseel binnegaan en om te verseker die verrigtinge kan sonder ontwrigting voortgaan.

“Die polisie het hulle gekeer om die draad te verwyder, maar hulle het op ʼn plundertog gegaan en die vensters van minstens drie private voertuie uitgeslaan, asook die vensters van ʼn sakeonderneming,” sê Mdhluli.

“Hulle is glo ook na ʼn drankwinkel waar hulle dit van drankies gestroop het.

“Twee polisievoertuie is beskadig en ʼn man is glo deur dieselfde groep mense gesteek.”

Die provinsiale polisiebestuur het mense gemaan om hulle van dié soort gedrag te weerhou.

“Die behoorlike kanale moet gevolg word om sake te takel, eerder as om hulle tot geweld te wend. Die vernietiging van eiendom gaan nie probleme oplos nie. Dit is suiwer misdadigheid en die reg sal sy loop neem teen sulke mense,” het genl.maj. Thulani Phahla, waarnemende polisiehoof in Mpumalanga, gesê.

Oproeriges het onder andere probeer om die draad te verwyder. (Foto: Tania Heyns)

Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Mzikayise Patric Yende (48) het Maandag in dié hof verskyn in verband met die moord op Mgcini Amos Coka en Zenzele Coka op die plaas Pampoenkraal.

Volgens die klagstaat is ’n sesde verdagte nog in die hospitaal. Die persoon het nog nie in die hof verskyn nie.

Die mans staan elk op twee aanklagte van moord tereg. Aanklagte van ontvoering en poging tot moord is intussen op die klagstaat bygevoeg.

Die mans se aansoek om borgtog word Dinsdagoggend weer hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Anton ·

Niks verteenwoordig protes soos ‘n lee drankwinkel nie ????

Nie Verbaas ·

Alweer geplunder en voertuie beskadig. Barbarisme is heeltemal aanvaarbaar vir ANC regering. Geen respek vir privaat eiendom nie.

Casper ·

Ja en onskuldige mense se voertuie word met klippe betook,mense wat niks met die moorde te doen het nie en ook nie naby die hof was nie.Vandag mag geen besighede in ons dorp hulle deure oopmaak nie en trokke gaan gebrand word.Dit druis in teen alle regte wat die grondwet my biesd asook die handves van menseregte en oom met die hoed skitter in sy afwesigheid.Ironies net blankes word geteiken.Hier kom ‘n Coligny 2 saak.Die polisie het sovêr so droog gemaak met die ondersoek wat ten hemele skreeu.

Cindy ·

nou is dit “misdadigheid” maar toe die wittes dit gedoen het is hulle gearresteer vir terrorisme? Hoe werk dit….? Hierdie land, hierdie eens mooie land….

Androclus ·

Wat het die privaat motors en drankwinkel met hulle betogery te doen,daar is nie pille vir dom mense nie.

Gert ·

Hulle is juis nie dom nie vat al die kanse wat hulle kry om te plunder

Marius ·

Poging tot moord , aanranding met die doel om ernstig te beseer , diefstal , beskadiging van privvat eiendom ens , ens . Soos in n ander geval waar twee wit boere aangekla is . Wat nou SAPS ????

Phillip ·

Hoekom word hulle nie gevang nie . Vir beskaading van eiendom . Of is dit m dat hulle Nieblak is dat hulle oor gesien word . As ons dit doen word ons gevang

Pieter ·

Ek mag nie haat nie, maar dit is darem maar vreeslik moelik om op hierdie oomblik nie myself oor te gee nie… Ek kry vreeslike gedagtes…

HJvdb ·

Bel net die EFF, hulle staan mos teen sulke geweld by die howe

Werner ·

En by Senekal het hulle sommer die eerste blanke wat hulle in die hande kon kry toegesluit.Hoekom is hier niks gedoen nie.Hier is geen reg en geregtigheid nie.Dit sal op die ou end ly na oorlog.

henndrik ·

Dit is my mening dat die polisie die situasie geskep het deur die oproeriges op die toneel onder die indruk te bring dat hulle optrede reg is. Hulle het die mense wat hulle self verdedig het arresteer en ‘n groot bemarkings veltog daaroor geloods maar mens lees niks van die aksie wat teen die oorspronklike oortreders gedoen is nie. Dit skep die indruk dat oproeriges die reg het om te doen wat hulle wil

Werner ·

Wonder hoekom is hulle nie so vinnig soos by Senekal om n betoger toe te sluit nie.Hierdie dubbel standaarde en blatante haat teen die blanke sal ly tot konflik

Johnny ·

“Dit is suiwer misdadigheid en die reg sal sy loop neem teen sulke mense,”
Yeah right. Perde gaan horings kry ook.

Persheks Adri ·

Hoeveel betogers is toe gesluit huh? Seker nie 1 nie, want daar is mos verskillende reëls vir ons en “our people” pffft

Blikkies ·

Die lede van die publiek wat nou opgeruk het en skade veroorsaak het en die man met die mes gesteek het, word hulle nie gearesteer vir opsetlike saakbeskading, brandstigting en poging tot moord nie?

Eragrostis ·

Dis presies wat op die plaas ook gebeur het. Die betogers het na die plaashuis opgeruk, dus betreding, en gaan amok maak, nie die boere nie. Die boere het net gereageer. So SAPD, tree vir ń slag reg op en laat die moeilikheidmakers les opsê, want dis hulle wat betoog en moeilikheid maak oor irrasionele goed. Dan verwag hulle niks moet met hulle gebeur nie.

Alet ·

Wie is gearresteer vir terrorisme? Ek meen is dit nie wat hulle gedoen het in Senekal nie?

Johann ·

Iemand moet dalk net die polisie vertel wat gebeur het op die plaas dat hulle die gemeenskap gerus kan stel, nie juis iets om vuurhoutjies op te mors nie.

Elize ·

Solank die wit boere maar daar wegbly want ek dink dis vir hulle minder bevredigend om ons nie daar te sien nie. Met die Senekal saak was Cele en Malema in al hulle glorie daar. Waar is hulle nou?

jzjz05 ·

Waar is Malema nou om die eiedom te beskerem soos hy op Senekal gedoen het?.Ag jammer op Senekal was dit die wreedardige wit, en hier die sagmoedige wetgehoorsame swart.

Marcelle ·

Polisie het boggerol gedoen. Later het hulle weer klippe op voertuie wat deur blankes bestuur is, gegooi. En vandag gaan dit erger wees.

Jessey ·

Is die EFF besig om staatseiendom te beskerm “Senekal” of aan die brand te steek “Piet Retief en KZN”? Vra maar net Julius? Miskien kan jy antwoord? Jy en Floyd het mos antwoorde vir als.

Anton ·

‘n Vriend van ons het gister in Piet Retief deurgeloop en sy motor en woonwa is erg beskadig. Dat hulle nie ernstig beseer is nie is ‘n wonderwerk. Meeste van hulle ruite is oa uitgegooi en 5 groot klippe was in die motor na die tyd. Buite die dorp het hy by polisiebeamptes gestop en aangemeld dat hulle moet optree en verkeer stop. Hulle het letterlik net skouers opgetrek!
Dit kom voor asof polisie beheer verloor het oral in die land.. By Pearly beach is hulle verjaag deur perlemoenstropers! Dit gebeur gereeld dat hulle vlug voor die boosdoeners. As dit nie anargie is nie weet ek darem nie!

Andrew ·

Waarsku maar geen arrestasies, nou weet julle hoekom die “werksoekers” geskiet is. Niks goeds kan hieruit kom nie. Ek is bevrees dit het dalk ook te laat vir die ANC geword om die goed te stop op n morele manier en dan kan hulle ook nie nog n Marikana bekostig nie. Verwag geen hulp van staat.

Jakes ·

Diefstal, plundering en brandstigting alweer hier ter sprake. Doen beskaafde mense met respek vir lewe en eiendom sulke goed? Nooit nie, dus maak maar jou eie afleiding hieroor. Behoorlike waardes om menswaardig te lewe en op te tree moet van kleins af aangeleer word en duidelik sien ons daagliks dat hierdie kwaliteite totaal ontbreek.

Alta Alleman ·

Stilbek is heelbek anders sluit hulle my toe vir goed wat ek nie mag sê nie !

Margaret ·

“Die reg sal sy gang loop teen sulke mense”…wat n grap. Ons het dan van geen arrestasies gehoor nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.