Plaasmoord ‘groot slag’ vir familie

Sheila en Hans Venter. (Foto: Verskaf)

“Ons is platgeslaan. Dis ʼn groot slag vir my ma en vir die hele familie. My ouers is dierbare, liefdevolle, goedhartige mense. Hulle het nog altyd uit hul pad gegaan om ander mense te help. Hulle is so vrygewig.”

Só het Shan Stamp Woensdag aan Maroela Media gesê ná die wrede aanval op haar ouers, Hans (84) en Sheila (80) Venter, verlede Sondag op ʼn plaas in die Seven Oaks-omgewing naby Greytown in KwaZulu-Natal. Hans is in die aanval dood – vermoedelik weens verskeie harde houe teen sy kop. Die familie het egter nog nie die nadoodse ondersoekverslag gesien nie.

Stamp sê haar ma is nie ernstig beseer nie, maar wel baie getraumatiseerd.

“My ouers is nie ryk mense nie. Hulle [die aanvallers] het my ma aanhoudend gevra vir geld, vuurwapens en die kluis. Hulle het niks van daardie goed gehad nie.”

Stamp en haar man, Steve, woon en boer al dekades op die betrokke plaas en Hans en Sheila het in ʼn kothuis op die plaas gebly.

Hoewel hulle verskeie veiligheidsmaatreëls en -stelsels in plek het, kon Sheila Sondagoggend nie betyds by die paniekknoppie uitkom toe hulle in hul bed deur die aanvallers oorval is nie.

Volgens Stamp het die aanvallers toegang tot die kothuis verkry deur ʼn skuifdeur op die stoep oop te dwing.

Hans Venter is verlede Sondag in ’n plaasaanval in KwaZulu-Natal dood. (Foto: Verskaf)

Hulle het die egpaar uit hul bed geruk, baie styf vasgebind en ʼn gedeelte van die bed oor Sheila geplaas, wat haar beweging beperk het. Die aanvallers het die matras bo-op Hans, wat herhaaldelik geslaan is, neergesit. Die aanvallers het ook die egpaar se monde toegestop.

Hans was reeds dood toe Stamp later die oggend by die kothuis aangekom het nadat Sheila eindelik by die paniekknoppie kon uitkom om hulp te ontbied.

Stamp is nie presies seker hoe lank die aanval op haar ouers geduur het nie.

Die aanvallers het ʼn paar goed uit die kothuis gesteel, maar niks wat werklik van waarde was nie.

“Ek dink hulle het R200 in my ma se beursie gekry. Hulle het twee televisies gesteel, ʼn skootrekenaar, hul selfone, kos uit die yskas, klere, herlaaibare ligte, ʼn ketel en ʼn paar ander goed. Ek kan nie dink iemand moes hul lewe daarvoor verloor nie.”

Stamp sê haar ouers was baie toegewyd aan mekaar. Hulle was sedert Sheila se tienerjare ʼn paartjie en was byna 60 jaar getroud. Hans se geliefdes het die afgelope Saterdag tydens ʼn roudiens finaal van hom afskeid geneem.

Maroela Media het vroeër berig dat ses verdagtes in verband met die voorval in hegtenis geneem is, en dat nog twee verdagtes tydens ʼn oor-en-weer‑skietery met ʼn operasionele ondersoekspan doodgeskiet is. Die verdagtes is vasgetrek nadat inligting oor nog ʼn beplande plaasaanval ontvang is.

Die polisie sal na verwagting Woensdag ʼn verklaring uitreik. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lillian ·

My oupa is vermoor vir R45.00.

Die aanvallers het ook die kluis gesoek, wapens en geld. gelukkig is die baby browning pistooltjie teruggevind toe die moordenaars gevang is. En ja, dit was “inside info”. So ek verstaan jul smart maar al te goed.

AlWeerSo ·

Ons het vir paar dae by my Swaer hulle op die plaas gekuier. Ň mens is oorgelewer aan die genade, enige sekuriteit is net nie genoeg nie. Dit is ń skreiende skande dat die regering ons Suid Afrikaners so uitlewer aan die moordenaars en rowers. So gaan my hart en gebede uit na al die slagoffers van die sinnelose geweld in die land!

Harley Davidson ·

Ek dink die roof is net ‘n bysaak die doel is om huidige benaadeelde mense uit te wis maar weens politiese korrektheid weier die media en huidige benaadeelde leiers om die feite uit te lig soos dit is ,en dit is ‘n jammerte.Die probleem kan nie aangespreek word as die probleem nie geïdentifiseer word nie.

piet ·

Daar was nou die dag by een plaasaanval 7 mense vermoor. 5 was werknemers (ek neem aan swart werknemers).

Harley Davidson ·

Ek hoor wat jy sê ek weet nie daarvan die media gee mos nie die feite soos dit is nie,ek glo “all lives matter”

WILLEM ·

GENOEG IS GENOEG, HOEVEEL MEER NOG??
HOE VERANDER ‘N MENS DIE SKURKE SE INGESTELDHEID TEENOOR ANDER MENSE – DIS ONAANVAARBAAR. LEWE BETEKEN NIKS VIR DIE SKURKE NIE.
ONS KAN NIE EENS MEER BEDAGS GAAN STAP NIE DIS TE RISKANT!!

Tredoux ·

Dit gaan nog lank aanhou omdat die publiek werklik nie saak maak vir hul oorsieners nie. Moet nie onder die valse indruk verkeer dat die woord “regte” werklike betekenis het nie.

George ·

Die kos is net n plooi dat daar nou weer gese word “hulle was net honger” jy weet mos, honger mense martel en moor. Jammer dat dit met onse boere en mense, veral ou mense gebeur. 6 aanvallers teen 2 ou mense. Terrorisme.

Elma ·

Ek stem heelhartig saam. Almal moes vrek geskiet gewees het. Nie net 2 nie.

Dries ·

Verlede week berig daar is n plaasaanval gemideld elke 5 dae. Dit word vinnig elke dag.

Shakespeare ·

African savages rampant and satanic in the New Sout Êfrica right up to Parliament members.

Mariana ·

My innige simpatie en meegevoel met die tannie en familie. Hoe hartseer is dit dat ouer mense nie veilig in hul huise kan wees nie en dat menselewens niks werd geraak het nie. Hoe wreed is die ou lewe nie. Die lafhartiges wat net doodmaak vir geen rede nie is volop in ons land en met geen lus van regering om die probleem op te los nie, sal dit so voortgaan. Skreiende skande.

Kokerboom ·

Die kaders toi toi vir Chris Hani maar niemand vir die oom!!!!Wat is verskil? Hul wil ons NIE hier hê!!

Nicolaas ·

Kokerboom ek stem saam dis die HOPELOOSTE REGERING IN AFRIKA

SjN ·

Lafaards wat sagte teikens aanval, skandelik. Sterkte aan hul geliefdes.

Manie ·

Korrek, ek gooi liewer goeie kos weg as om dit vir ‘n stuk gemors te gee wat vrek van die honger.

Manie ·

Sulke berigte maak my boos. Ek is nie meer verdraagsaam nie, ek kry nie meer jammer nie, ek gee absoluut niks meer nie, ek vernietig dit tot onbruikbaar en gooi dit weg.

Papsak ·

JA SIEN ONS MOET MAAR NET LAG EN VERGEET KYK HOE WREED MAG NIKS SE NIE

Erika ·

Vir hierdie “mense” is Lewe niks werd nie Plaas aanvalle word mos nie Erken as n misdaad teen Ons as minority nie…daarom word nie support gegee nie…Maar tipies teenstrydig word vooraf gese dat Misdaad ” bekamping hoogste prioriteit geniet… Terwyl die mense wat aan die ontvangskant van misdaad is die realiteit weet. Ander kan nie praat nie want hulle is reeds dood..

Danie ·

Die weerloses word geteiken wys jou die arrogansie van die gewraaktes as daar nie genoeg probleme in die land is nie.Steeds is die veranwoordelikes stil en swyg voor die mensdom.SA is verlore.

Pieter ·

Wat as die boere al hulle prudukte wat vir die lokale markte bedoen is , terug hou , totdat die regering weer iets soos n komando instel om die boere op te pas? As die regering dan nie wil luister nie, kom dan in opstand totdat hulle gehoor daaraan gee. As ramaposa nie meer pap in die huis het nie sal hy dalk luister

Miskruier ·

As u n huiswerker het moet u ook n hond binneshuis hê. Te veel word nie wakker as daar ingebreek word nie.

Karina ·

Wanner gaan hierdie goewerment erken dit raak nou te erg!!!!!!!!!!! Laat een van hulle vermoor word dan is daar groot bohaai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.