Polisie ‘onbevoeg’ met misdaad in sy midde

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SA Polisie)

“Is die polisie dan verhewe bo die wet?” wil die drukgroep Action Society nou weet nadat dit bekend gemaak is dat meer as 10 000 polisiebeamptes sedert 2012 van gewelddadige misdade soos moord, verkragting of aanranding aangekla is.

“Hoe kan ons verwag om geslagsgebaseerde geweld te bekamp met ʼn misdaadbesmette polisiediens?” vra Ian Cameron, woordvoerder van Action Society.

Dié drukgroep het sy skok uitgespreek nadat dit aan die lig gekom het dat altesaam 10 086 polisiebeamptes sedert die 2012-’13-boekjaar van ernstige geweldsmisdade aangekla is.

Om sake te vererger, is net 50 (0,5%) van dié polisiebeamptes egter weens die ernstige aanklagte teen hulle geskors.

Volgens Cameron moet Bheki Cele, minister van polisie, saam met die beamptes wat van ernstige oortredings aangekla word, in die pad gesteek word.

Hy meen dit is onmoontlik vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om enige vorm van wet en orde te handhaaf terwyl die polisiediens deurspek is met misdadige beamptes in sy midde.

“Die SAPD het nie net ʼn gebrek aan bevoegdheid nie, maar ook aan integriteit weens die toenemende golf van misdaad in die polisie,” het Cameron gesê.

Cameron herinner ook daaraan dat duisende polisiebeamptes bloed op hul hande het wat vuurwapens betref nadat meer as 26 025 polisievuurwapens in 12 jaar voete gekry het.

Maroela Media het vroeër vanjaar berig die SAPD het tussen 2005 en 2017 meer as 26 025 vuurwapens verloor wat aan beamptes uitgereik is. Die vuurwapens is óf gesteel óf beamptes kan eenvoudig nie rekenskap gee van waar die vuurwapens is nie. Tussen 2005 en 2011 was dit 18 196 vuurwapens en tussen 2009 en 2014 was dit 7 829.

Cameron stel voor dat polisiebeamptes met ernstige oortredings nie net uit die polisiediens ontslaan, in hegtenis geneem en vervolg moet word nie, maar dat die polisie ook gedesentraliseer en gemeenskapsveiligheidstrukture soos buurtwagte versterk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

absoluut ·

Die gesegde se mos in engels, “Like father like son”. Soos die hoed is so sal sy kinders ook wees

Kokerboom ·

‘n Vis vrot van sy kop af!!!Vraag is: Wat gaan gedoen word met probleem, deur wie en wanneer? In Afrika bly praat met hande in sakke die nasionale sport!
Ironies ook altyd: Hoe kan jy iemand wat min weet, nie passie vir werk het, net werk vir salaris en niks het en swak opgelei is , voorsien van ‘n 9mm pistool en verantwoordelik maak om reg en geregtigheid te laat geskied oor die lewens van andere? Die paar goeie Polisielede ly daaronder

fransdutoit3 ·

Die polisie het die gewapende bendes van die regime geword..

Jack ·

Ja.Die probleem is eenvoudig.In die ou dae was die polisie,weermag en verpleging ‘n roeping.Dit was nie net ‘n werk nie.Om te dien moet jy bevoeg wees,integriteit hê en morele waardes verstaan.Keuring was juis daar vir die doel.Die klomp sien dit as net nog ‘n werk.Werkskepping.Hulle het geen begrip van integriteit nie want hulle ken dit nie.Hulle verstaan nie wat dit regtig beteken om te dien nie.

Jackie ·

In die ou dae was daar ook vrot appels, maar hulle was in die minderheid 10% vrot en 90% goed. Deesdae is dit heelwaarskynlik 30% goed en 70% vrot. My eie duimsuig statistiek, maar ek dink eks konserwatief met my somme.

absoluut ·

dink nader aan jou eerste persentasies, net andersom met 10% goed en 90% vrot

Swerwer ·

Heilige waarheid – Polisie ‘onbevoeg’ met misdaad in sy midde.

Persheks Adri ·

Pateties verby eintlik useless die klomp! Hoe de hel verdwyn vuurwapens? Dit word verkoop natuurlik ons is nie vlak in die dak nie inteendeel! Hoed moet maar kom probeer met sy stupid ontwapen wet…

Pieter ·

Kyk net na hulle gewig dit se als meeste van hulle gaan nie tien meter kan hardloop nie.

Jakes ·

Die president moet pa staan vir al hierdie gemors wat in die land aangaan. As die oppergesag vrot is sal alles onder dit ook stink.

Pieter ·

Die 26025, aan wie die vuurwapens uitgereik is, moet ook sommer in die pad gesteek word

Keelvol ·

Dis omdat die in beheer gesteld is op “guantity” in plaas van “quality.” Dan is regstellende aksie die vereiste vir indiensneming & bevordering. Dissipline is by die deur uit.

Genis ·

Trots ANC, onbevoeg en korrup…. ou CR skitter in sy afwesigheid…. Seker besig om sy vriend Zumpie te dokter…. en saam met Cele tee te skink… belaglik

JM ·

Ek stem 100% saam met Kokerboom! En hoe lank gaan ons nog met die korrupte en onbevoegde skuim in hierdie land sit?

Dries ·

Cele is Ramaphosa se maaitjie. Hy bly n kader wat mekaar beskerm. Dit is hul grootste doel. Vergeet van die burgery. Ontwapen hulle

SlinkseKoljander ·

Meng jou met die varke en die semels eet jou op. Ek weier om enige interaskie met die polisie te hê, al word ek beroof of beseer.

Skappie ·

Ja, ne. Wat het van al die goeie polisie manne en vroue geword. Maar nou ja, dit is wat gebeur met ‘n regering wat self dinge doen wat hulle nie mag nie.

Samuel ·

Mnr. Cameron, dink jy vir een oomblik dat Hoedman, die Kommissaris van Polisie óf die Staatspresident hom aan julle gekerm en kla gaan steur?? Nee, want ‘n vis vrot van sy kop af!! Is daar enige politikus wat vertroue inboesem??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.