Polisiebeampte een van vyf wat in Gugulethu-koeëlreën sterf

(Foto: Verskaf)

Die adjunkminister van polisie, Cassel Mathale, het sy meegevoel met die familie, vriende en kollegas van sy noue beskermer, ao. Lindela Mraqisa, betuig, nadat hy Saterdagaand saam met nog vier mense in Gugulethu doodgeskiet is.

Mraqisa was verbonde aan die Wes-Kaap se beskerming- en sekuriteitsdiens (PSD) en het sedert 2019 as ʼn noue beskermer vir Mathale gedien.

Die polisie het sedert die skietgeveg die maksimum hulpbronne beskikbaar gestel om diegene wat verantwoordelik is vir die moord op vier mans en een vrou op te spoor en vas te trek.

Mathale het die Mraqisa as toegewyd, nederig en hardwerkend beskryf.

“Mraqisa was ʼn sagte, toegewyde en gefokusde polisiebeampte wat altyd stiptelik en professioneel in sy optrede was. Ons hoop die polisie sal diegene wat vir sy dood verantwoordelik is opspoor en in hegtenis neem. My meegevoel gaan aan sy familie.

“Die aantal polisiebeamptes wat aan en van diens af vermoor word, bly ʼn bekommernis vir die leierskap van die polisie.

“Ons het die hele samelewing en die regering nodig om hierdie plaag te beveg,” sê Mathale.

Die minister van polisie, Bheki Cele, en die nasionale kommissaris van die polisie, genl. Fannie Masemola, sal Maandag ʼn afvaardiging van senior polisiebeamptes na Kaapstad lei, waar hulle met die ondersoekspan sal vergader en ook die bedroefde families sal besoek.

Die polisie doen ʼn beroep op lede van die publiek om met inligting te help wat tot die inhegtenisneming van die oortreders sal lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Karoo ·

Dit jammer dat so ‘n toegeweide Polisie Man sy lewe so moes verloor. Steekte aan die Mraqisa familie en vriende. Ons glo hulle sal die wat verantwoordelik is vastrek.

Herpiet ·

Ai die goeie ou dae toe daar nog vrees vir die polisie was.
Hoe jy oor daarna kyk, mens kan nie positiewe denke he as onbekwame kaders aan die stuur van sake is nie..
Dit gaan net vererger…

Shakespeare ·

Dis skrikwekkend. Die bittermin goeie SAP lede word slagoffers vd demoniese kriminele regering.

Miskruier ·

Polisie en vloot en weermag het die laaste maand baie trane veroorsaak.

Chopper ·

Bring weer artikel 16 van die strafproseswet en die eerste bylae misdrywe en hulle gevolge terug, dan sal die goed weer bang wees om sekere misdade te pleeg. Nou is daar geen vrees nie en elkeen maak soos hy wil

Martie Smartie ·

Besoek Gen Masemola al die agtergeblewe familielede van plaasmoorde ook?

Christelle ·

RIV A/O Lindela Mraqisa asook die ander 3 polisie beamptes wat verlede week in die Kaap geskiet is. Dit blyk deesdae die norm dat daar elke week n paar SAPD lede in die Kaap vermoor moet word.
Wonder op wie se kop is die hoogste prys – Boere of SAPD.

Linda ·

Ons het nie afvaardigings nodig nie ons het beskerming nodig vir elke leweliefende wese nog !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.