Presidensie sê oor Brics ná Russiese rebellie

Suid-Afrika se pres. Cyril Ramaphosa en Russiese pres. Wladimir Poetin tydens ‘n beraad in 2019. (Argieffoto: Sergei Chirkov/AFP)

Die 24 uur lange muitery in Rusland sal geen uitwerking hê op die Brics-beraad wat later vanjaar in Suid-Afrika aangebied word nie. Daar kan wel nog nie met sekerheid gesê word dat die Russiese president, Wladimir Poetin, vir seker self die beraad in Johannesburg gaan bywoon nie.

Vincent Magwenya, woordvoerder van pres. Cyril Ramaphosa, het Woensdag aan verslaggewers gesê Ramaphosa het ʼn gesprek met Poetin gevoer. Ramaphosa sal egter eers ná sy finale ronde beraadslaging met sy Brics-eweknieë in ʼn posisie wees om te sê wanneer die beraad gaan plaasvind en wie die beraad sal bywoon. Die finale ronde konsultasies sal in die volgende paar dae afgehandel word.

Magwenya het dit egter duidelik gestel dat niks Suid-Afrika gaan verhoed om die beraad aan te bied nie.

“Dit gaan ʼn historiese beraad wees. Alle Afrika-staatshoofde is genooi … Ons het ook ʼn historiese getal lande wat by Brics wil aansluit. Dit sal tydens die beraad oorweeg word.”

Oor die onlangse Wagner-rebellie in Rusland het Magwenya gesê: “Daardie kwessie is sover ons weet opgelos en het hoegenaamd geen uitwerking gehad op ons voorbereiding vir die beraad nie.”

Magwenya sê die regering is bewus van mediaberigte wat beweer dat die Franse president, Emmanuel Macron, graag die Brics-beraad wil bywoon.

Dit lyk egter nié of die Fransman toegelaat gaan word om die beraad by te woon nie.

“Soos julle weet, is die Brics-beraad vir lande wat Brics-lede is. Suid-Afrika het as gasheer besluit om elemente van die beraad te afrikaniseer, daarom het al die Afrika-staatshoofde ʼn uitnodiging ontvang.

“Suid-Afrika het nog nooit ʼn uitnodiging na ʼn G7-beraad van die gasheer versoek nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

JohanR ·

Was dit nou nie die selfde ou wat gese het daar val NIE bomme in Kyiv, en dit terwyl met ontploffings in die agtergrond, is Ramaphosa na ‘n skuilling toe aangejaag. Die ANC is net een groot grap!

Gaitsigubib ·

Ek hoor Gorman en Karnati gaan die Russe kom verteenwoordig. Weet nie of dit so is nie..

annie ·

Waaroor is almal tog so besorg oor Zelensky? Hy is uit die bloute as president gekies is (nadat hy as akteur naam gemaak het), van ‘n landjie wat eers vroeg in die eeu onafhanklik van Rusland geword het. ‘n Baie ou deel van Rusland het afgestig en nou soek hulle nog meer grond met die hulp van Navo.

MJLS ·

Hoekom word die Afrika lande wat nie aan BRICS behoort nie uitgenooi, maar Frankry mag nie kom nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

Sover ek weet is Frankryk in Europa. Ek mag verkeerd wees.

Sean ·

Vyfster al die pad vir die gaste Hier gaan n paar miljoen rand om te spog terwyl ons nasie in riool moet lewe

Jaco ·

Kan ramaphosa ASSEBLIEF vir Putin vra vir bietjie beloning vir SA se stilswye oor die oorlog in die Oekraïne. Goedkoper Russiese petrol en Russiese tegnologie om Eskom reg te kry sal REGTIG welkom wees.

Marthinus W ·

Die lasbrief vir Poetin se arrestasie is omdat Rusland kinders uit n oorlogsone geneem het, sodat hulle nie sterf nie. Ek kannie sien hoedat dit krimineel is nie. Inteendeel, om so n lasbrief uit te reik is immoreel. Ek sal Macron toelaat, op voorwaarde dat hy die lasbrief se uitreiking opskort. Frankryk sukkel, Duitsland is in n resessie; in ‘n groot mate weens energiekoste vanaf Amerika wat 4xduurder is as Rusland s’n. Indien Frankryk by Brics aansluit sal dit ons net bevoordeel. Maar wat gaan Amerika doen…

Kobus ·

Jou verontwaardiging, immoreel nogal, kinders gered uit n oorlogsone wat hy geskep het-klink of Jy Putin n medalje wil gee vir dapperheid! Dieselfde Putin wat direk verantwoordelik is vir derduisende sterftes, waarvan honderde kinders soos die 3 wat gister in n restaurant was toe die missiel dit getref het – het hy hulle ook gered? Ek kan net my kop in ongeloof skud. Wel, Hitler het ook Sy ondersteuners gehad. Moet nie by“ons” die oorgrote meerderheid met waardes insluit nie.

Gaitsigubib ·

Kobie het jy nie gestem vir hierdie land wat nou so hand om die blaas is met Rusland nie? Jy kan tog nie onkunde pleint met karakters soos Ronnie Kasrils en Joe Slovo nie? Ek verstaan die ander wat jou om die bos gelei het, maar alles was tog so duidelik. Ons was in n oorlog teen hierdie mense, het jy dit nie geweet nie. Maak nou vrede met die realiteit van die situasie.

Kobus ·

Jou “antwoord” op my kommentaar is nie relevant nie, maar om jou te antwoord, ek het niks meer verwag van die regering nie. Ten minste het hul n geskiedenis en was voorspelbaar. Ek het wel meer verwag van diegene wat Putin ondersteun. Ek is teen enige oorlog wat pun en ellende veroorsaak met besluit nemers wat geen gevolge dra nie.

Marthinus W ·

Poetin pleit al 20 jaar vir vrede. [Lees bietjie al sy toesprake] Navo/Amerika het ongeveer 2000 kernwapens in Europa, met omtrnet 200 taktiese kernmissiele. Hulle kan Moskou binne 15 minute bereik. Rusland het nie een enkele kernwapen wat op Amerika gerig is wat haar kan tref binne 15 minute nie. Dit is een van die kernpunte [no pun intended]. Sou jy rustig voel as jy in die Kremlin gesit het met hierdie wapens teen jou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.