Pyramid-substasie binne 18 dae herbou

Argieffoto (Foto: City Power)

Die Tshwane-metro sê hy is verheug dat bouwerk aan die Pyramid-substasie voltooi is en krag na geraakte huishoudings in die gebied weer herstel is. Die substasie het groot skade opgedoen in ʼn storm op 20 September. Die substasie het aan die brand geraak en talle inwoners is sonder elektrisiteit gelaat.

Ingenieurs en kontrakteurs het in ʼn “indrukwekkende prestasie” die substasie in net 18 dae suksesvol herbou, sê Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metroraad.

“Die projek, wat die vernietiging van die beskadigde struktuur soos panele, toevoerkabels, stroombrekers, die 132 KV-isolator en sleuteltransformatorkomponente behels het, is kundig binne die geprojekteerde skedule afgehandel.

“Die ingenieurspan het dae aaneen gewerk om noodsaaklike komponente van die kragverspreidingstelsel te herstel. Te danke hieraan kon krag na die geraakte gebiede herstel word.”

Mashigo sê die inwoners is tydens die onderbreking voortdurend oor die vordering van die herstelpogings ingelig.

Die metroraad het inwoners ook weer om verskoning gevra vir die frustrasies en ongerief wat die onderbreking veroorsaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Katrina ·

Korrek. Ek weet nie wie het die inligting vir hierdie beriggewing verskaf nie, want baie stellings wat gemaak word, is eenvoudig nie waar of feitelik korrek nie.

Katrina ·

Ek stem saam, net jammer die “after sales” werk wat gedoen moet word om probleme wat nou ontstaan, (wat te wagte is) reg te stel, is gat-oor-kop, en skynbaar sonder enige haas of dringendheid. Dan ry spanne nog doelloos rond ook sonder die nodige onderdele by hulle om van enige nut te wees.

JohanEtz ·

Welgedaan.
Hopelik ñ aansporing vir ander spanne om op hierdie resultate te verbeter!

Faraway ·

Waarvoor vry hulle nou. . . .
Dis veronderstel om die norm te wees nie n wonderwerk nie

Delia ·

Ek weet nie of dit die norm is nie. Nie my vakveld nie. Maar daar is niks mee fout om eer te gee waar dit toekom.

Harley Davidson ·

Ek stem saam dit moet die norm wees in eerste wêreld lande hierdie is ‘n wonderwerk want dit het gebeur in ‘n piesang republiek met ‘n huidige benaadeelde leier aan stuur van sake.

Anon ·

My magtig, so dit KAN gedoen word. Hallo Eskom, vertel ons tog hoe dit gaan soos dit gaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.