Ramaphosa: ‘Beurtkrag is vernietigend vir land’

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand gesê Suid-Afrikaners se woede oor beurtkrag is verstaanbaar. Dít volg nadat Eskom sy beurtkragskedule vroeër die dag na fase 6‑beurtkrag opgestoot het.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê die voortdurende beurtkrag is vernietigend vir die land, berokken groot skade aan die ekonomie en ontwrig Suid-Afrikaanse burgers se lewens.

Ramaphosa verseker egter dat hy deurgaans in kontak is met Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en die bestuur van Eskom om die probleem so spoedig as moontlik op te los.

“Die uiterste weerstoestande in verskeie dele van die land oor die afgelope week het die probleme vererger van ʼn elektrisiteitsnetwerk wat reeds onder druk was. Ons onmiddellike prioriteit is om binne die kortste tyd soveel opwekkingskapasiteit as moontlik terug te kry,” sê die president.

Volgens Ramaphosa werk Eskom se tegniese spanne deurgaans aan die probleem.

Maroela Media het vroeër berig dit is die eerste keer dat Eskom fase 6-beurtkrag toepas. Dit is omdat Eskom tegniese probleme by sy Medupi-kragsentrale in Limpopo ondervind en dus nou ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit het. Swaar reën het boonop probleme met die hantering van steenkool, sowel as bedryfsprobleme veroorsaak.

John Steenhuisen, parlementêre leier van die DA, het ʼn beroep op Ramaphosa gedoen om sy besoek aan Egipte uit te stel in die lig van die krisis. Die president vertrek vandag na dié land.

“Daar is groot probleme tuis wat die president se aandag eerder verg,” sê Steenhuisen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

André-Chris ·

Ja mnr Ramaphosa, jy het nou ‘n baie groot wysheid kwytgeraak, terwyl jy 3 maande gelede belowe het dit is die einde van ons kragtreurmare betreffende die krag. Ek sien mense begin aandring op sakeredding vir Eskom, wanneer gaan jy gehoor gee, na Solidariteit ook hiervoor met ‘n plan vorendag kom?

En mnr Ramaphosa, jy is reg die mense is woedend, die studente was woedend oor klasgeld, so tyd gelede, intussen, en ook voor dit, het baie dinge mense woedend gemaak. En dan bevestig jy dat jy ons woede verstaan, ook die woede vir waarheen die land onder die ANC regering oppad is, neem ek aan, ek hoop dus dat u nie net dit verstaan nie, maar as president verantwoordelikheid daarvoor sal neem en iets daaraan sal doen.

Wat van ‘n lekker vroeë Kersgeskenk, dan kan ons almal vir u dankie sê omdat u so ‘n goeie president is en vir u empatie? Of as u nou gesê het u verstaan, het u klaar gehandel?

magda ·

mr Ramaposa please wake up in life since 95 appartheid get all the blame for everything but never in S A life before 95 we never had a water and electricity problem , because the people know what they so the blame s on the rain and everything else is just n fake one . we as SA people are sick for all this and Agri forum please help us to do the same with eskom as the SA airways we cant go on like this with this goverment not know how to run n country. this is just the result and proof how they do it because go and see in evert Africa country how it look there nothing left .

Bolla ·

Meneer die president kom jy dit nou eers agter ons is woedend. Bly liewer tuis en sort die probleme in Suid Afrika uit.

André-Chris ·

Mnr die President, ons pleit by u, verlos ons asseblief van die Eskomswaard oor ons kop, gee die private sektor vrye teuels sodat hulle onder andere energie kan verskaf en die land van die ANC se ideologiese vernietiging kan red.

Ek vertrou u verstaan ons woede en dat u ons gehoor het….

Potjie ·

Dis nou juis waarvoor hulle wag om Eskom vir die private sektor te gee. My genade….Eskom het voor die NSA puik diens gelewer aan SA. Toe was daar net so baie reen. Maar die bestuur en lojaliteit was geheel verskillend van nou. Gee Eskom terug vir daais wat dit gedoen het, wat dit gemaak werk het. Hulle sal dit weer kan doen.

kobie ·

Die wiele kom af en Ramaposa gaan niks daaromtrent kan doen nie,die probleem kom oor jare se diskriminasie en vergelding om al wat n wit afrikaanse man ongeag sy kennis en ondervinding uit posisies te forseer en te vervang met mense wat nie die kennis op daardie stadium gehad het nie en nou pluk ons almal die vrugte daarvan.

Wonder net ·

Ek is bly om te hoor ons het verskriklike baie vloede in die nuwe suid afrika. Klink my ons het dit nooit gehad voor 95. Dink net voor daai tyd het ons geweet hoe om geld te bele om te kan opbou. Nou as daar geld inkom, is dit bonus in iemand se sak. Wys maar net.

Theresa ·

Nog nooit gehoor van instandhouding nie. Maar dit gebeur as onbevoegde mense poste kry. Gisteraand op die nuus het daai man self gesê dat die goed gebeur agv ‘n dekande se gebrek aan instandhouding.

Doefie ·

Daar is gewoonlik ‘n groot uittog uit Eskom oor Desember maand vir vakansie.

Ek stel voor alle produksie en onderhoudspersoneel se verlof word gekanselleer totdat hierdie krisis opgelos is. Dis die begin.

Santjie ·

Mnr Ramaphosa, met alle respek, sodra al die onwettige konneksies uitsorteer is, sal daar al klaar ‘n verbetering wees.

Francois ·

Weer en steenkool altyd die verskoning. In die ou Suid-Afrika het dit meer gereën as in vandag se tyd, maar ons het krag gehad. Die vloede van 1988 het dit vir 2 weke aanmekaar gereën. Moeg vir hulle verskonings!

koekie ·

Wie het krag gehad? In 1990 het slegs 34% van die bevolking krag gehad en teen 1994 toe die ANC oorgeneem het net 50% van die bevolking. Nou het meer as 95% krag.

Harley ·

Ja koekie, en vandag betaal 34% van die bevolking vir hul krag.

Shaun Kok ·

Koekie waar kry jy daai 95%? dis nie waar nie. SekeR op een of ander ANC OF ESKOM web blad? ek dink persoonlik ons is nog op 50% en dan is dit ook net 50% van die tyd.

Henk Ackermann ·

Dis nou die jafel wat in beheer was van die oorlogs kamer teen beurtkrag tydens JZ se presidentskap . SA behoort nou te sien hoe useless hy is maar dink nog steeds hy gaan die land red !

emily ·

CR is jy nie die een wat gese het, Geen beurtkrag in Desember nie. Jy is net soos Eskom.
PROMISES.

magda ·

en Mnr Oberholzer – wie was verantwoordelik vir die instandhouding wat nooit gedoen was nie – Hoekom het daai persoon nie sy/haar werk gedoen en oor die persoon se kop gegaan omdat hy/sy nie hulle werk gedoen het nie – Daar is altyd iemand BO iemand – ek werk al 44 jaar en weet waarvan ek praat – Stop met julle verskonings – Julle is net plein reguit PATETIES.

aj ·

Die Eskom instandhouding is nooit gedoen nie omdat daar nooit GELD was nie ….. omdat SOWETO e.a. wanbetalers nooit hulle Eskom rekeninge betaal het nie!

Eskom is net ‘n ‘sondebok’ wat die aandag moet aflei van die ANC wanbetalers!

Selfde as ‘white monopoly capitall’ wat blameer word vir ALLES wat flop onder die ANC regime.

Linda ·

Eienaardig dat Ramaphosa se dat beurtkrag vernietiging vir ons land is ! Waarom kon daar nie gekwalifiseerde mense by Koeberg gewerk het nie, dan was daardie foutiewe reaktor nou herstel. Intussen word ons grid gedeel tussen ons en die Kaap ! totaal onaanvaarbaar !!!

Linda ·

Daar is nie n manier dat Ramaphosa nou na die DA sal luister om sy toer na Egipte af te stel nie. Die DA is nou in n swak posisie om eise te maak, hul moet liewers hul eie groot probleme uitgesorteer kry !

Nico ·

Ramaphosa, hoe wil jy dit spoedig oplos.
Dit kom al van 2008 af die beurtkrag, en het net erger geword.
Ons is by 2020 Ramaphosa, in die 12 jaar het dit swakker geword, nou wil jy gou na Pravin Gordan toe hardloop en dit gou oplos.Hou op om op jou hande te sit en doen iets.
Plaas Eskom soos SAA onder sake redding, die staat kan geen instansie bestuur nie.Dis mos nou duidelik al vir jare lank.

Anoniem ·

Dis ‘n skitterende voorstel om Eskom ook onder sakeredding te plaas.

Marinda ·

Really, so what are you doing about it? Now it’s the people’s problem.
Wasn’t it never going to happen again?

Strandloper ·

Mense hul kan dit nie oplos nie. Eerstens hul weet nie hoe nie, tweedens daar is nie geld nie en laastens sonder blanke westerse hulp is ons gedoem! Daar is nie antwoorde nie. Die feit is nog nooit ooit in ons geskiedenis kon hul eenige projek daadwerklik van die grond af opbou nie

Sic? ·

Whao ! Strandloper met daai B woord . Het jy hiervoor gestem ? Besigheid is , breek iets , koop dit dan vir n winskoop (sonder dat ander dit weet) Evkom , ook , jou “westerse hulp” sit hier in SA , evkom en die land is nog net nie min genoeg werd om hul sak te pas nie . EN dan is daar ek en jy wat nog moet se “asseblief mister wong of mister so en so , net om elektrisiteit te he . Dis nie mnr R nie .

Jr ·

Vra enige man wat met masjiene werk. As u ń ding laat gaan tot hy nie meer kan nie en u maak net die nodige reg , gaan daai masjien die gees gee en gaan aanhou breek. Daar is n myl se verskil in repair en maintenance. Die probleem is die infrastruktuur is klaar so onder druk dat daar nie ruimte vir instandhouding is. Dit is hoekom ons boere ń stuk grond nie plant nie en doen instandhouding deur kunsmis en sovoorts want ons weet as ons dit nie doen nie is daar later niks op my land wat groei nie. Dis waar Eishkom noi is. Dit het finaal uit mekaar uit geval

Irma ·

Escom se agenda is nie om soveel skade as moontlik te veroorsaak. Sal my nie verbaas as magashule en sy vrinde ‘n hand hierin het nie. Jammer maar Ramaphosa word ook ‘n wind gevoer soos met ons almal gedoen word. Dit lyk vir my of die vindingryke klomp by escom die situasie speel om te sien waarmee hulle kan wegkom in hul indimidasie strategie. Ek vertrou dit niks.

Ja swaer ·

Waar is Pravin Promises Gordhan – seker weggespoel. Het hy nie ‘n promissie of twee vir die volk nie? Hy word immers baie betaal vir promises maak.

Alexz ·

Kenmerkend hoe hulle altyd weghol as daar probleme is……

Suzette Geringer ·

Ons is verby woedend president!! Want julle vernietig alles en blameer dan die weersomstandighede en apartheid daarvoor. Wanneer gaan julle besef julle kan nie regkom sonder die mense wat julle so haat nie?

Francois le Cochon ·

Vandag se weer: Gedeeltelik bewolk met elektrisiteit plek plek.

Sarel ·

No problem can be solved from the same level of consciousness that created it. – Albert Einstein

Hannetjie ·

Andre/Chris…President Ramaphosa kan nie afrikaans lees nie.Hy is Engels magtig…en dan ook Venda.Help ppk nie om die weer te blameer nie…daar was van ’95 tot nou baie sonskyndae en lieflike weer gewees.So die blaamverplasing is vrot.Hul kon in daardie mooi sonskyndae instandhouding gedoen het.

@Hannetjie ·

Ek glo nie hy sal hier lees nie, maar hy is ook Afrikaans magtig net vir kennisname.

André-Chris ·

Cyril, help, die krag is af, die vuurwapenlisensies is ‘n gemors, daar is nie meer plek vir kinders in skole in Gauteng en die Wes-kaap nie ….. bel vir Hugo!

JZ ·

Daar is n brawe man wat hulle eindlik aangestel het om die skerwe op te tel.Maar as hy nie die volmag gegee word om sy werk te doen sonder inmening van die regering en vakbonde nie, het hy min kans om te slaag, (Of het hulle iets anders in gedagte om voortehou ? )

Bokbedop ·

Hoekom so negatief? Die Bokke is dan die Wereldkampioene! Als gaan regkom as ons saamstaan! Together we are stronger! So braai elke aand as die krag af is en skink iets op die Bokke wat als gaan laat regkom!

Nettie ·

Hoe skiet ‘n gedagte my dan nie nou te binne nie? Elke keer, nes dit “groot vakansiedae” is (Paasnaweek of Kerstyd) of tyd is dat Eskom kragtarief-verhogings aanvra (en dit geweier word), dat beurtkrag toegepas word?

Hoekom kry ek skielik die gedagte van die Russe, kernkrag, Mr. Big Z (Numbawan) en die Guptas? Of is ek nou gepla met die maan – aangesien dié gisteraand die enigste ding was wat lig afgegee het?

Tina ·

Praat praat praat, dis al wat hulle doen. Al die staats instansies is bankkrot. Blykbaar werk Eskom al vanaf 2015 aan fase 5 tot 8 beurtkrag schedules. Plaas hulle eerder aan die problem vanaf 2015 gewerk het sodat daar geen beurtkrag is nie. Maar natuurlik is daar net geen geld ook nie.

Willem ·

Sit net Zimbabwe en Soweto se krag af as hulle nie vol opbetaal is nie. Dan is daar genoeg krag..

Elizabeth ·

Ek dink dit is nou tyd dat pres. Ramaphosa en sy kabinet bedank. Dit is duidelik dat hulle nie die land kan regeer nie. Mag hierdei duisternis die begin van die einde vir die ANC beteken!
#doenditself: Moenie langer vir die regering wag nie, hulle sal niks doen nie.

Sven ·

Ramaphosa en sy ministers is blykbaar die beste in die ANC……

Mpupi ·

Terwyl hulle aan hom ‘werk’ kan hulle sommer die naam van daai “kragstasie” (sic!) verander na Mpupi .

Renier ·

Ek sit hier op kantlyn met my springmielies en geniet die sirkus!

Feite ·

Ek het so paar weke gelede n Duitse Engineer ontmoet wat werk vir n Maatskappy wat bekostigbare “Floating Solar Energy” oor die hele Europa op sit.

Elke buurt, huis of complex kan onafhanklik eie elektrisiteit he en selfs spaar.

Blykbaar probeer hulle al meer as n jaar om met ons regering te onderhandel met min sukses. die onderliggende kwessie wat opduik is altyd: “What is in it for me? “

aj ·

SA se ANC regering het nou die land totaal opgefoeter!

Ons burgers moet vra dat die VN (Verenigde Nasies) die land se administrasie moet oorneem om te voorkom dat hier ‘n ‘menslike ramp’ gaan plaasvind!

Potjie ·

Dit is vir sommige mense baie maklik om te oordeel. In byna elke besigheid is daar mense wat hard werk en dan is daar daais wat net die getal vol maak. So is daar in eskom ook mense wat jare al hulle deel gee om SA se ligte aan te hou. Sommiges se beplande normale aftrede wink vir hulle, na jare se opofferings en vooroor buig. Dan is daar sowaar nou mense soos doefie wat veralgemeen en almal afkraak. Dit verg nie baie om nugtere denke te hè nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.