Ramaphosa, Biden wil wêreldkwessies takel

Pres. Cyril Ramaphosa en pres. Joe Biden van die VSA (12 Junie 2021) (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal vir die volgende twee dae samesprekings met die Amerikaanse president, Joe Biden, en sy adjunk, Kamala Harris, voer in ʼn poging om saam globale kwessies soos handel, belegging, voedselsekerheid en klimaatsverandering te takel.

Die twee presidente sal na verwagting ook die huidige oorlog tussen Oekraïne en Rusland bespreek, waartydens Ramaphosa glo gaan druk vir verdere onderhandelinge tussen die twee lande, berig ABC News.

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het kort voor Ramaphosa se aankoms in die VSA gesê hy sal die behoefte aan dialoog tussen die twee oorloggeteisterde lande tydens sy besoek beklemtoon.

Die Withuis het in ʼn perskonferensie oor Ramaphosa se besoek bevestig dat die oorlog een van die globale kwessies is waaroor hulle gaan gesels.

“In April het die twee presidente ʼn eerlike gesprek gehad oor wat in Oekraïne gebeur. Hulle het na mekaar geluister en saam gekonsulteer oor wat die beste benadering is om die uitkomste wat ons almal wil hê, te bereik. Ons vermoed dat hierdie gesprek dieselfde trant sal volg,” het die Withuis gesê.

Die Withuis is ook gretig om te hoor wat Suid-Afrika se standpunt oor die voortslepende konflik is sedert dit klaarblyklik weekliks vererger.

Ramaphosa is een van die Afrika-leiers wat ʼn neutrale standpunt oor die oorlog gehandhaaf het toe hy hom weerhou het van ʼn stem by die Verenigde Nasies (VN) wat Rusland se optrede veroordeel. Sedertdien hou hy vol dat bemiddeling nodig is.

“Ons wil op daardie punt kom om ʼn regverdige gevolgtrekking vir die konflik te bereik, en uitpluis hoe om dit te doen,” het die Withuis gesê.

“Die komende gesprekke gaan baie produktief en insiggewend vir albei partye wees.”

Volgens Pandor sal Ramaphosa ná sy besoek ook die oorlog by die VN se algemene vergadering opper.

“Ons wil hê dat ʼn proses van diplomasie tussen die twee partye begin en ons glo dat die VN, veral die VN se sekretaris-generaal, leiding hiermee moet neem,” het Pandor gesê.

“Ons sal in die konteks van die algemene vergadering daarop aandring dat meer gedoen moet word om ʼn oplossing vir hierdie voortslepende konflik te kry. Die enigste manier om dit te bewerkstellig, is deur ʼn onderhandelde skikking.”

Ramaphosa het Donderdag in die VSA geland en het tot Saterdag besoeke met Biden en Harris geskeduleer.

Die presidensie van Suid-Afrika het in ʼn verklaring gesê dat Ramaphosa ook hiertydens met kongreslede en veterane van die burgerregtebeweging sal ontmoet, wat teen rassisme in die VSA en Suid-Afrika gekant is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Feite ·

Dis meer n lag/huil hierdie kant! En die res van die wereld glo die gemors wat uit hierdie twee se monde vloei! Daar is rerig nie meer hoop nie.

annie ·

Is die nie 1 April nie? Lees ook wetenskaplikes wil nou vliegtuie gebruik om duisende vlugte met spuitmiddels te onderneem op weer die pole te laat vries om klimaatsverandering te keer. Slim nê?

Roebs ·

Hou op rond reis en werk aan jou eie land, armoede, werkloosheid, moord, roof, ens ens. Hou op ons geld te gebruik.

Suzette ·

Nee Roebs jy kan dit nie “gebruik” noem nie. Die woord is MISBRUIK…

Vinnige Vingers Venter ·

Hoekom los hy nie eers kwesises hier op voor hy wereld kwessies wil takel nie. Rerig mense sit hier sonder krag maar hy wil die wereld se probleme probeer oplos!

Tubac ·

Baie eenvoudig. Praat saam ek kry weer finansies om hier te kom verkwis. Hy weet Biden is so dom dat hy alles sal glo wat aan hom gebesig word.

KwaaiRooikop ·

Nogal ‘n direkte boodskap wat aan Afriforum gestuur word… Afriforum probeur steun kry by die klein outjies oorsee, but look at us… ons praat sommer direk met die grootkoppe en, terwyl ons besig is gaan ons net gou weer die rasissme na ons kant toe swaai… Baie hartseer…

Veldskoen ·

Cyril kan nie eens iets eenvoudig soos kabel diefstal takel nie

Mariana ·

Dit is om van te braak. Hy kan nie eers sy eie land regruk nie. Loop en lieg seker weer te lekker en daai Biden is regtig nie beter as hy nie. Two peas in a pod. Twee swak presidente bymekaar

Feite ·

Ramaphosa is rerig n meester van praat, praat oneindig en NOOIT n enkele endresultaat vir die land en mense wie hy moet dien nie. Sy platfform as President is sy persoonlike sake kamer en winste.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wie betaal vir die Airbus wat gehuur word? Biden?

domheks ·

Ramaparra se eie land brand – maar hy wil ander lande se probleme oplos. APRIL GRAPPIE! En pandora boks stem saam

Nie Verbaas ·

Hoe lag ek myself nou in n papie in. Ramaphosa wat nie eers sy eie land se probleme kan oplos nie en Biden wat Amerka se Zuma is. Ek meen Biden verdwaal dan by Withuis en praat nonsens wat niemand verstaan nie as hy sy mond oopmaak. Weet hy waar vandaan Ramaphosa is aangesien hy verlore raak en Iran en Oekraine met mekaar verwar het. Dis die beste wat ek in n lang ruk gehoor het.

Annamarie ·

Voedselsekerheid???
Begin eerder om brandstof pryse te verlaag, sodat die boere diesel kan bekostig om graan ens ens te verbou. Hoef nie na Biden toe te gaan, n laerskool kind sal ook , vir hom kan se, die insetkoste om voedsel te verbou, is baie duur (brandstofpryse is te hoog).

Vexed ·

Konkel, dit is die woord, hulle gaan konkel. Intussen het Rama eindelik net ‘n vinnige vakansie gevat op ons rekening. Lekker man, lekker…

Truman Burbank ·

As mens kyk hoe gan dit in hul eie lande, is hul seker die perfekte keuses om al die conspiracy theorists reg te bewys.

Elma ·

Ai jinne mense, ek weet nie wie help vir wie van die wal af in die sloot nie. Moet ek byvoeg dat altwee hierdie “leiers” nogal “spesiale gevalle” is.

Samuel ·

Ramaphosa en Biden gaan seker hulle globale strategie vir die Great Reset bespreek. Ramaphosa moet eers op eie grondgebied dinge probeer regruk en vergeet van op die wêreldverhoog te speel. Met sy terugkeer sal hy seker doodmoeg op sy bed neerval.

Pampoen ·

Dis nes hulle is – Noudat Zelensky hulle slae gee wil hulle onderhandel. Nee wat dis nou te laat vir trane. Hoop Zelensky gee hulle ‘n pak slae wat hulle nie sal vergeet nie.

Andries ·

Helllooooo Mampara! Hoekom reis jy VSA toe om ander lande se goed te probeer uitsorteer met ons belasting geld? Geld wat eerder plaaslik aangewend kan word om bietjie verandering te bring aan die hool….ANC kan nie SA regeer en nou wil julle julself diknek hou om ander lande se gemors te probeer uitsorteer waarvan julle niks weet nie! Vee eers voor julle eie stoep, idiote!

Twallie ·

Ramaphosa kan nie eers sy eie land se kwessies takel nie. Biden is nie aldag seker wie en waar hy is nie.

miavos ·

Dié twee bymekaar sal die wêreld sommer blitsvinnig regruk. Trek julle veiligheidsgordels vas!

Retha ·

Wat n ramp so n patetiese spul bymekaar ….soort soek soort, nou ruil hulle skelmstreke uit ….oooweee

Fran ·

Die anc is mos reeds van die afgod terroris, mandela se tyd, vreeslik belangrik en die engeltjies vanself.
Moet mos altyd help iewers in die wêreld met hulle vreeslike wysheid en insig. As die wêreld maar regtig weet hoe dom hulle is. Wat ‘n grap!

Vonny ·

Rèrig doodslag, Moord en vervalle dorpe.
Vee eers voor jou eie deur.
Ons land lyk soos n ashoop!

Jaco ·

Ek het nog steeds hoop vir Biden, want hy en sy hoogheilige Demokrate het so ‘n mooi oop “human rights” georiënteerde oop immigrasiebeleid. Ek wonder net, dít kan mos ook tot SA se onderdrukte wit mense se voordeel wees: ramaphosa kan al SA se “rassistiese” wit mense wat so “erg ongelykheid” in SA skep, mos na die “oop” Amerika deporteer. En Biden sal dan so min of meer verplig wees om ons in te vat. Dit sal mos nou mooi wys hoe sy “non-racial, non-discriminating human rights” werk.

marius ·

Bwahahaaa! Die een se parlement het afgebrand en die ander struikel opdraende vliegtuig deur toe .

jacques ·

Rama bly uit sy eie wereld (SA) uit, terwyl Biden nie meer weet waar hy in die wereld is nie….sug…

Gert ·

Klip in die bos… Is dit net ek wat grensloos geiriteerd is met artikels soos die? Ek meen ons weet die inhoud van die artikel meld die vergaderings wat gaan plaasvind, dis tog feite, en dis reg so. Maar om te beweer die twee wil wereld kwessies takel? Takel is tog ‘n werkwoord. Ek twyfel baie sterk dit is die plan. As ons dan bespiegel oor wat hulle wil doen, bly dan maar liewer by ‘n meer voorspelbare waarheid. Hulle sal baie praat ja, en dit sal maar al wees.

Sandra ·

Ag liewe aarde tog! Ramaphosa kan nie eers die kleine Suid -Afrika se probleme oplos nie, hy skep eerder nog! Nou sien hy en oom Biden kans vir die wêreld? Slaan maar net my hande saam en skud my kop. Wat ‘n grap het die wêreld tog nie geword nie.

T-Man ·

Hahahahaha ja nee wat daar is nie woorde nie. Hulle huise is nie in orde nie maar hulle mik na die sterre. Praat van dwaasheid

Pieter9 ·

Biden, Harris en Ramaphosa; nog nooit was daar soveel onbekwaamheid en skynheiligheid op een plek bymekaar nie! Wat ‘n sirkus!

Lourens ·

Ramageddon gaan “druk vir verdere onderhandelinge” tussen Rusland en Ukraïne?
Grap van die jaar! Hierdie vent dink werklikwaar sy mening/wense is belangrik genoeg dat enigiemand hulle daaraan gaan steur. Hy het nie eers in sy eie land enige geloofwaardigheid nie.

Lorraine ·

Die twee laat my dink aan Laurel and Harvey van toeka se tyd????????????

pieter ·

Altwee deel van George Soros se “New world order” groep. Besig met sataniese bedrywighede. Baie gevaarlike mense.

Dries ·

As dit nie so tragies was nie sou dit n grap wees. Ramaphosa het nie die moed om met Afriforum hier te praat nie maar gaan praat met vreemdes oor see. Net soos deKlerk wat nie sonder Kaspers en polisie in sy eie land openbare vergaderings kon hou nie maar kon in die vreemde op openbare vergaderings gejuig het. Vind my liewer dan op die ashoop saam my eie volk

Willie ·

Hy kan nie een die oorlog op die Kaapse vlakte aanspreek, wat nog te sê hanteer nie. Nog minder kan hy ‘n piss up in ‘n brouery reël

ES ·

Plaas takel hy die probleme in sy eie land eerste… Ons wil mos eers hardloop voor ons kruip.

Hettie ·

Ja Ja, dit is die maklikste, harloop weg van jou land se probleme ! Daar klink jy tenminste belangrik. Hier is jy die verloorder!

Lisma ·

Wil Ramaphosa nie maar eers ons krag kom aansit voor hy die wereld se probleme probeer oplos nie!! Lagwekkend!!

Jaada ·

1 mislukking + 1 mislukking = 1 groot gemors wat hieruit kan kom.

Shakespeare ·

Wat ‘n formidabele span. Ek voorspel dat hulle binne die volgende maand, al die probleme in die wêreld gaan oplos.

VaalDonkie ·

“klimaatskwessies” is kode vir “ons wil vleis en elektrisiteit onbekostigbaar maak”.

LANA is ELANè ·

Rerig, ek kan myself net nie help om te snork nie, vinkel en koljander die een lieg nes die ander…

Marthinus W ·

Cyril is nie so dom as wat julle hom voorstel nie. Wie het Roelf Meyer en die Nasionale Party onder die tafel in geonderhandel? Cyril was in sy 20s toe hy as direkteur van Anglo-American aangestel is – weens sy bekwaamhede. n President is nie God of n supermens nie; hulle kan slegs doen waartoe hulle administrasie en beamptes hulle kan help. (En tans word ny gesaboteer deur die korruptes, wat nie hul mag wil prysgee nie.) As lid van die G20 is SA n uitstaande land, ongeag hoe ons daaroor voel. Onthou ook dat Cyril noue bande met Rusland/China deur BRICS het; hy gebruik hierdie besoek om hulle te help.

Johann ·

Hoeveel Kamerade en Kaders is saam? Ergste is die klomp dink hulle is die kat se snor! SOOOOOOO IMPORTANT. Meanwhile is hulle die bespotting van bespotttings!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.