Ramaphosa erken vroue leef in vrees

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het tydens Vrouedagviering in Richmond, KwaZulu-Natal erken dat vroue in Suid-Afrika voortdurend in vrees leef. Hy het bygevoeg dat die skuld hiervoor op mans gepak kan word.

“Die vroue van Suid-Afrika is bang om ná donker uit te gaan en bang dat hulle in hul eie huise aangeval kan word. Hulle is bang om ʼn vrou in Suid-Afrika te wees,” het hy gesê.

“Ons moenie dit as ʼn vrou se probleem sien nie, maar inderdaad as mans se probleem.”

Volgens Ramaphosa spruit vroue se vrees uit die feit dat mans nie respek het vir vroue nie, nie volwasse genoeg is om die einde van ʼn verhouding te aanvaar nie en dink dit is hul reg, ingevolge hul kultuur, gebruik of geloof, om hul vroue, dogters en susters te mishandel.

“Hierdie is nie die Suid-Afrika waarvoor vroue in 1956 geveg het nie. Hulle het nie opofferings gemaak net sodat die vroue van vandag in tronke van vrees moet lewe nie.”

Die parlement het vroeër vanjaar drie wette goedgekeur in ʼn poging om geslagsgebaseerde geweld te takel. Dié wette gee meer beskerming aan slagoffers van geslagsgebaseerde geweld en bemagtig die polisie en die strafregstelsel om strenger teen vermeende mishandelaars op te tree.

“Stilte is nie meer ʼn opsie nie. Stilte is wanneer vroue en kinders mishandel, aangerand, verkrag en vermoor word.”

Ramaphosa het voortgegaan om te sê dat heeltemal te min vroue betrokke is by ekonomiese aktiwiteite.

Sowat die helfte van alle vroue in Suid-Afrika wat kan werk, is werkloos. Dié wat wel werksaam is, word steeds veel minder as mans betaal. Dié aspek is opnuut beklemtoon toe Suid-Afrika se vrouesokkerspan Banyana Banyana verlede week vir die eerste keer die Women’s Africa Cup of Nations-trofee gewen het, maar steeds minder as die mans se nasionale span betaal is.

Ten spyte van die armoede, diskriminasie en geweld wat vroue van Suid-Afrika daagliks in die gesig staar, meen Ramaphosa daar is nietemin rede om fees te vier.

“Vroue van regoor die land het ten spyte van die struikelblokke wat hul voortuitgang stuit, uitgeblink in soveel opsigte.”

Verlede jaar het meer vroue hul matriekeksamen met lof geslaag as mans en daar is tans meer vrouestudente by hoëronderwysinstansies ingeskryf as mans.

Byna die helfte van die land se parlementslede, regters en landdroste is vroue en meer as 60% van staatsamptenare is vroue.

Ramaphosa het onderneem om geen moeite te ontsien in sy pogings om ʼn nie-seksistiese samelewing te bou waarin mans en vroue dieselfde geleenthede en vooruitsigte het nie.

“Die vroue wat 66 jaar gelede na die Uniegebou gestap het, het die krag van Suid-Afrikaanse vroue bewys. Hulle was oortuig daarvan dat vroue hul plek in ʼn vry en demokratiese samelewing moet inneem.

“Kom ons werk daaraan om hierdie visie te verwesenlik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Miskruier ·

Die probleem is nie soseer die vroue wat nie werk nie, maar die mans wat nie hierdie vroue en kinders finansieël kan versorg nie, want die mans het nie werk nie.

Manie ·

‘n Onlangse artikel reken dat die meeste swart kinders pa-loos grootword en dus deur die ma alleen grootgemaak moet word.

Witbaard ·

Waarom word alle mans nou onder dieselfde kam geskeer? Dink dit is onbillik om te veralgemeen.

SjN ·

As hy dan weet wat is die probleem, hoekom nie drastiese optrede in werking stel nie?

Kokerboom ·

Ja-ja…ons hoor dit elke jaar. DOEN iets!!Bestuur u land beter Mnr of gee pad!!!

Marianna ·

Maak net van een verkragter ‘n voorbeeld Ramaphosa. Maar nee, hulle word vir ‘n rukkie in die tronk gesmyt waar hulle lekker rus en hulle volgende planne uitdink.

Drico ·

God het man en vrou geskape met die doel om saam te wees, mekaar te respekteer en saam te werk in alle omstandighede. Hulle vul mekaar aan, waar die vrou nie n taak kan verrig nie stap die man in en omgekeerd. Dis nie nodig vir ongesonde wedywering nie en ook nie neerhaligheid nie. Dank Vader dat my man my bystaan en ek hom weer toelaat om my by te staan, ongeag of dit staalwerk, naaldwerk, huiswerk, tuinwerk, kantoorwerk of inkopiewerk is. Die een verwag nie meer of minder van die ander nie, jou mekaar nie uit nie, is nie afbrekend, neerhalend, gebiedend of ongeskik nie. So kan dit in die samelewing en werksgebied ook wees.

Watsenaam ·

Dalk moet ons n manier vind dat die meerderheid bevolkings van die land se mans hierdie manier van doen geleer word. Hulle het GEEN respek vir vroue nie. Nou druk die regering die vroue ooral in poste in wat hulle nie kan behartig nie.

Di ·

Rampie praat al van die lockdown af tydens sy FAMILIE byeenkomste oor die planne wat in werking gestel sou word om dit te stop! Het enige iets gebeur, NEE. Tipies ANC, praat vir jare lank en NIKS realiseer ooit. Maak net mooi beloftes om almal stil te kry en so gaan dit met ALLES in die korrupte land

Prikkie ·

Vroue leef in vrees omrede daar nie ‘n doodstraf in hierdie land is nie.

B-Man ·

Stig ‘n politieke party net vir vroue. As al die vroue vir daardie party stem het hulle outomaties 52%. Baie mans sal ook vir so ‘n party stem, want vroue kry dinge gedoen. Hulle weet hoe om te sorg en sal die land kan versorg. Weg met vroueligas en in met Vroueparty!

koos ·

En so leef die meeste wit belastingbetalers ook in vrees. Vrees vir ongekende en aanhoudende diefstal en wanaanwending van belastinggeld, vrees vir die volgende ondeurdagte idiotiese banale belastingwet, vreesvir ‘n regime wat absoluut geen respek vir God het nie.

JohanR ·

Wel doen ietsie daaraan en ook sommer al die ander geweld in die land, want jou useless Hoed minister is meer as useless!

HJvdb ·

Nou is dit die mans se skuld of probleem……NEE moenie veralgemeen nie, dis beslis nie alle mans nie maar n sekere element se probleem en die regeering se roekelose nalatigheid om wet en orde te handhaaf.

Miena ·

Blyk te wees dat die vrouens moet bly wees dat dit gelukkig net 1 man is (wat skade kan doen)

annie ·

Sjoe, die prez is skynbaat hardop vir stemme en ondersteuning. Nou moet hy op onderrokke konsentreer. Die storie oor die verkragte aktrises op die mynhope is nog nie blootgelê nie. Soos CR wil doen word die naam van die maatskappy wat die onverantwoordelike video-opname gedoen het, ook weerhou. Hoekom? Moet ‘n goeie saak eers uitgedink word waarom moeilikhed gaan soek is. Cele kan dalk ‘n slag soos ‘n minister optree en nie soos ‘n byspelers in ‘n cowboy-video nie.

007 ·

Die Rampie alle Suid-Afrikaners lewe in vrees. Mens kan nêrens gaan en 100% veilig voel nie. Behalwe natuurlik jy en al die bloulig brigade. Julle kry sulke groot salarisse en dan moet ons nog vir julle beskerming betaal. Ons het nie eers geld vir behoorlike kos en brandstof nie. Laat dit bietjie insink!

Watsenaam ·

Berig hierbo se : Ramaphosa se vroue se vrees uit die feit dat mans nie respek het vir vroue nie, nie volwasse genoeg is om die einde van ʼn verhouding te aanvaar nie en dink dit is hul reg, ingevolge hul kultuur, gebruik of geloof, om hul vroue, dogters en susters te mishandel.
Diline se in n ander geplaasde berig:
JA nee ALLES in die land het verval in totale gemors danksy “regstellende aksie” Hulle WIL NIE WERK NIE, soek net die salaris. Meerderheid is arrogant, sleg en onbevoeg. Hulle weet dat daar niks aan hulle gedoen kan word nie want hulle is “DIE REGTE KLEUR”, het alle regte wat hulle beskerm.
So Mnr Ramaphosa wat gaan julle doen? ‘n Vis vrot van sy kop af. Mag ek ook maar se anc voertsek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.