Ramaphosa klaar Reserwebank se posisie op

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Daar is nie tans enige planne om die Reserwebank te nasionaliseer nie en die mandaat van die Reserwebank gaan ook nie verander word nie, se pres. Cyril Ramaphosa.

Ramaphosa het vanmiddag ʼn verklaring uitgereik om die onsekerheid te besweer wat onder meer die waarde van die rand laat tuimel het nadat ʼn stryery oor die twee onderwerpe uitgebreek het tussen die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, aan die een kant, en die minister van finansies, Tito Mboweni, aan die ander kant.

Ná ʼn vergadering van die ANC se top-leierskap in Johannesburg vandag het Ramaphosa gesê die openbare stryery oor die onderwerp word betreur.

Hy het gesê die onafhanklikheid en mandaat van die Reserwebank word deur die Grondwet gewaarborg en daar is nie enige planne om die Grondwet daaroor te wysig nie.

Hoewel dit ʼn doelwit van die ANC is om uiteindelik die private aandeelhouers in die Reserwebank uit te koop, sal dit baie duur wees en die land se ekonomiese toestand beteken dat dit nie in die afsienbare toekoms sal gebeur nie, want daar is ander prioriteite, het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

koos ·

Lyk my Ace wil meer skade aan die land veroorsaak, as sy tjommie Zuma.

Die skim ·

Watse “PRIORITEITE” Mr Ramaphosa. ..nog moorde op ons mense ???? Oh jammer daar is mos nie so iets volgens jou nie !!!

piet piet ·

Die eerste prioriteit is om die diskriminerende wette teen minderhede te skrap aa ons nie gelyke regte het nie hoekom moet ons gelyke belasting betaal?

Kallimaari ·

Tans.

‘n Klein woord wat baie gewig dra. Deur te sê daar is nie ‘tans’ enige planne om die RB te nasionaliseer nie, impliseer dat dit wél later gaan verander…

Die politieke liegery duur voort, en Skwirrel maak nou soos Ace.

fred ·

“tans” goed opgemerk,in die toestand die land verkeer,ka ons als verwag…

Marius ·

Geen plan om “tans” die reserwe bank te nasionaliseer nie … wanneer wil die nar dit doen?

Ian smit ·

Haha haha…CR wie gaan jou glo???? Moet seker net sekere Stellenbosch se wynboere wees.!!!!

Anoniem ·

Hier is nie eers oorlog nie en dit gaan die slegste, wat dit nog ooit gegaan het met ONS, en dit met oënskynlike VREDE

Henk ·

Ja Cyril, nes jy se. Ons glo jou , jy sal mos nooit lieg nie. En in die tussentyd terwyl die regering soos ‘n kat op ‘n warm sinkplaat rondspring om erens geld uit te krap om julle verpligtinge na te kom, ly almal , veral die pensioenfondse en ekonomie daaronder

Anon ·

Hou in gedagte wie die grootste aandeelhouer in die Reserwebank is… Die Rothschilds… So ja, Cyril sal versigtig wees aangesien hulle driekwart van die wêreld se besit. Dit is ‘n fors op wie se tone jy nie wil trap nie.

Andreas ·

Die negatiewe invloed wat Cyril op die haas het, wat hy uit die hoed wil trek, word betreur.

Winnie ·

Ace raak te groot vir sy skoene en moet in die bek geruk word

John ·

…nee, hy sè dit nou net om die rand te kalmeer. By hoofkantoor word ander planne gesmee. Daar is geen teken van woede jeens Ace se voorbarigheid nie… of verskoning gevra nie.

Gert ·

Presies. Dis hulle ou laai daardie: Laat ‘n lid van die topleiers die “water toets” deur so ‘n uitspraak te maak, dan as die reaksie te negatief is, spring die President in en repudieer die persoon, dan laat hulle eers dinge afkoel voor hulle weer probeer.

Gert van Wierdapark ·

Die kaartspeler (Joker) van die bank-rot OVS, ene Ace, is ‘n ekonomiese sabo-teur, wat’ n paar potlood-pille benodig!! Hy dink mos hy speel met Monopoly-geld met sy flippen “utterings”.

Stan ·

Ramaphosa het net nie die ruggraat om te sê wat hy regtig gaan doen nie. Regte wolf in skaapsklere.

Basjan ·

Let mooi op na Ramaphosa se woorde: “Daar is TANS nie enige planne….”. Wat beteken dat daar in die toekms planne in plek gestel kan word. Baie slim bewoording wat hy gebruik.

BM ·

Hulle wil ekonomiese verruiming doen. Dit beteken hulle wil geld skep(druk) wat nie bestaan nie en dan die invoere en andere daarmee betaal. Baie voor hierdie narre het gedink dit is hoe dit werk. Zim is ons naaste voorbeeld. Dit lyk of die vermoê om uit ander se foute te leer bestaan nie eens nie.

Johan Pretorius ·

Kan jy Ramaphosa glo na al sy liegstories. Nee ek glo hom nie.

Eléne ·

Bewys vir ons dat jy die land se belange op jou hart dra deur standvastig te staan en wat jy sê deur te voer.

Andreas ·

Ja, en dan kan hy gerus ‘n paar ministers en ‘n paar ander persone in die ANC se posisies ook opklaar.

My mening ·

Ramaphosa is gevaarlik. Hy bly meestal stil oor ernstige kwessies (ook toe hy geweet het wat Zuma en sy trawante aanvang), maar ek wonder wat hy alles agter toe deure doen, sê en goedkeur. Zuma was arrogant genoeg om openlik skelm te wees, maar Ramaphosa is slinks. Hy is nou waar hy wil wees en hy gaan doen wat hy wil. Stil-stil en voor ons weet wat ons tref, gaan hy net soveel skade, of meer, as Zuma aanrig.

Jannie van Niekerk ·

Mens wonder nou eintlik wie is in beheer van die land. Lutuli huis met sy spul skemls of die parlement met sy spul skelms?

ne ·

cr lieg en bedrieg so ver hy gaan. Hulle moet maar oorlog verklaar sodat dit ook verby kom. Ons is in elk geval in ons peetjie.

mc ·

Die man het geen woord nie en sy oggend en aand praatjies stem ook gladnie ooreen nie. Net soos daar nie grondgrype en plaasmoorde in die land is nie. Weet beslis nie van watter planeet hy is nie.

pieter ·

DAAR IS EEN KLEUR IN DIE REENBOOG WAT DIE ANC SE PRAATJIES NIE GLO NIE. HULLE SIEN N STORM WAT WOED,.

Pierre ·

Ace is een groot bondel gif wat nog baie skade aan hierdie land gaan berokken. Sy onkundige uitsprake raak belaglik en is dit duidelik dat hy die Zuma vuur steeds hoog wil laat brand.

Johan Jonck ·

Ja, nes Malema gese het daar is nie tans sprake van Witmense doodmaak nie. Julle, die sogenaamde ANC, neuk alles op. Julle het nie ‘n idee hoe om ‘n kraal te bestuur nie, wat nog van ‘n land. Maar gaan maar aan en hang julleself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.