Ramaphosa ná vredesending: ‘Positiewe ontvangs uit albei kampe’

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa is in sy skik met hoe die onlangse vredesending van verskeie Afrika-leiers na Oekraïne en Rusland verloop het.

Die president sê een van die sleutelprestasies van die vredesending “was die positiewe ontvangs wat ons van albei kante ontvang het”.

“Ons het dit bemoedigend gevind en dit gee ons rede vir optimisme dat die voorstelle [vir vrede] oorweeg sal word,” sê Ramaphosa in sy weeklikse nuusbrief.

Ramaphosa en van sy Afrika-eweknieë het die afgelope naweek na die oorloggeteisterde lande gereis om hul kommer oor die voortslepende oorlog te kenne te gee, uit te wys wat die uitwerking daarvan op die ganse Afrika-vasteland is en om die moontlikheid van vredesamesprekings tussen die twee lande te opper.

Die sending het egter nie so seepglad verloop nie en ná die gesprekke met al twee presidente lyk dit nie of Ramaphosa een van die lande sover gaan kry om die wit vlag te hys nie.

Die afvaardiging – bestaande uit topamptenare van Suid-Afrika, Senegal, die Comore, Zambië, Uganda, Egipte en die Republiek van die Kongo – het tydens hul besoek tien beginsels voorgehou wat moontlik vrede tussen Rusland en Oekraïne kan bewerkstellig.

Ingesluit in die voorstel is oproepe vir die de-eskalasie van gevegte en dat onderhandelinge met dringendheid begin; die vrylating van krygsgevangenes en die terugkeer van kinders; meer humanitêre ondersteuning en die prioritisering van pogings om weer te herbou.

“Ons het bevestig dat die soewereiniteit van lande eerbiedig moet word in ooreenstemming met die beginsels van die Verenigde Nasies (VN) se Handves. Ons het ook die dringende behoefte om die veiligheid van albei nasies te waarborg, beklemtoon,” sê Ramaphosa.

“Ons glo dat alles moontlik gedoen moet word om die oorlog te beëindig om verdere lewensverlies, beserings, ontworteling en vernietiging te voorkom.

“As deel van die internasionale gemeenskap is dit ons plig om saam te werk om enige verdere lyding te voorkom.”

Pres. Wolodimir Zelenski het in sy gesprekke met die Afrika-leiers dit duidelik gemaak dat hy nie so toegeeflik vir vredegesprekke is nie.

Rusland se pres. Wladimir Poetin het ook toegegee dat die voorgestelde beginsels “baie moeilik” is om in werking te stel.

Die Afrika-vredesending het Oekraïne besoek. (Foto: Kopan o Tlape)

Afrika daar om Afrika te red

Hoewel die Afrika-leiers na die onderskeie lande gereis het om vrede te bewerkstellig, sê Ramaphosa dit is ook duidelik gemaak dat die einde van die oorlog ʼn wesenlike uitwerking op die vasteland se bedrywighede sal hê.

Rusland en Oekraïne is albei groot verskaffers van graan en vervaardigers van kunsmis wat vir Afrika-markte bestem is. Volgens die Afrika-ontwikkelingsbank het die oorlog “ʼn tekort van ongeveer 30 miljoen ton graan op die vasteland veroorsaak, tesame met ʼn skerp styging in die koste daarvan”.

“As gevolg van hierdie oorlog word Afrika negatief geraak deur die stygende koste van voedsel en elektrisiteit,” sê hy.

“Die ontwrigting van die voorsieningsketting het ʼn tekort aan insette soos kunsmis veroorsaak wat die voedselsekerheid van ʼn aantal Afrika-lande bedreig.”

Die Afrika-leiers het laat blyk dat graan toegelaat gaan word om oor die Swart See vanaf Rusland of Oekraïne vervoer te word om wêreldmarkte te bereik.

Pres. Cyril Ramaphosa en pres. Wladimir Poetin skud blad. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Poetin het egter in sy samesprekings met Ramaphosa gesê “die krisis in die internasionale voedselmark is geensins ʼn gevolg” van die konflik tussen sy land en Oekraïne nie.

Rusland beskuldig die Weste daarvan dat dié lande sy uitvoer van kunsmis verhoed en dreig nou om aan ʼn ooreenkoms – wat op 17 Julie verval – te onttrek. Die ooreenkoms maak noodsaaklike Oekraïense graanuitvoer deur die Swart See nog moontlik.

Ramaphosa hou egter vol dat die oorlog verreikende gevolge het en as sodanig “onstabiliteit en ʼn humanitêre krisis veroorsaak” wat skokgolwe deur kwesbare ekonomieë gestuur het.

Ondanks die teenkanting van die twee lande, het Zelenski en Poetin ingestem tot verdere samesprekings met die betrokke Afrika-leiers.

“Terwyl hierdie gesprekke voortduur, is dit ons hoop dat ʼn grondslag gelê is vir die de-eskalasie van die konflik én voortgesette onderhandelinge. Dit is die twee deurslaggewende voorwaardes vir blywende vrede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Suzette ·

Ek is jammer, maar na alles wat SA deur is – ek glo nie ‘n woord wat uit jou mond kom nie!!

Manie ·

Na aanleiding van SA en Amerika se geskil nou die dag, sal ek nie verbaas wees indien die Yanks druk op die Pole uitgeoefen het om ou Ramkat se partydjie bietjie te bederf nie.

Sê maar net ·

Hy kannie eers vrede in sy eie land bewerstellig nie, met daaglikse moorde wat Suid- Afrika self soos ‘n oorlogslagveld laat lyk, maar hy dink hy kan vrede tussen 2 ander lande bewerkstellig. Hy bou lugkastele. En sy kaders verf dit vir hom…..

Althes ·

Die tienpuntplan vir Oekranië en Rusland wat die ANC regering voorgelê het, is so voor die handliggend dat dit eerder vir kleuters gebruik kan word. Jannie praat met Pietie as jy sy oranje kryt wil hê, bla, bla en bla

hpven ·

Sê wie? Ramaphosa kan nie eers sy eie regime waar twintig duisend moorde per jaar onder sy bewind regruk nie. Inteendeel hy en sy regime kon nog niks positiefs vir sy eie land of sy eie mense beding nie. Nou is hy die selfaangestelde internasionale raadgewer en vredemaker! Die enkel fout tans in Suid Afrika is die Ramaphosa en kader regime!

Papsak ·

Ek stem ek glo niks wat uit sy mond kom nie hy kan nie eers vrede in SA hou nie kyk hoe lyk die land maar hy hardloop na ander lande om vrede daar te kry hoekom kyk hy nie liewers na SA wat do agter uit gegaan het nie deur hom en sy kaders

Kokerboom ·

Ek hoor wat hy se maar voel die Afrika leiers werklik iets vir die dood, verwoestig en lyding in Oekraiene? Ek glo nie so. Dit gaan meer oor Afrika se konstante hongersnood en kos wat hul nie kan kry!DWS Afrika behoeftes!

etienne ·

Shame, CR is so ver van realiteit verwyder, mens moet hom eintlik jammer kry en nie kritiseer nie

Andre ·

Hy en sy aanhangsels het verlof gaan hou op die belasting betalers se onkoste

TheSnake ·

En toe trek hulle vraggies die rassisme kaart in Poolland. Plaas die Pole hulle toe maar sommer huis toe gestuur. As die Pole so rassisties is, wat soek die ANC daar?

Johann ·

Ja shure. Afrika met sy oorlog rekords gaan vrede bewerk? Niks anders as ‘n betaalde trip vir RamaNocio en sy kamerade nie.

Jaco ·

Ramaphosa en die ANC buig dubbeld agteroor om vir Rusland te wys SA is regtig ‘n vriend van Rusland, maar Rusland help SA absoluut NIKS. Wat van grootskaalse hulp met die Eskom probleem en wat van goedkoper petrol?
Uiters vreemd dat die ANC so min of meer vir Rusland steun. Rusland wil basies die etnies-Russiese dele van die Oekraïne beset en die Russiese minderheid teen sogenaamde slegte behandeling vanaf die Oekraïne te beskerm.
Draai dié situasie nou om en pas dit op SA toe:
‘n ander land val SA aan om ‘n einde te maak aan die onderdrukking van wit mense en kleurlinge in die Wes-Kaap. Ek wonder of die ANC ook sou dink dis reg???

houopkruip ·

Die spul (en hul spreekbuis news24) is om een rede Ukr en Rus toe – om bakhand te gaan bedel vir graan.

Mariana ·

Wens hy wil ophou karjakker en vrede te probeer werkstellig in ander lande en ‘n slag dinge in SA uitsorteer. Hy gee meer aandag aan die spul Russe se gemors terwyl sy eie land met veelvuldige ernstige probleme uittmekaar val. Maar ja die ANC se prioriteite het nog nooit oor SA en sy mense gegaan nie.

Chris dupreez ·

In Suid Afrika het Ramaphalaphala geen sê nie, hy word voorgeskryf deur die ander koruptes in sy party.

skurweberg ·

Ek dink hy wou persoonlik gaan kyk en ervaar wat moderne oorlogvoering aan ‘n land kan doen.

skurweberg ·

Die buiteland stel nie daarin belang om die wiel weer uit te vind, soos wat julle in SA en in ander Afrika-lande probeer doen het nie

Marijke ·

Kan een man sò vlak wees? Dink hy nou regtig Putin gaan hom steur aan die Mr Dolittle? As Mr Dolittlr ‘n goeie track rekord gehad hst, miskien……

Marthinus Johannes ·

Lewe in n droom wêreld, positief ontvang maar geen positiewe uitslag of antwoord nie. Die een soek sy land terug en die ander een wil dit vat wat nie aan hom behoort nie. Tipies Kimmie’s en ANC.

Owlie ·

As daar in ons eie Suid Afrika nie eerlike opregte vrede kan bewerkstellig word nie hoe dink hulle is dit moontlik om vrede in oorlogs geteisterde gebiede te bewerkstellig as Suid Afrika se regering die volgende voorbeelde toelaat – plaas moorde, liedere wat dit aan hits, op swepery, korrupsie, partye wat onderdruk word, onwettige items wat land uit gaan ens Met al hierfie rn vele meer lag ander lande vir SA se leiers, sit nog by al die gebeure & uitlatings op die vliegtuig tydens die vredes besoek en SA is soos n muskiet in die wind

Brombeer80 ·

Plaas CR na sy eie mense omsien en die snert hier regmaak, maar nou wil hy vir ander lande reëls gee en probeer skeidsregter speel. Sy een en een kink nie noodwendig na 2 nie.

Minnie ·

Wat n klug !
Hy kan nie eers sy eie land bestuur nie.
Weet hy ooit hoe ernstig die misdaad in SA is of ignoreer hy dit maar net?

Wit Leeu ·

Julle het net gaan bedel omdat julle bang is julle pap raak op ! Dink jy nou regtig Rusland en Oekraïne gaan hulle aan ‘n klomp goed uit Afrika steur wat nie eers hulle eie lande se probleme kan oplos nie.

Rocco ·

Ek hou van president Zelenski. Hy is ‘n goeie leier. Ramaphosa kan baie by hom leer

Gaitsigubib ·

Ek stem nie saam nie. Jy moet eers n goeie student wees voor jy enige iets kan leer. Indien wel kan jy iets leer, ongeag of jy n goeie leermeester het of nie. Dan of Zelenski n goeie leier is gaan seker afhang van wie jy vra?

christo ·

Selfs ‘n Eveready battery weet wat is positive en negative. Hy is alles behalf gunstelik ontvang in Ukraine. Lyftaal sê meer as woorde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.