Ramaphosa oor EFF-betoging: ‘Wanorde en anargie sal nie geduld word’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

President Cyril Ramaphosa het gewaarsku dat wetstoepassingsagentskappe die land teen “wanorde en anargie” sal beskerm tydens die EFF se landwye betoging wat vir Maandag beplan is.

Die EFF wil die land tot stilstand ruk en eis onder meer dat Ramaphosa bedank.

Ramaphosa is tydens ʼn mediakonferensie, nadat hy die president van Tanzanië op ʼn staatsbesoek ontvang het, oor die beoogde betoging uitgevra.

Indien betogers “die regte” van ander burgers “beperk” en geweld ontketen, sal die veiligheidsmagte die mense van Suid-Afrika verdedig, het Ramaphosa gesê. “Ons verwag dat daar volle orde en harmonie sal wees.”

Hy het opgemerk dat die betogings ’n jaar voor die algemene verkiesing plaasvind. Ramaphosa meen die tydsberekening wys dat politieke partye “hulself posisioneer omdat hulle stemme wil wen”.

“Regimeverandering kan slegs by die stembus tot stand kom, dit kan nie deur anargie plaasvind nie,” het Ramaphosa gesê.

Die president het beklemtoon dat hoewel die reg om te betoog in die Grondwet gewaarborg word, dit nie toelaat dat die regte van ander geskend word nie.

“Die reg om te betoog is in ons Grondwet verskans. Dit is diep ingebed in ons Grondwet en dit is ’n reg waarvoor ons as Suid-Afrikaners geveg en gewen het sodat Suid-Afrikaners kan betoog teen kwessies waarmee hulle nie saamstem nie.

“Maar daardie reg is nie absoluut nie en niemand kan opstaan en sê ek kan doen wat ek wil nie. Dit is nie ’n reg wat enigiemand toelaat om anargie of wanorde te begin nie. Dit is ’n reg wat sê, ‘jy moet die regte van ander respekteer’.

“Dit is nie ’n reg vir enigiemand om enigiemand anders te dwing om te doen wat hulle wil doen nie en dit is nie ’n reg dat jy ander moet intimideer en ander met geweld moet dreig en sê: ‘As jy nie doen wat ons wil nie, gaan ons optree teen jou’. Dit is heeltemal in stryd met die etos van ons Grondwet,” het hy gesê.

Julius Malema, EFF-leier, het gesê sy party se ondersteuners sal die land tot stilstand bring ten einde “vir die hele wêreld” te wys dat hy bekommerd is oor die stand van sake in Suid-Afrika.

Ministers belas met justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid het tydens ʼn mediakonferensie gesê sake sal Maandag soos normaalweg voortgaan. Daar is maatreëls ingestel om te verseker dat mense werk toe sal kan gaan, sal kan reis en sake sal kan doen in ʼn veilige omgewing, het die ministers aangevoer.

“Enigiemand wat ander intimideer of keer om werk toe te gaan, paaie versper of enige vorm van geweld gebruik om mense te keer om aan te gaan met hul lewens, sal die volle mag van die gereg in die gesig staar,” is daar gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Eugene ·

wetstoepassingsagentskappe ????? Wat jy waar kry, hoeveel “bribe” geld het julle? Dalk moet jul maar die koffertjie uitlek…..

Piet parys ·

So wat se die wet as iemand soos malema die gepeupel opstook moes hy nie tronk toe gaan nie of is hy bo die wet verhewe omdat hy swart is . Met die moord op Horner kon julle nie vinnig genoeg n wit boer opsluit nie . Hyt nie eers mense opgesteek om die land onregeerbaar te maak nie. CYRIL JY EN JOU BROER MALEMA VAL IN DIESELFDE KATEGORIE . JY BEVORDER TERRORISME DEUR JOU BROER MALEMA DEUR HOM NIE TOE TE SLUIT NIE . JULLE IS N MISLUKKING EN N ONBEVOEGDE president

4 liter ·

Ou grapgat…. Julle kon nog geen beloftes nakom die laaste amper 30 jaar nie. Kyk hoe lyk eskom, munisipaliteite, poskantoor, transnet en vele ander instansies- jy kannie eers jou mense beheer onder wet tov moord, verkragting en ander mosdaad nie – dan wil JY nou he ek moet jou glo dat Maandag alles onder beheer het. Dis die grootste probleem in die land – die meeste mense op straat is slimmer as julle almal – nou dink julle ons moet julle snert glo. Julle oggend en aand praatjies verskil die geeldtyd. Sit n slag daad by woord en ek sal weer respek begin kry vir julle klomp narre!!!!

Elize ·

Ja ou grootbek. Jy gaan agter jou hoë mure skuil met nog meer wesens wat jou moet oppas Maandag. Malemmer steur hom nie aan jou nie en gaan doen net wat hy wil want vir die sogenaamde polisie en weermag is hy en sy agterryers nie bang nie.

Harley Davidson ·

Ramaposa praat en sê baie dinge maar hy en sy piesang regime gaan niks doen want hulle kan niks doen nie,gelukkig kan die mense van Brackenfell iets doen ,nie dat ek dink die eff sal hulle gesigte daar wys nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Verkeerd pel. Die stembus word gedokter. Dus moet ander maniere gebruik word om die regime uit te skop.

Michael ·

“Die volle mag van die gereg”-werklik amusant want die gereg het feitlik geen mag behalwe natuurlik vir sekere bevolkingsgroepe. Ons sien telkens hoe die volle mag van die gereg toeskouers is tydens al die onwettige dade tydens hierdie betogings. Waarom kom daar geen woord van hulle oor Malema se terroristiese uitsprake nie-is dit grondwetlik?

ES ·

Selfs die taxi bedryf het bevestig hulle gaan nie aan die betogings deel neem nie, net die mannetjie met sy rooi hempie (wat heeltemal te veel lugtyd kry) en sy volgelinge gaan betoog.

Wat ons almal sukkel om te verstaan is hoe geweld, skade van privaat eiendom en infrastruktuur enige verskil aan die president gaan maak? Want dis al wat die betogers gaan doen. Gooi voertuie met klippe, brand bande en beskadig paaie. Maar vanaand gaan CR lekker huis toe en dit traak hom nie.

Ek kan net my kop skud.

George ·

Dis niks anders as elke ander dag in SA nie. Cyril jy plunder al vir jaaaaare lank.

Wondermaarnet ·

Bla-bla-bla nie jy of jou kastige veiligheidsmagte sal ‘n vinger verroer om orde te handhaaf nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

20 Maart 2023 sal in die geskiedenis bekend wees as die Mzansibabwe Slag van die Ou Bul en die Jong Bul.

Hou die verswakkende Rand wisselkoers dop!

Nina Uit ·

Ag Ramaphosa, jy kan nie eers jou eie toiletpapier in jou eie gangkas beskerm nie.

Manie ·

Ten minste verwys hy darem al na sy kartel as ‘n regime en nie ‘n regering nie.

Anel ·

Die malle moes in die eerste plek in die bek geruk gewees het na sybaantygings. Dit is ook teen die grondwrt om mense te dreig. Ek wil sien dat daae teen die wese op getree word!!!!

Nicholaas ·

Ek wil graag weet as jy mag vreedsaam betoog en dit teen die wet om ander te intimedeer of skade te berokken soos al wat met my en baie ander al gebeur het hoekom was daar dan nog nooit opgetree wanneer hul so hand uitruk.

CHRISTINE ·

Maar ons duld korrupsie, verraad en die Mafia en hier is ons nou.

Feite ·

Ramaphosa het vanoggend my soos n mal mens in die verkeer op pad werk toe laat lag! Met hierdie ‘gevleulde woorde” van ons sal nie anargie en wanorde in Suid Afrika duld nie….. OMW!!!! op wat se planeet dink hierdie idioot bly ons? Die track record van al hierdie wanorde waar die polisie met gevoude hande staan en nie die wetsgehoorsame burgers van hierdie land NIE beskerm nie? Let me laugh again!

Casper ·

Malem doen al vir jare net wat hy wil en treë die ANC op teen hom,nee.

Heinrich ·

‘Wanorde en anargie sal nie geduld word nie’; oh wow dis nuus vir my! Daar is amper daagliks wanorde en anargie waar klippe gegooi en bande gebrand word terwyl onskuldige mense se eindom beskadig of verwoes word; selfs nie eers ‘n staatsrede gaan sonder wanorde en anargie nie. Lyk my die lewe is lekker daar in Wakanda; hy moet eendag afkom na die Banana-republic van Mzanzi toe en die ware stand van sake waarneem.

Casper ·

Ramaphosaen toe jy wakker word is jou koffie koud.Hoeveel sakeondernemings,eiendom,skole klinieke en voertuie is al tydens betogings beskadig,maar geen beskerming.Jy is besig met verkiesings propaganda.

Danie ·

Ek val lankal nie meer vir die gelieg – en beriegstories nie.

Joe Olivier ·

Die mense se geheue is maar kort. Dit was juis deur die land onregeerbaar te maak en geweld en terrorisme wat die anc aan bewind gekom het. Hoekom kan dit dan nie op dieselfde manier verander word nie. Jy dink nie meer helder nie rama. Jou ogies lyk moeg van bekommernis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.