Ramaphosa op pad na Egipte vir vredesberaad

Argieffoto van pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Saterdag die Kaïro-vredesberaad in Egipte op uitnodiging van pres. Abdel Fattah El-Sisi bywoon.

Die voortslepende konflik tussen Israel en die Palestynse militante groep Hamas, die dringende behoefte aan humanitêre ondersteuning in dié lande en die beroep vir vrede sal op die beraad bespreek word.

“Pres. Ramaphosa is diep bekommerd oor aanvalle op burgerlikes, die gevolglike enorme lewensverlies, verplasing van mense en die humanitêre krisis wat die Gazastrook verswelg,” het Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, op die vooraand van die beraad gesê.

“Suid-Afrika het herhaaldelik gevra vir die onmiddellike staking van vyandelikhede, die terugkeer van gyselaars en die dringende opening van humanitêre korridors.

“Suid-Afrika staan gereed om by die wêreldwye poging aan te sluit wat blywende vrede in die Midde-Ooste sal bewerkstellig.”

Maroela Media het vroeër vandag berig die nood in Gaza was teen Vrydagoggend gróót. Meer as 1 miljoen ontheemde Palestyne benodig in dié stadium dringend kos, water, medisyne en komberse.

Daar word egter nog steeds gewag vir die Rafah-grenspos – tans die enigste roete na Gaza – om oopgestel te word sodat humanitêre hulp die Gazastrook ingestuur kan word.

Derduisende Israelse troepe wag intussen op die grens van Gaza op ʼn bevel om dié enklawe binne te val.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Saartjievandiebosveld ·

Hoekom Hou jy nie ‘n vredesberaad in jou eie land..m

Henk ·

Ek weet nie wat se bydrae hy daar kan lewer nie, maar as hy genooi word moet hy seker gaan…

Jacob ·

Sal almal asseblief raaksien hoe ongelooflik, ontsettend hiper-belangrik die President is?! Trostheid van die lewe.
Of die ANC-regime regtig omgee vir “burgerlikes” en menseregte is toenemend ‘n goeie vraag.

SmartieMan ·

WTFudge?? Wat van jou eie mense Mnr die President??? Wonder wat kos dit ons belastingbetalers al weer!

marius ·

Hoekom kom die Egiptiese grootkop nie hiernatoe nie . Seker bang hy word soos die Hollandse kroon omsingel .

Marius ·

Die probleem is nie jy of een van jou mense was ooit in n oorlog nie wys jy vir my 1 wenner dan se ek well done dink net vir 1 slag in jou lewe

Casper ·

Hy kan nie eers vrede in sy eie land bewerkstellig nie nou wil hy die krisis in die midde ooste oplos.Verwaand en arrogant.

Johann ·

So wat hy en sy kamerade op aandring is dat Israel die sinnelose, lafhartige moord van onskukdige mense moet aanvaar en stilbly en stilsit sodat die terroriste hul “martelaars status” kan nastreef? Soos sy ANC verwag het en steeds verwag? Mer geweld aan bewind gekom en bly steeds so aan bewind. IN YOUR FACE SHAME ON YOU!!!!!!!!!

Pieter ·

Ag tog wil hy ook n penny in die pie pie pot lê. Om dom te wees is nie n skande nie, maar as jy dom-onnosel is, is dit nie jou ma skuld nie.

Kosie ·

Hou op ons geld mors jy beteken niks, jy het ons land verwoes, hoe kan jy enige land met enige iets help onderhandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.