Ramaphosa vaar uit oor oorlog en hulp vir Afrika  

Pres. Cyril Ramaphosa spreek die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies toe. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het uitgevaar teen die miljarde dollar wat aan oorlog bestee word in plaas van ontwikkeling, terwyl hy sy oproep vir diplomasie in Oekraïne hernu het.

“Dit is ʼn ernstige aanklag teen die internasionale gemeenskap dat ons soveel aan oorlog kan bestee, maar ons kan nie aksies ondersteun wat geneem moet word om in die mees basiese behoeftes van miljarde mense te voorsien nie,” het Ramaphosa in ʼn toespraak aan die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies gesê.

Ramaphosa het by die beraad in New York ook met Oekraïne se president Wolodimir Zelensky gepraat oor ʼn vredesinisiatief deur Afrika-nasies.

“As die internasionale gemeenskap moet ons alles in ons vermoë doen om sinvolle dialoog moontlik te maak, net soos ons ons moet weerhou van enige optrede wat die konflik aanwakker,” het hy gesê.

Volgens Ramaphosa behoort die wêreldgemeenskap ook bekommerd te wees oor onlangse voorvalle van ongrondwetlike regeringsveranderinge in sommige dele van Afrika.

“Die wêreldgemeenskap moet saam met die Afrika-unie werk om vredespogings in die oostelike DRK, Libië, Soedan, Somalië, Mali, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Suid-Soedan, Noord-Mosambiek, die Groot Mere-streek, die Sahel-streek, Niger en die Horing van Afrika te ondersteun.”

Daar moet volgens Ramaphosa ook vrede in die Midde-Ooste bewerkstellig word. “Solank as wat die land van die Palestyne beset bly, so lank as wat hul regte geïgnoreer word en hul waardigheid ontken word, sal sodanige vrede ontwykend bly. Die optrede van die regering van Israel het die moontlikheid van ʼn lewensvatbare tweestaat-oplossing in gevaar gestel.” Die ekonomiese embargo teen Kuba en sanksies wat teen Zimbabwe ingestel is, moet ook opgehef word, het Ramaphosa gesê.

“Ons doen ʼn beroep op ons vennote van ryker lande om die finansiële verpligtinge wat hulle aangegaan het na te kom. Dit is ʼn groot kommer dat hierdie ryker lande nie hul ondernemings nakom om $100 miljard per jaar te mobiliseer vir ontwikkelende ekonomieë om klimaataksie te neem nie.”

Volgens Ramaphosa verhit Afrika vinniger as die res van die wêreld en is 17 van die 20 klimaatbrandpunte in die wêreld op dié vasteland.

“Eeue ná die einde van slawehandel en dekades ná die einde van koloniale uitbuiting van Afrika se hulpbronne dra die mense van ons vasteland weer die koste van die industrialisering en ontwikkeling van die ryk nasies van die wêreld. Dit is ʼn prys wat die mense van Afrika nie meer bereid is om te betaal nie. Ons doen ʼn beroep op wêreldleiers om wêreldwye dekarbonisering te versnel terwyl hulle gelykheid en gedeelde welvaart najaag.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Cherokee ·

Afrika is steeds ‘n bedelaar wat die meesal wit lande om hulp smeek. Dit is geen kompliment om in ‘n land te woon wat oorspronklik kompleet onafhanklik was, maar nou deur die veral Weste, ondersteun moet word.

Raadsman ·

…. en die Lady R het kom kos haal by Simonsbaai vir die armes van Afrika!!!

Elma ·

My wereld Cyri wie is die “ons” waarvan jou speech writer praat? Jy kan nie eers die oorlog in SA (ja hier is oorlog!) stopsit nie maar jy preek vir die wereld. Leef in n gekkeparadys jy. Afrika se leiers het Afrika deur hulle agterente getrek, nou wil jy die res van die wereld laat pa staan?

Amelia ·

hy verstaan wil nie verstaan nie want waar sal dollars vandaan kom as hy aan almal wys dat hy verstaan dat afrika n musliking is

Petra ·

Dis om gruis in ‘n bodemlose put te gooi! Die wêreld kan nie bly geld gee vir lande wat net die heeltyd hand uitsteek nie. Doen iets positiefs soos om son- en windkrag te ontwikkel in plaas van steenkool te gebruik wat die wêreld verder besoedel.

Niklaas ·

Ontwikkeling ? Dis iets wat klink na werk , word eerder netjies vermy.

Frances ·

Klnk alles vreeslik mooi , maar van hierdie lande word ook moeg om net te gee en gee, want die geld kom nie altyd by die mense uit wat so sukkel nie, beland eerder in diep sakke.

Hendrik ·

En hoe goed beredeneerd klink dit net nie, maar van begin tot einde neem jy maar net weer waar een groot bakhand wat vra. Onversadigbaar. Stel tog net jou eie land as voorbeeld wat vanwee onbevoegdheid en korrupsie n bodemlose put is. Al meer word dit tog rugbaar.

Sean ·

Met ander woorde VSA en die ander Nato lande moet eerder geld aan die korrupte anc gee as om Ukraine te help teen n aanval deur Rusland?

CHRISTINE ·

So praat hy terwyl die ANC die land verwoes en plunder het, en tans terroriseer met georganiseerde krag weerhouding en onbevoegde staat en parlement, wetteloos onder die mafia.

Marcello ·

Dit is nie weerhouding van krag nie, dit is die ANC wat nie wou luister toe daaar gewaarsku is in 2008 dat ons ‘n kragkrisis gaan hê. Dit is deur Kadar aanstelling in Eskom deur die regering, wat ons ‘n Kragkrisiis het.

hpven ·

Ramaphosa jy en kaders kan nie praat, hoeveel van die belastingbetalers se geld het in diepsakke beland terwyl jy president is? Nie eers van voorafgaande presidente te praat.

Ryan ·

Ramaphosa is besig om (veral) die westerse lande sag te maak vir daardie groot bakhand wat gaan kom wanneer SA se ekonomie totaal in duie stort. Tipiese bedelaar mentaliteit.

Euodia ·

Daar moet niks geglo word wat daai Ramapateet te sê het nie. Hy is te lamsakkig om die eens land wat gewerk het te bestuur nou wil hy vir ander lande vertel wat hulle moet doen. Hy wil praat met Zelensky …..Zelensky moenie n woord glo wat hy sê nie.

Ronel ·

Die mense daar buite is nie onnosel nie – hulle besef maar al te goed wat gebeur met geld wat in Suid-Afrika gestort word. Almal weet dit. Dis lankal nie meer ‘n geheim nie. Kyk net hoe gaan dit in ons land, alles gaan ten gronde, alle staatsbeheerde maatskappye is in finansiële gemors, en die mense verarm nog net verder elke liewe dag. En dit is verseker nie die buiteland se skuld nie. Dit kan alles gelê word voor die deur van hierdie ANC regering! Onbevoeg om ‘n land te regeer. Uiters voorbarig om vir ander te wil vertel wat hulle met hulle geld moet maak!

Nie Verbaas ·

Ramaphosa is suur omdat hulle nie meer vir hom geld wil gee nie en dan Ramaphosa, die ander lande is ryk omdat daar nie n ANC regering in beheer is nie.

Oosieoos ·

Dis verskriklik om te maak of jy weet maar nie te weet jy weet nie. Die wereld weet al as hy praat kom daar net klomp leuns uit. Hoe belaglik wil hy homself nog maak. SA van a eens vooruitstrewinde land tot bedelaars

My siening ·

Jy Cyrel openbaar jou ware Putin vere, wil geld hê maar maar die wereld weet wat jy daarme wil doen, nl dit gebruik om ANC se sakke vol te maak, wat voel jy vir die mense in Ukraine net so min soos vir die SA mense wat in armoede en geweld moet leef terwyl jy kijater met jou rojale lewe!

Brett ·

Vee voor jou eie huis, Charity starts at home. Net suur want jyt gebargain om jou verkiesing te fonds met daai geld ne….. nou kan julle nie dit ook huiswaards dra nie…. well done kla oor iets wat nie joune is nie….. 10 uut 10

Heinrich ·

Aag sies tog, al weer die arme slagoffer. Kan ook niks self reg doen nie, soek net geld heeldag lank. The struggle continues…en dan durf hy nog ‘vrede’ praat terwyl sy eie land een van die mees geweldadigstes op die planeet is.

Laksman ·

Het Afrika regtig NIKS in hulle om n slag hulself te wil help nie…….geen skaamte of trots!

Samuel ·

Plaas dat Ramaphosa hom oor sy eie land en sy mense bekommer!

Al wat hy kan doen is bedel en onderdrukte speel.

Hendrik ·

Gelukkig is daar juis van ons eie verteenwoordigers tans in die VSA wat met die waarheid na vore sal kom.

domheks ·

Siestog/Shame arme drommel. Ken net van bakhand staan. Preek vir ander lande maar sy eie land brand. Begin om die aanwas stop te sit, met ander woorde hou op om mense te betaal om kinders te kry! Daar gaan hongersnood kom met al die mense.

Kobus ·

My kennis is maar skraps agbare Rampposa, maar as ek vinnig dink aan die welaf land wat die ANC gekry het en waar ons nou bakhand staan, kan ek maar net wonder hoekom moet daar net gegee word. Die meeste Afrikalande is / was ryk aan minerale hulpbronne maar wat doen hulle daarmee? Zambia is myns insiens die enigste land wat hulle bronne bestuur, mens hoor min van probleme daar. Maar RSA soek net geld want dit wat hier was is ten gronde bv Eskom, Transnet, Poskantoor, SAL, SABC, Sanral, Telkom, Prasa,Rand Water…..Ons voer grondstowwe uit net om weer die verwerkte produkte in te voer. Rampposa is ‘n meester as dit by lippediens kom, maar sy eie land is chaos.

Nommer 7 ·

Snaaks dat CR nie melding maak van die miljarde roebels van Rusland aan oorloe bestee nie.

Jacobus ·

Ou Siril jy staan daar met groot bekommernisse. Het jy hulle verseker dat jy altyd gedienstig sal wees waar $s betrokke is. Het jy hulle vertel hoe dekarbonisering in jou kop werk – sluit kragstasies en laat jou kaders en mede kaders nou ons goeie gehalte steenkool aan die sg bekommerde wêreld verkoop en die swak steenkool aan ons eie kragstasies lewer.
Jou groot bekommernis – dat die rooi bank leeg is!

Andre ·

Shame. Nou wil hy hê die westerse lande moet sanksies teen Zimbabwe ophef. Wat rook die man. Hoekom gee hy nie liewer van sy rykdom wat hy op n skinkbord gekry het aan Zimbabwe nie? Of dalk n bietjie van daai rusbankgeld.

Stofdonkie ·

En wie steur hulle nou aan ramaphosa? Hy is die nar van die wêreld, kan nie eers sy land se ligte aanhou nie maar wil vir ander lande gaan voorskryf hoe hulle moet maak?

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ramaphosa, gaan bedel by Rusland; China, Iran, Kuba, Noord-Korea, Palestina en Zimbabwe. Afrika lande is en sal altyd ‘n mislukking bly. Pretty useless.

Jacobus ·

Ramaphosa jy vaar uit oor geld wat bestee word aan oorlog in ander lande dit terwyl meer mense in jou eie land Suid Afrika elke dag vermoor word as in oorlog geteisterde lande. Dan het jy nog die oorlog misdadiger Omar Albashi van Soedan soos n koning behandel en hom laat wegkom met sy besoek aan SA jare gelede dit terwyl die internasionale strafhof hom soek vir oorlog misdade in Soedan wat tans in n bloedige konflik is met duisende kinders wat sterf van die honger. Jy kan vir die wereld lieg maar jy kannie vir ons SA ners lieg nie. Dit is tyd dat die wereld leiers moet weet wat in jou eie land SA aangaan met vroue en kinders wat op n daaglike basis vermoor en verkrag word.

Mariana ·

Wat ‘n verwaande man is hy nie. Hy kan nie eers sy eie land en mense red van ‘n gewisse dood nie. Altyd die bedelaar, maar self lewe hy soos ‘n koning. Wat doen hy hier om sy eie mense te help……niks absoluut niks. Hoekom stel hy nie ‘n kommissie aan nie, dis darem een ding wat hy goed kan doen. Bedelaarskommissie!!

Pieter ·

nee ou ramaposa, jy staan nou net weer bakhand, wat het jy nou die dag gese “Africa in not beggers” . Sorteer jou eie gemors uit

Marianna ·

Ek het gedink ons wil nie bedel nie, Cyril. Skaam jou om so blatant te staan en bedel. Wat maak jy met al die geld wat so van die Wit lande af kom? Al skenk die wêreld hoeveel geld aan Afrika, sal dit nooit genoeg wees nie. Die put het nie ‘n bodem nie en die Afrika leiers het groot sakke. Cyril, jy is vinnig op jou agterpote om ons SA wittes te verneder deur nie ag te slaan daarop hoe ons boere vermoor word nie en nou gaan vertel jy vir die Oosbloklande hoe hulle ‘n oorlog moet stop. Magtag man, ek gee op.

Louis ·

ramaposa moet hom liewer uit dinge hou wat hom nie aangaan nie en eerder sy aandag in sy eie land hou wat op die oomblik deur sy anc regering besig is om te verbrokkel.

Althes ·

Mnr Ramaphosa dis jou Brics vennoot Rusland wat die oorlog begin het. Duisende onskuldige mense het gesterf, kinders wat wees is en mense wat ontwortel is.
Rusland wat skepe met graan bombardeer.
Miskien moet u Rusland kritiseer en nie die VN en die res van die wêreld nie?

annie ·

Maar om skielik manhaftig te raak en agteraf na Biden te hardloop is dom want weersin bou op teen die DA en Kaapses wat nou op die VSA reken. Dit is waar dat Cyril die pot misvsit oor Israel tov van die Palestyne maar sou dit ‘n kwessie word gaan die DA met sy visier op Kaapland as Republiek probleme ondervind wanneer die ANC sy voet neersit… en ou Biden sal nie ver vorder nie, tensy julle wil oorlog maak oor die saak. Mens moet dink voor jy instorm vol bravade.. net oor ‘n skippie…

Sê maar net ·

Ja, Rama. Jy kannie eens vrede in jou eie land bewerkstellig nie, maar jy wil aan die wêreld voorskryf hoe om dit te doen. Jy maak jouself belaglik!! :-(

Chopper ·

Hy soek ook maar net ‘n ou extra geldjie, raak jaloers dat Zelenski so baie kry en hy moet bedel vir sy stukkie

Johann ·

Vermetelde, arrogante, bakhand LEUNAAR! En hy dink die wêreld hang aan sy leunaar lippe! Skaam my GAT af om te dink hy staan daar as ‘n Suid Afrikaner. ANC KLUG!!!!!

Jannie van Niekerk ·

Mnr Ramaphosa: Die Internasionale gemeenskap skuld Suid Afrika NIKS. Die Suid Afrikaanse regering moet eerder die R100 miljoen rand wat hy per maand aan elke parlementslid en munisipale raadslid per maand betaal verminder na ‘n maksimum van R 10 000 per maand (byvoordele ingesluit) en die geld eerder dan aanwend om armoede te verlig onder die mense wat REGTIG arm is in plaas daarvan om parlentsledede en munisipale raadslede wat alreerds almal multimiljoeners nog verder te verryk

Marthinus W ·

As ek kyk na sommige opmerkings, kan ek nie verstaan waarom my kommentaar geskrap is nie. Wie is die moderator wat ses ure gelede aan diens was? n Kind?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.