Ramaphosa verbreek stilte oor Rusland

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane.

“Suid-Afrika staan ferm aan die kant van vrede in ʼn tyd wanneer nóg ʼn oorlog iets is wat die wêreld nié nodig het nie, en ook nie kan bekostig nie.”

Só lui pres. Cyril Ramaphosa se jongste nuusbrief waarin hy hy hom eindelik uitlaat oor die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraïne. Die president het tot nou toe geswyg oor Rusland se inval in Oekraïne en ’n petisie is selfs onlangs begin waarin hy versoek is om standpunt in te neem.

Ramaphosa sê nou hy glo dat onderhandelinge tussen Rusland en Oekraïne kán en móét plaasvind.

Ramaphosa meen Suid-Afrika se destydse bereik van demokrasie getuig daarvan dat vrede deur onderhandeling en nie noodwendig “deur die loop van ’n geweer” nie bereik kan word.

“Selfs oënskynlik onoplosbare verskille kan by die onderhandelingstafel opgelos kan word,” hou hy vol.

Suid-Afrika was juis weens dié standpunt een van 35 lidlande van die Algemene Vergadering van die VN wat verlede week buite stemming gebly het oor die resolusie waarin Rusland veroordeel is vir sy inval in Oekraïne en daar geëis is dat hy sy magte onttrek.

Oekraïense soldate
(Foto: Anatolii Stepanov/AFP)

Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse regering is bekommerd dat die VN se veiligheidsraad nie in staat is om sy verantwoordelikheid na te kom om vrede en veiligheid te handhaaf nie.

“Selfs voordat die resolusie verlede week by die VN aanvaar is, het samesprekings tussen Russiese en Oekraïense amptenare reeds begin. Suid-Afrika het verwag dat die VN-resolusie in die eerste plek die aanvang van dialoog tussen die partye sou verwelkom en sou poog om die voorwaardes te skep vir hierdie samesprekings om te slaag.

“In plaas daarvan is die oproep om vreedsame oplossing deur politieke dialoog gedelegeer tot ʼn enkele sin naby die einde van die finale teks. Dit verskaf nie die aanmoediging en internasionale steun wat die partye nodig het om voort te gaan met hul pogings nie,” meen Ramaphosa.

“Die VN-handves beveel lidlande om hul geskille op vreedsame wyse te besleg … Sedert die uitbreek van die konflik tussen Rusland en Oekraïne, was Suid-Afrika se standpunt om hierdie oproep te bevestig.”

(Foto: Anatolii Stepanov, AFP)

Ramaphosa sê Suid-Afrika se versoek vir onderhandeling en dialoog tussen Rusland en Oekraïne beteken hoegenaamd nie dat hy nié verbind is tot die beskerming van menseregte nie.

“Ons het sedert die uitbreek van die konflik ons kommer uitgespreek oor die impak daarvan op burgerlikes. Ons glo dat oorlog nie die oplossing vir konflik is nie en dat dit tot menslike lyding lei.

“Dit is ons hoop dat onderhandelinge tussen Rusland en Oekraïne positiewe uitkomste sal oplewer wat die weg baan vir ʼn einde aan die konflik.”

Ramaphosa sê voorts elke poging van die internasionale gemeenskap moet daarop gerig wees om samesprekings tussen Rusland en Oekraïne te ondersteun, en om die twee kante bymekaar te bring.

“Ons doen almal ʼn beroep op Rusland en Oekraïne om hierdie konflik aan bemiddeling te onderwerp en alles in hul vermoë te doen om ʼn ooreenkoms te bereik wat sal lei tot die beëindiging van vyandelikhede.

“Rusland en Oekraïne – twee bure wie se geskiedenis, volke en lotgevalle onlosmaaklik verbind is – verdien ʼn vrede wat duursaam, volhoubaar en blywend is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

casper ·

Man Ramaposer – jy en jou hele klomp skelm boeties is alles verskuldig aan Rusland en sal NOOIT enigiets se of doen om julle meesters se gevoelens seer te maak nie !!

Nici ·

Mense ken nie hul geskiedenis nie en begryp nie werklik die omvang van die komplekse probleme nie.

Anel ·

Sovêr ek verstaan het Rusland Oekraïne binne geval en nie andersom nie. Mense vlug uit Oekraïne. Dar het nog nie ‘n bóm in Rusland geval nie. Niks is daar vernietig nie en geen mens is daar gedood of beseer nie. So wat nou? Neem standpunt in teen Rusland. Maar om buite stemming te bly is so goed as om met Rusland saam te stem. Hoe dan anders? Dit is dan die ANC se bondgenote. Mag net nie teen hulle opstaan nie. Skuld is te groot!!!

VaalDonkie ·

Weet jy hoeveel Russe is al dood in die ooste van Oekraine in 8 jaar se gevegte?

Faraway ·

Putin dreig met kern . . . almal skree vrede . . . Skielik gaan ons oorval word

domheks ·

En so word Siener van Rensburg se voorspellings waar! Rusland sal oorlog begin!!

Samuel ·

Nee, nie Siener van Rensburg nie, masr due Bybel, die woord van God.

Manda ·

Daar is nie tyd vir samesprekings en lagotlas nie el Presidente. Dis ook nie SA waar baie praat nooit tot niks kom nie. Om ‘n vredesame opposing te kies is nie standpunt inneem nie. Dis om op die draad te bly sit.

VaalDonkie ·

Ek stem vir ‘n slag saam met hom. En mens hoef nie altyd kant te kies nie. Daar is al 8 jaar lank konflik in die ooste van Oekraine. Niemand het daarvan geweet nie, en lyk my nou gee niemand om nie. Die geskiedenis bestaan mos nie meer nie. Elke dag is dag 0.

Jr ·

Vaal donkie dit affekteer jou nie? . Petrol per vat 130$. Word wakker, kos op alles duurder. Ekonomie het al klaar geval. Besighede verloor. Om Rusland te sanction of net te verdoem is nie oorlog of kant kies. Jy sit duisende myle weg so jy is nie geaffekteer. Pasop 3rde wêreld oorlog begin nie en JY word geaffekteer.

VaalDonkie ·

Jy is natuurlik welkom om op ‘n vliegtuig te spring en te gaan help baklei as jy wil. Los net my en my familie uit. Ons het klaar ons beurt gehad.

JL ·

Ondersteuning! van een “Demokratiese” verkose land aan ‘n ander Demokratiese verkose land. Red ‘n volk.

Jaada ·

Jy is baie dom om te dink Rusland sal werklik onderhandel, sal nooit herken hulle het ‘n fout gemaak nie.

Tanniepetoors ·

Draadsittery op sy beste van onse Prez. Net maar nog ‘n oligarg.

Alta Alleman ·

Kies maar die woorde baie goed sodat daar nie kant gekies word nie….ja ja ja….whatever

Dries ·

Hoe op aarde sal die VN luister na die grootste leeuenaar en president van n misdadiger organisasie soos die ANC

Toy ·

Oorlog is nie ‘n oplossing nie, dit het ‘n rimpel effek. Kan daar nie net vrede weees in die wereld nie.

Wat Wou ·

So goed jy vra of die wereld nie maar sonder satan, die vader van boosheid kan wees nie.

Faraway ·

Eenvoudig . . . hierdie plek is nie ons permanente tuiste nie.
Selfs nie eers in Tuin van Eden was daar vrede nie . .

CA ·

Solank ons almal hier ook dieselfde morele helderheid openbaar elke keer wanneer die Weste ‘n land binneval, in puin lê of aanvalle ondersteun. Anders moet ons hand in eie boesem steek oor selektiewe verontwaardiging, en wat die rede daarvoor mag wees.

Marthinus W ·

VoorAmerika Irak binnegeval het, het hulle meer as n miljoen skoolboeke per jaar gedruk; daarna niks…die infrastruktuur is vernietig. Familielede het vir die State Dept gewerk wat bomme wat nie ontplof nie, moet karteer en onskadelik stel – die land is vervuil daarvan. In Iran het 500 000 kinders gesterf weens VN-sanksies wat op versoek van Amerika ingestel is. Madeleine Albright het gese dis n prys wat Amerika bereid is om te betaal. So kan ons aangaan…

Heather ·

As ons regering glo dat oorlog nie ‘n oplossing is vir konflik nie, wat maak ons soldate dan in Mosambiek?

david ·

lekker ou neutrale rat Cyril. Maar as jy dalkies onthou–julle Hoepriester. Desmond Tutu het eenmaal iets kwytgeraak–“as jy by onregverdigheid staan, en jy kies neutraliteit is jy net so skuldig soos die oortreder.
Dink bietjie daaroor.

Harley Davidson ·

Niks in Suid-Afrika is opgelos nie ons het apartheid gelos net sodat die ANC kon voortgaan met diskriminasie teen huidige benaadeelde minderhede.

Genis ·

Ramapadpot… jy weet seker wat is n draadsitter? Jul is so ver in die skuld met Rusland en China, dis net nie waar nie…

Wat Wou ·

Genis, onthou, in die anc se drie party aliansie speel die suidafrikaans kominustiese party n groot rol.

Dries ·

Putin is besig om onskuldige vrouens en kinders wat vlug te vermoor op die grense. Huilende smekende mense maak geen indruk op nmisdadiger presidentr nie

Amelia ·

Die lang stilte was seker oor dit die publieke beeldpoetsers ‘n tydjie geneem het om hierdie mooi broodjie klaar te bak. Die opdrag was seker, maak ons hoogheilig lyk sonder dat ons standpunt hoef in te neem teen ons boesem pêlle.

minnie muis ·

communinste staan altyd saam ….. en nou gaan mm my seker weer check

Swerwer ·

Wau!!! Mnr Ramaphosa jy sê die “Suid-Afrikaanse regering is bekommerd dat die VN se veiligheidsraad nie in staat is om sy verantwoordelikheid na te kom om vrede en veiligheid te handhaaf nie,” maar wat pas jy in ons land toe. Jou woorde moet mos dan gestand gedoen word in ons land. Dan moet die ANC Regering daadwerklik besin oor hierdie kragtige woorde van Mnr Ramaphosa, en oorgaan tot aksie dat daar vrede en veiligheid in ons land kan wees. Sien is glo

Johann ·

Rugraatlose Comrade pleaser! As ek OOIT ‘n absolute disrespek vir jou gehad het, is dit vandag. Gaan braak jou leuns en miskenning van die lewens van onskuldige mense aan die wat elke dag die hel wat jou COMRADE Poetin op hulle loslaat moet ervaar.

Jys in jou wese n gewetenlos terroris en anargis wat met n smile sal toekyk hoe lewens verwoes word, terwyl jy die aanvaller beskern met absolute snert!

En wie dunk jy is jy? Om die beskaafde wereld te wil voorsê wat JY dink moet gebeur? Sê als….jy gaan nog in ons eie land massa moord regverdig met jou interpretasie van reg. SHAME IN YOU!!!!!!!!!!!

Marthinus W ·

Amerika is agteraf besig om die 35 lande wat nie gestem het nie, by te kom en te druk om teen Rusland uitspraak te lewer. Imran Khan van Pakistan se antwoord was: “Amerika, ons is nie julle slawe nie. Dis nie diplomasie nie.” Dis afpersing, sodat die skynheilige Amerika en Navo more weer onskuldige lande kan binneval.

Porseleintjie ·

Regverdig hy nie reeds massamoord nie? Hy skitter in sy afwesigheid tydens elke plaasmoord.

Jr ·

Man Cyril the Squirrel jy het nog steeds niks gesê nie. Jou glibberige praat oor onderhandeling beteken sweet fanny adams. Jy is tipiese politisien. Praat maar sê niks. MOENIE SÊ SOUTH AFRICA, SAY ANC. YOU DO NOT SPEAK FOR ME AS A SOUTH AFRICAN. YOU HAVE NO RIGHT TO DO THAT. You are not my president, you are the president of the ANC

Louisepretorius ·

Die wereld is siek.die duiwel regeer. Poeting moet verwyder word uit sy Amp hy is gek!!

Jannie van Niekerk ·

Ek verstaan SA se sagte hantering van Russiese terrorisme teenoor Okraïene nie maar wel die agresiewe houding wanneer Israel optree teenoor Palestyne terroriste nie. Dis vir my onverstaanvaar. Wat verskil die ANC se Russiese helde teenoor hulle Israeleise vyande? Ek personnlik verafsku Rusland en bewonder Israel.

piet ·

Israel is glad nie so onskuldig nie. Hulle moet wegbly uit Palestynse gebied, dis nie hulle s’n nie. Die Palestyne probeer hulle eie grondgebied beskerm, as jy dit dan terrorisme noem, noem dit dan maar so. Dieselfde storie met ons destydse grensoorlog in SWA. Die stryd het eintlik gegaan oor SWAPO wat vir die onafhanklikheid van SWA geveg het, niks met terrorisme te doen gehad nie. SWA was onder SA administrasie vir jare (tydelik volgens VN resolusie) maar was nooit deel van SA nie. Ons korrelkop regering van daai tyd wou egter nie laat los nie en het gereken SWA is nou maar deel van SA. Toe kom hulle met die wolhaar-storie dat ons veg teen terroriste en kommuniste (seker omdat Kuba en Rusland die onafhanklikheidsbevrydingsorganisasies gehelp het). Lees maar die geskiedenis, die ogies sal oopgaan.

Jannie van Niekerk ·

Goeiemore Gospodin Pjötr. Ek lei af dat jy vanoggond jou rooi hamer en sekel T-Hemp aanhet. Dit wil voorkom asof jy Rusland se inval in Oekraïne baie goedgesind is. Net soos jy sê Israel moet wegbly uit Palestina, net so sê ek vir jou dat Rusland moet wegbly uit Oekraïne. Of glo jy dat hulle ‘n reg op daardie landgebied het? En aangesien jy so lief is vir Rusland en Kuba is jy seker ook een van diegene wat bemarking doen dat ons Kubaanse dokters en Ingenieurs moet invoer ten koste van ons eie dokters en Ingenieurs net omdat hulle wit is? Nee meneer, jy het jou beskouïng en ek het myne. En myne is dat Rusland en Kuba agressors is.

JohanR ·

Maak ‘n besluit oor enigeiets Cyril asseblief tog……ENIGEIETS…..maak net ‘n besluit!

Willem ·

Dis swak dat Ramaphosa nie standpunt teen die agressor inneem nie? Sy hele sop storie se eintlik niks nie…

Thea ·

bwhahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahaha

Johanna ·

Draad-Sitter. Staan aan die kant van VREDE….
Dit sê net mooi niks.
Die hele spul hartdloop mos saam.met Zimbabwe na Russiese Hospitale en Dokters toe.
HY MOET MOOI WEET, RUSLAND SAL NIE SKROOM OM BO-OOR DIE ANC TE LOOP NIE.

Ek kan nie wag dat a SkerpSkutter PUTIN uithaal nie.

Johanna ·

Die wereld gaan wragtig sit en kyk hoe Ukraine uitgemoor word deur n DIKTATOR.
NIEMAND LIG N VINGER NIE.
SHAME ON YOU!!

My siening ·

Daar is geen verskil tussen Rusland en SA DIS N KOMMUNISTIESE KORRUPTE REGERING EN LEIERS VIR EIE GEWIN! EK is skaam vir die sirkus regering en kader skelms. Ukraine ek glo aan jul onskuld jammer ons kommi regering is n klomp slapgatte in russe se gat!

Eugene ·

Hoe kry iemand wat so ooglopend dom-onnosel is dit reg om aan beheer te bly. Die EU en VSA beteken vir ons 100X meer as die russe. As hulle strafmaatreëls teen ons neem is ons ekonomie in sy peetjie en ramaphosa sal nog steeds die laaste paar rand vir Kuba wil gee. Dis n dom besluit om nie teen Rusland te stem en as ramaphosa dit nie besef moet hy liewer sy goed vat en loop

Marthinus W ·

Amerika het ons gedwing: as ons nie hulle oorskiet hoender (vlerkies, drumsticks, ) vat nie, mag ons nie ons wyne uitvoer na hulle nie. Nou sit ons met n oorskot Amerikaanse hoenderstukke wat in suur “skoon” gemaak word voor dit vir ons gestuur word. Vandat Amerikaners Pioneer Foods oorgeneem het, moet ons sien hoe geliefde plaaslike produkte soos vissmeer en Tamatiesous Simbatjips vernietig en gestaak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.