‘Ramaphosa wek indruk dat wit mense die probleem is’

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: ANA

Dr. Pieter Groenewald, die VF Plus-leier, het Vrydag gesê pres. Cyril Ramaphosa se woordkeuse toe hy tydens ʼn onlangse onderhoud op 702 oor Andile Mngxitama se rassistiese uitsprake uitgevra is, wek die indruk dat die werklike probleem in Suid-Afrika eintlik wit mense is.

Ramaphosa se uitsprake tydens dié onderhoud met Xolani Gwala het verskeie lede van die publiek warm onder die kraag gelaat. Gwala het Ramaphosa onder meer uitgevra oor die bevordering van nierassigheid en eenheid in Suid-Afrika en spesifiek verwys na die onlangse uitlatings van Mngxitama, die leier van Black First Land First (BLF), wat gesê het vir elke swart mens wat doodgemaak word, sal die party vyf wit mense doodmaak.

Mngxitama het belowe BLF sal wit mense se “vroue doodmaak, ons sal hul kinders doodmaak, ons sal hul honde doodmaak, ons sal hul katte doodmaak, ons sal enigiets doodmaak wat ons aantref …”. Sy skokkende uitsprake het tot talle klagtes by die polisie, gelykheidshof en Menseregtekommissie gelei.

Toe Ramaphosa egter hieroor uitgevra is tydens die onderhoud, het hy nie soos talle verwag het die uitsprake veroordeel nie, maar eerder geantwoord dat daar eers na Mngxitama se woorde gekyk en bepaal moet word of dit verteenwoordigend is van ʼn groter gemeenskap en of dit “’n alleenstem buite in die wildernis is”.

Ramaphosa het daarna die onderwerp verander na apartheid en die jare wat swart mense onderdruk is en gesê ondanks dié verskriklike omstandighede het swart mense en “veral die ANC” nog altyd ʼn hand uitgereik en ʼn projek van nierassigheid in Suid-Afrika bevorder.

“’n Projek waar ons ʼn nasie bou uit die as van rassisme en die as van haat … die as van onverdraagsaamheid. Dit is waar ons ʼn wonderlike geleentheid het om ʼn nasie te bou,” het die president gesê.

Andile Mngxitama.

“Ons kan nie weens die haat van sommige wit mense begin om die hele wit gemeenskap te definieer as haters van swart mense nie. Ons moet daardie mense wat swart mense haat en rassisties is, isoleer. Ons moet hulle leer wat die beste manier is om ʼn nasie te wees. Ons kan nie verminder word tot dit wat mense met haat in hul harte sê nie.”

Groenewald het dié reaksie as teleurstellend bestempel. “Dit is teleurstellend dat hy eerder die fokus na wit mense verskuif asof dit hoofsaaklik ʼn wit probleem is,” sê hy.

“Ramaphosa het daarop gesinspeel dat rassisme nie algemeen onder swartes voorkom nie en dat Mngxitama waarskynlik net ‘een stem in ʼn wildernis’ is. Hierdie woordspel van die president wek die indruk dat die werklike probleem in Suid-Afrika wit mense is terwyl die probleem ter sprake die haatdraende uitlatings van Mngxitama is. Dit sluit aan by uitsprake van EFF-lede in die parlement wat goed gedokumenteer is,” sê hy.

“Enigeen sal saamstem met die president se uitlatings dat almal in die land verdraagsaam moet wees en mekaar moet verstaan en omhels. Maar om te sê dat ʼn nasie tans gebou word uit die as van rassisme, haat en onverdraagsaamheid wek die indruk dat alle probleme rakende ras net aan wittes toegeskryf kan word. Dít terwyl rassisme, soos tans gesien, hard en duidelik deur die BLF en sy ondersteuners aangeblaas word.”

Groenewald het beklemtoon dat die VF Plus gekant is teen enige vorm van rassisme, maar sê as die president rassisme daadwerklik wil aanpak, sal hy dit onder wit én swart landsburgers moet aanraak. “In hierdie geval moes hy Mngxitama se uitlatings sonder voorbehoud veroordeel het. Hy doen dit egter nie en probeer inteendeel met woordspel om die rassisme op wittes te projekteer,” sê hy.

“Die president verteenwoordig almal in die land en dit is jammer dat hy ʼn gulde geleentheid laat verbygaan het om rassisme in die algemeen te veroordeel en nasiebou te bevorder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

117 Kommentare

Ekke ·

Met jou perfekte engels en slinkse antwoorde meneer die president, wys dit net weereens dat jy nes al die ander is want jy wil die verkiesing wen want die geld en mag is goed. Elke ou vir homself, ne meneer?

Hannetjie ·

As dit ‘n blanke was wat dieselfde as Andile sou kwytraak jeens mense van ander kleur..was hy onmiddelik tronk toe en heelmoontlik dood in sy sel gevind

willie ·

Is dit enigsins ñ verrasing wat hy gesê het? NEE! Onthou waar hy vandaan kom en waarvoor hy staan, die padda se water word warem en op hierdie stadium beheer hy die termometer! Ja tragies!

Paul ·

Altwee CR se oë was op die 2019 algemene verkiesing gerig, en nie op die realiteite van die onderhoud nie. Hy sien hom dus eerder as die president van die ANC as president van die land om punte aan te teken. Al wat dus nou saak maak is die ANC wat die verkiesing moet wen en vir hom om die presidentskap te behou, ten all koste, en ongeag, kyk ook wat het in in daardie selfde onderhoud oor Me Dlamini kwytgeraak, ook oor die benarde finansiele posisie san die SAL, en damn met die res. Dit wittes en hul verlede wat hy kan verguis is in die tyd vir hom soos ‘n welkome padda om elke keer op te tower en weer stadig te kook.

Wessel ·

Ek sien nou Google het die BLFman se YouTube video geblok, dan weet ons mos nou hy is al reeds sy Twitter rekening kwyt. Ten minste doen daardie mense darem iets. Dalk moet ons Google vir president kry.

Paul ·

Kyk, betreffende CR, hy is te slap in die knieë om van Dlamini ontslae te raak, soos ook met ander onbevoegde ministers, hy wil nie as die slegte ou gesien word nie, want dit sal hom stemme in die party kos, maar hy sal dan eerder toesien hoe die DA hom oor die aanstelling hof toe vat dat die hof (dus iemand anders) kan besluit of hy reg was in Dlamini se aanstelling waar hy nou gesê het sy doen fantastiese werk en of hy irrasioneel opgetree het, dan is CR nie die vark in die verhaal nie. Wat ‘n Man het ons nie in hierdie president nie!!!

Geregtigheid ·

Na 24 het die ANC niks gedoen om die land op te bou nie. Hulle vernietig die strukture wat aan hulle gegee is. Na soveel lewe hulle nog in die verlede en het geen groei getoon nie. Hulle as POLITICI het SA burgers verder uit mekaar gedryf. CR is nie werd die amp wat hy beklee nie. Hy kan nie regt van verkeerd onderskei nie.

Hendrik van George ·

Wat vir my hartseer is is dat alliansie vennote alles in hulle vermoë doen om die land te vernietig. Die ANC met sy kader ontplooiing het onherstelbare skade aan gerig, COSATU verseker dat dié wat nie werk het nie NOOIT sal werk kry nie en dié wat wel werk, nie lank hulle werk sal behou nie. Laastens hang die SAKP seker een van die mees uitgediende ideologieë aan. Hoe kan enigiemand iets anders as ‘n totale mislukking van SA verwag met sulke mense wat besluite neem nie. Die potensiaal wat SA gehad het om iets besonders te wees na 1994, het lankal verdwyn. En dan wonder mense nog of hulle moet bly of gly…..

Jan ·

Nee cr is slimmer as wat jy dink.hy is op alle terreine n wenner en hy slaag daarin om die afrikaners stadigaan uit te wis…dis tog sy einddoel.het jy regtig geglo hy gee om vir demokrasue ens…dan was jy aan die slaap..

Lollie ·

As die hoof leier van ń land nie eers die regte ding kan doen nie waar kom die res in? Watse voorbeeld is hy vir enigeen? Hy is ń puppet on a string en kan eintlik niks op sy eie besluit of doen nie!

Hector Jooste ·

Dit raak tyd dat witmense in SA sal ophou om hulleself te mislei. Ramaphosa is nie witmense in SA se vriend nie. Hy is inderdaad witmense in SA se vyand nommer een. Met ‘n president wat uitlatings maak soos wat hy maak, het niemand nog enige vyande nodig nie. Die waarheid is dat Ramaphosa blanke Suid-Afrikaners se ergste nagmerrie is. Hy is die een wat met sy uitlatings moorde op blankes goedpraat. Wat anders? Laat ons die ding by sy naam noem! Let us call a spade a spade. Hou op draaie loop! Word wakker!!

robert naude ·

Stem. Dit is ook hoekom nie een van die leiers van die eff / anc vervolg word nie.

zoom zoom ·

As hy oorsee in ‘n onderhoud kon lieg oor plaasmoorde en in die parlement oor die R500 000 dan is dit nie ‘n verrasing oor sy antwoord op 702 wat deur die blf se leier gedoen is. VR is so bang vir die ANC kaders want as hy nie sê wat hulle wil hoor mie is ou Paddaman sy Nr1 job kwyt

Die wolf in skaapklere! ·

Daar is dit nou aan elke liewe blanke in Suid Afrika so duidelik soos daglig wat die einste ou Ramapokker die paddakoker wat hy van die blankes dink! So hou nou asb op vra hoekom hy nie optree teenoor die Malemas en die Andiles nie ….Hy deel die selfde sentiment as hulle!
Nie te moeilik om te verstaan nie ne maar as jul dit nie wil sien en glo nie dan is dit n ander saak! Weet waar jul met die wolf in skaapklere voor julle staan blankes van Suid Afrika! Sien hom vir wat hy is! Hy haat blankes net so erg maar laat ander sy vuil werk vir hom doen….

Paul ·

Nee, nee, nee, hy haat verseker nie alle blankes nie, hy en Roelf is dan sulke groot vriende, wel dis wat Roelf ons nou en dan laat verstaan, maar CR spraak geen sprook, ek het dus ‘n idee padda Roelf het destyds al in sy skoot (pot) beland.

nic ·

ramaposa is n unieke toneelspeler hy gee zero om vir blank en nieblank armes stel net belang in swart besighede en Anc belange . nic

Snowball ·

Net nog ‘n ANC kadertjie; skuif blaam en lieg tot hulle uitgevang word. Daar is baie swartes soos Lekota wat hom openlik kon uitspreek teen die BLF, maar dié sg president probeer so hard stemme werf, met ras diskriminasie dis eintlik pateties. Malema was reg oor hom….het nie “guts” nie.

PieterJohannes ·

Die skrif is aan die muur. Dit is ook duidelik dat hy net sy potensiële kiesers in gedagte het. Die probleem met demokrasie is dat minderhede eintlik geen seggenskap het nie. Hy moet nie op te veel tone trap binne of buite sy parlement nie. Die ANC en die werwing van stemme is belangriker as die waarheid. Is dit nie maar net ‘n herhaling van die geskiedenis nie? Mugabe was ook seepglad met woorde en het sodoende sy land vernietig. Tog kon hy vir dekades lekker lewe en aanhou om die wittes die skuld vir alles te gee. CR, in sy onderhoud op 702, brei hy ook uit oor verhoogde minimum lone wat kwansuis welvaart sal skep. Hy moedig niemand aan om produktief te wees of beter opleiding te kry nie. Hoe dwaas is dit? Die ergste is dat hy ‘n “New Dawn” vir SA voorspel. Weet hy nie dat die vergieting van onskuldige bloed eerder ‘n vloek en ellende vir jou land voorspel nie? Laat hy hom maar blind hou. Hy sal self daarvoor verantwoording doen. Vraag is wat gaan ons doen? Ons weet klaar wat hy gaan of wil doen. Of hy dit gaan regkry is ‘n oop vraag.

Jacqui ·

Vir my kom dit voor dat CR sinspeel dat ons moet kyk of dit n groep of n enkeling se gevoel is heens blankse en dat ons moet besef dit is nie n enkele stem in die wildernis nie, maar eerder baie wat so voel. So n bedekte dreigiment aan blankes, die paddas in die kookwater.

Cornelia ·

Ramaphosa verteenwoordig slégs die anc en swart radikalisme. Hoe word sy presidentskap onder “meerderheids regering” na ander toe gekanaliseer? Die anc is nie ‘n vrome en onskuldige regeermag nie. Ramaphosa is nie ‘n staatshoof nie. Hy is bloot die anc se uitvoerende beampte. En die pos vereis swart bemagtiging ten alle koste en teen enige prys. Is u teleurgesteld Dr. Groenewald. Dan is dit duidelik dat die meeste vd Afrikaner volk u reeds ver vooruit is. Want hulle weet reeds wat om nié van die anc en sy uitvoerende hoof te verwag nie. Dit is darem nog nie te laat om wakker te skrik nie.

honourable member ·

Dis hoekom die wit man nie meer sopkombuise moet ondersten nie. Onder stern sleg organisasies war wittes help. Ek het Lanka begin…. boikot rassiste

penny ·

Waarvan praat rammapaddpot ?wat van al hul rassistiese BEE wette ons betaal baie belasting maar is 2de handse burgers ons moet ophou om belasting te betaal !!!

Dandre ·

Ons het ‘n wonderlike land met wonderlike mense. Die politisie is besig om haat te kweek en ek begin wonder of ons besig is om dieselfde pad te stap as die Hutu’s en die Tutsi’s….

Johan. ·

En is dit n verrassing dat cr witmense as die sondebokke maak? Hy is die leier van die anc after all…..

Bekommerd ·

Mr Ramaphosa jy maak my regtig bekommerd deur die bal na die wittes te gooi. Ek het gedink jy sou jou nierasriese gedrag navore bring, maar nou lyk dit eerder of jy ook met woordspeling rasisme aanblaas. Jy is besig om aan die eenkant rasisme dood te slaan en die anderkant steek jy dit aan die brand. M.a.w. jy vorder niks. Inteendeel lyk eerder of jy in die opsig agteruit beweeg.

Boer ·

Maak seker jy en jou huis oordenk môre die gelofte wat ons voorvaders by bloedrivier gemaak het. Ons gaan dalk binnekort weer sò met ons rug teen die muur met net ons Skepper aan ons kant staan.

HPV ·

Die een is soos die ander binne die anc regime, niks gaan verander op die vernietigingspad wat hule gekies het nie, mikien die spoed daarvan. Dit word egter daagliks gevaarliker vir blankes deur hul blatante aanhitsing en opsweping tot geweld, selfs moord, teen blankes. Die tyd het aangebreek dat ons die dreigemente ernstig opneem, minder praat selgroepe organiseer en mobiliseer voor dit te laat is.

RG ·

Dankie, weereens VFPlus dat jul namens ons opstaan. Ek sê, gee vir die BLF, EFF, ANC en ons “honnorable President” almal ‘n permanente podium waar hulle 24/7 hul gal kan braak teenoor wittes sodat die ganse wêreld kan sien waarmee ons nou al vir 360+ jaar deel, nie net sedert Apartheid nie en wie die eintlike rassiste is. Mag dalk help met hul woede kranklikheid.

Antjie ·

Baie dankie, RG, vir jou openlike en nie-emosionele realiteit! Dis vir my hartseer dat ons mede-landsburgers nie mense met integriteit en respek vir almal in leiersposisies kan kry nie. Skielik lyk CR ook bang vir sommige mense. Dit laat mens wonder wat hy wegsteek wat ander as hefboom (mag) gebruik om hom ook te “kaap”. As al daardie geld darem vir infrastruktuur en werklike armoedesorg gebruik kon word! Witmense sal nog die skuld kry dáárvoor ook! Ek hoop die tyd kom gou dat ons weer vir werklike integriteit en naastediens erkenning kan gee in ten minste 90% stemme. Ek wil só graag weer al my naaste kan vertrou!

penny ·

Gaan lees bietjie na oor die president van waar kom hy ,wie was sy naaste comrades ,dan sal jul verstaan hoe kon hy Roelf Meyer en kie om die bos ly,mond baie glad !!!!

christa ·

MNR RAMPOSA DIS TYD OM TE VERDUIDELIK EN BAIE VINNIG OOK JY IS SEKER OOK KOPNRN EEN MIS MET PLAAS MOORDE HOEKOM DOENJY NIKS EN JY PRAAT DIT NET ELKE KEER WEG .

Neutraal ·

Ek wonder waar is oom de Klerk. Ons hoor geen uitspaak van hom nie. Werk hy agter die gordyn of sit hy in sy gemakstoel

PJ ·

Neutraal oom de klerk en kie werk aan die wigte en teenwigte wees net geduldig alhoewel hy op n keer gesè het die anc het vir hulle gelieg

Willem ·

Vraag: Wat sou reaksie wees as mnr Groenewald gesê het vir elke witte word 5 swartes doodgemaak. Hul vrouens kinders ens ens?

Gerrit ·

Onnoselheid is die probleem , nie velkleur nie. Doen goed en wees gelief , doen sleg en word verag . Straf wit mense as rookskerm vir onvermoe en lae IK . Hoe kan n minderheidsgroep van elders n meerderheidsgroep boelie in hulle eie land vir 400 jaar en nou eers wil regstel . Vergeet van wit en swart . My hare en vel is effens donkerder as my seun sin . Dis is hy meer skudig as ek . Die slimmer meer beskaafde sal voorspoed beleef ongeag wit of swart. Politiek en media doen meer kwaad as goed.

Anoniem ·

En die wenner is …………… Mnr Die President se oogappel en spreekbuis want Hy is dalkies ook ‘n begunstigde en sê net wat die MASSAS wil HOOR so voor die volgende verkiesing !

Kerneels ·

CR en Kie bedel geld by wit mense buitekamt die land om hulle onkunde te verbloem te wyte aan die regering van 25 jaar gelede, terwyl hulle BBBEEE gebruik om die minderheid wittes in sy eie land onderdruk en ignoreer.

Anne ·

En sy aangeplakte engelse aksent om die buitelanders te beindruk , pateties.

Callie ·

Hoe bekommerd moet ons normale wittes nie raak. Ons wat sien hoe lieg Ramaphosa op nasionale tv oor plaasmoorde, ons wat besef hy het in sy lewe nog geen woord oor plaasmoorde gerep, hy wat vir jare langs Zuma gesit het en toekyk het, moontlik gedeel het in staatskaping, hy wat Dlamini Zuma prys as daar bevind is sy is onbevoeg, hy wat lieg en al 3 stories het oor die 500 000, hy wat blf se beroep om wit mense te vermoor verdraai en wittes beskuldig van rassisme. Hoe hoog is jou ik as wit liberalis om te glo hierdie man wat wit mense soos paddas wil kook gaan vir jou as witman eendag dalk welkom gaan heet in die land. Die land wat hy en sy kaders tot rommelstatus laat verval het. Gaan sit en dink mooi. Word wakker

H fyfer ·

Waar is FW en Roelf en Max nou na die rasistiese uitsprake en moorde teenoor Blankes.Hulle stilte is oorverdowend en maak maak my siek tot in my siel.Die liberales swyg ook soos die nag , seker te besig om te emigreer Kanada toe.
FW en Roelf onthou dit is Gelofte dag more, hoop ons sien julle daar.
Weskus groete.

Hoc est bellum ·

As hulle (ANC-lede) in Rusland of Kuba “opgelei” was, was hulle opgelei as meesters in die kuns van disinformasie. Dis nie wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê. Die ou Suid-Afrika se politici was 100% in die kol toe hulle na die ANC en sy kommunistiese bondgenote as die Rooi Gevaar, Swart Gevaar en Totale Aanslag verwys het. Hierdie tipe woordspelings gaan ‘n hoogtepunt net voor die verkiesing bereik om stemme te werf. Die anti-Witaanslag gaan in al hoe meer felheid toeneem. Dis tans veiliger in die Gazastrook tussen Israel en Palestina as in SA.

Die waarheid ·

En weereens n polities korrekte kommentaar van n ander politikus . Ag kom aan kan julle nie sien dat nie een van die twee here (rampadda of mulder) is bereid om n standpunt in te neem en dit te se nie. Nee wat van my salaris. Mense ons is op ons eie en wragtig moet nou wakker skrik

Werner ·

Wag in spanning Jerry hoekom die stilswye hoekom se jy nie vir ou CR hy moet met wittes versoen soos jy elke keer vir ons se nie

Cherokee ·

Die opinie het kompleet gedraai, vergeleke met tydens die stryd tussen Ramazuma en Zumaphosa. Die name kan maar deurmekaar gevleg word want hulle verskil nie. Terwyl hulle in ‘n stryd was om landleierskap was hier hope wittes wat vertel het hoe ‘goeie president hy gaan wees omdat hy ‘n goeie besigheidsman is’. My stelling dat hy niks gaan doen omdat hy solank die tweede hoogste posisie beklee het en bôggerol gedoen het om Zuma in toom te hou, was ignoreer. Ek begin dink hy is gevaarlike as Zuma, want hy weet wat die mense wil hê hy moet sê en dan sê hy dit. Al wat vir hom van belang is, is die ANC se ondersteuning.

Jerry ·

Die sommige witmense waarna CR verwys wat geisoleer gaan word en wat maniere geleer gaan word van nasiebou is die Afrikaner touleiers van die frontorganisasies van die VF, nl Solidariteit/AfriForum. In plaas daarvan om plaasmoorde hok te slaan gaan hierdie arrogante mannetjies nou vir hulle wickets moet keer op verskeie ander fronte. Ek hoop hulle paspoorte is reg as hulle moet vlug! Die Afrikaner was nie en is nie na 1994 in n posisie om die oppergesag te ondermyn en skoor te soek nie, julle moes geluister het en versoenend opgetree het. Nou gaan julle tot versoening deur isolasie en vervolging, tot versoening gedwing word. Julle gaan geblameer word vir die totstandkoming van haat organisasies soos die EFF en BLF. Die wig wat julle ingedryf het tussen die ouergarde en die jeug, tussen Afrikaner en Afrikaner, tussen wit en swart gaan julle nou hap daar waar jy nie gehap wil word nie! Die naelstring wat julle voed gaan geknip word, van julle gaan n voorbeeld gemaak word en mag dit asseblief tog net gou gebeur sodat die res kan aangaan met nasiebou! Julle was reeds geweeg en te lig gevind in dit wat julle, julself in begewe het. Julle moet lekker vakansie hou, hoor! 2019 gaan julle waterskeidingsjaar wees!

Martin D ·

@ Jerry

“… sodat die res kan aangaan met nasiebou…”

Hehehe. Sterkte met daardie een my maat. Julle “ingeligdes” gaan dit bitter nodig hê. Jou agenda is so deursigtig as kan kom… Shame.

Katerina ·

Ai Jerry..ek kan uit jou kommentare aflei dat jy bekommerd is oor Afrikaners en hul belange op die hart dra. Maar Ramaphosa stel nie belang in wit mense nie, ons bestaan hier is n doring in sy vlees. In 1992 is daar ja gestem vir versoening. Al wat ons witmense van daardie tyd af terugkry is Haat,Nyd, Dreigemente,Beledigings,Marteling, Moord en Werkloosheid. Hy stel nie belang in versoening nie. As hy Andile se haatspraak veroordeel het was daar dalk nog hooo. Maar jy kan mos sien waar sy lojaliteit le.

Ander Koos ·

Jerry weet maar jy kan gatkruip en versoen soos jy wil, solank jy wit is sal jy nooit deel wees van “our people” in SA nie en as die rowers op jou toeslaan gaan hulle ook nie vra of jy “versoen” het nie

Rooi Jan ·

Jerry ek vermoed jy is waarskynlik n Afrikaanse bruinman. So jy verlekker jou nou vreeslik in die Afrikaanse Witman se swaarkry. Seker omdat jy dink jou beurt sal nie kom nie? Wakker slaap ou grote wakker slaap want wanneer al die blankes uitgeroei of weg gejaag is kom julle beurt.

Buksie ·

Vat hul beleggings uit die land uit en kyk dan wa tsoort Zimbabwe kom hier te stand!

Frank ·

Die grootste probleem in die land is ramaposa, hy tree nie op teen SY mense wat fouteer nie.

PJC ·

CR was maar net eerlik en miskien laat dit ń paar dom ouens se ogies ook oopgaan. Die ANC het nog altyd die wittes as ń vyand beskou en die stories van nasiebou is sommer skoon bog. Hulle wil eintlik ń revolusie hê want hulle soek nog steeds “revenge”. Dit is ń groot liegstorie dat Afrforum of wie ook al die oorsaak van die probleem is en mense moet hulle nie hiermee om die bos laat ly nie. Hierdie klomp haat die witmense “finish en klaar”.

John ·

Daar is ‘n gesegte dat mense altyd meer van jou sal dink as jy jou mond toe hou. Sedert 1994 het CR hard daaraan gewerk om soos ‘iemand’ vernaam te lyk en op te tree. Langs Zuma het hy stil en stemmig vertoon, maar soos die fliek se, mens kan nie meer as jouself wees nie… Die ANC probeer die Afrikaner afgradeer sodat die Afrokaan kan uittroon. Uiteindelik loop die longlife batterytjie se tydjie ook maar uit…

Herry ·

Jerry! n selfoon in die hand maak n persoon nie noodwendig intelligent nie,jy is waarskynlik verveeld.

Natan ·

Betaal jou Gelofte opreg môre. Enigste pand wat ons het. Deurdat ons ‘n minderheid is sal die oorwinning Jahweh toekom. Ek gaan nie vlug nie, ek kyk op na die berge (wat om my is). Wie kan teen my wees indien Jahweh by my is? Laat ons teëstaanders maar praat, dit maak die oordeel teen hulle swaarder en ontwaak die noodlot. Geen versoening tussen lig en duisternis nie, nooit!

Johann M van Heerden ·

Die kommentare is meer beswarend as CR uitsprake. Ek wil net vra: hoe is dit moontlik dat enigiemand kon dink CR is die nuwe daeraad? Hoe is dit moomtlik dat ons ons so laat mislei het voor 1994? Ons was dom en is in ons peetjie. Nou gaan dit net moeiliker (onmoontlik?) wees om iets te verander.

AW ·

What CR will not say Openly and or Publicly, is that it would suite him and the majority of Masses, That there are No Whites in South Africa.

In fact, when you listen carefully, if and when CR, express his Opinion in General and or at times spesifically in respect of Whites, it is clear that the Whites are regarded as an “Inconvenient Nuisance”.

Therefore, It is a Blessing in Disguise for the current Rulers and majority Masses, should a white leave South Africa and or There are less Whites on a daily basis for whatever reasons.

The Whites are Tolerated for now ……

“The frog in the pot of water on the stove” statement is but one of a handfull examples.

PJC ·

Herry ek begin ook al lankal wonder oor die ou. Dit lyk asof hy ń helse probleem met wittes het en al manier om uitdrukking daaraan te gee is om organisasies soos Afriforum en Solidarteit wat vir wittes in die bres tree te probeer diskrediteer. Sy onderrokkie hang lekker uit maar dit laat my baie lekker kry as Afriforum vir hom so ń doring in die vlees is.

Koos ·

Daar is ‘n ou gesegde wat lui: “Pasop, die makste hond byt die seerste!”

jaco ·

Geagte President Ramaphosa. Oorweeg asseblief 1 van die volgende 2 voorstelle om finaal van SA se “wit probleem” ontslae te raak:
1. Deporteer ons na lande waar meestal wit mense bly.
2. Dwing ons om na die Wes-Kaap te verskuif en maak dit ‘n wit tuisland.

Boet Fasie ·

Jaco- die wit mans gaan ge- deporteer word deur Ramaposha – Robbeneiland is hulle voorland, daar gaan die paddas gebraai word.

1+1 ·

RAAISEL: Klop-Klop. Wie’s daar – Strategie broers strategie!. Stratrgie who? “Moet asb nie die baba met die badwater uitgooi nie”

Margaret ·

Cyril het homself al bewys as n leunaar en n onbetroubare man. Kan nie dink hoekom almal dink hy kan SA red nie. Inteendeel.

Jerry ·

Johann M van Heerden versoen met die gedagte van nasiebou, dan sal jy sien dat niks onmoontlik is nie!

Oom Willem ·

Te mooi as die Afrikaner partye en organisasies so mooi opstaan vir ons volkie. Ongelukkig is dit ook al wat hulle doen. Seker te skaam om te erken hulle het ook maar lank voor 1994 ook maar vir ou FW gesê hy kan maar voortgaan toe hy ons meer as Z en CR belieg het.

Callie ·

Jerry, jy is dalk n eff of blf lid. Ek hoop vir jou part jy is nie wit nie. Sal nie die teleurstelling op jou gesig kan hanteer as jy wit is en cr druk jou n put net oor jy wit is

DC ·

CR praat nie my taal en is kultuurvreemd. Ek vertrou hom nie om my te verteenwoordig nie.

Andrew ·

Dis eintlik Jan van Riebeeck se skuld. Hy moes geweet het die wiel is tegnologies te ver ontwikkel vir Suider Afrika se mense.

Johan H. ·

Hulle het elke staats intiteit infiltreer. Bbeee het hulle gekry. Nou is dit nie genoeg nie.. Luister na die storie van die sprinkaan en die mier. Ons weet nou ten minste waar ons staan. Hoe naief was ons nie weer nie, Jammer Piet Retief!!

Ferdie ·

Jys nie n leier se g$t werd nie.net so useless soos die andee

Jerry ·

Beslis nie op dieselfde eiland as jy nie Jeremia 10 vers 10. Op my eiland is daar nie plek vir naiewe mense met skille op hulle oe nie. Die wolwe wen net soms want hulle verloor heeltyd doelbewus. Jy bly reeds op hulle eiland en jy weet dit nie eers nie!

Wessel ·

As ek na sy foto hier bo kyk, open hy met die eerste vers van Die Volkslied: “Uit Die Blou Van …. “

Philippus Janse van Rensburg ·

Het die BFLF man nie sy sin begin met: as witmense een van ons…doodmaak, sal ons vyf….doodmaak, nie?
Volgens my waarneming is die kommentaar van witmense(Afrikaners!?) dikwels uiters kru en kras met die mees neerhalendste beskrywings. As ek dit moet lees, en as ek swart is, sou ek ook dink dat witmense my haat. Ek skaam my dat my eie mense sulke taal kan gebruik. Dat daar gruwelike dinge met baie van ons mense gebeur, is waar. En dat dit my diep ontstel, is ook waar.
Ons doen onsself ‘n onguns deur haat met haat te beantwoord. Slapperts en bangbroeke mag ons nie wees nie.
Maar dat ons ons waardigheid moet prysgee, dit is nie eie aan ons hoë volkswaardes nie.

Koos de Meyer. ·

Jerry trou maar met een van hulle dan kan jy mos nasie bou, of hoe sê ek nou. Die ANC weet nie wat versoening is nie. Rinkhals bly ‘n rinkhals jy kan hom nie vertrou nie.

Donderstorm ·

In alle nasies volk en taale is daar rasuste ek kani as voorbeeld alle mense van n spesefieke nasie haat omdat n paar sleg is nie daar is goeie mense in alle volke nasies en taale nou kry mens n werklik goeie en onskildige mens wat gevloek of geskel word en nog erger wat dit nie verdien nie omadat n ander persoon almal onder dieselfde kam skeer

Mariaan ·

Jerry…nasie bou met wat??kriminele en moordenaars….jammer ou Jerry…die nuwe nasie ken nie van bou nie…net afbreek…bewyse is daar ELKE DAG OP DIE NUUS…kan jy lees?

Out of Africa ·

Natuurlik is julle die probleem want julle wil nie flippen luister nie! Trek voor dit te laat is.

Katerina ·

Nou maar maak oop jou beursie en betaal vir ons om te gaan..Regtig ek is moeg om dit te hoor. Net n besete waansinnige wit mens sal hier bly as hy/sy kon bekostig om te ontsnap!

Hettie ·

Ramaphosa ,Malema die hele spul gebruik haatspraak om stemme te kry ,die gevolge van hulle dade “word te sterkste veroordeel ” en dit maak alles reg !
Spul huigelaars !

Hans ·

Nie ‘n woord van president se uitlating op sabc se afrikaanse nuus vrydag en saterdag gesien of gehoor nie. In die afrikaanse koerant wat in Gauteng sirkuleer was daar ook saterdag ook nie berig nie.

Nel ·

Seker opdrag gekry om dit te ignoreer – liberale pers wil tog nie die prez aanstoot gee nie.

Eddie de Jager ·

Ek waarsku u Mnr Die President en u medepligtiges. Die geskiedenis het bewys as julle so aanhou gaan julle onthou word in hierdie wêreld en hierna vir redes wat julle nie gaan geval nie. En dan kan niemand sê, “we did not know.” Ek hou jou en jou medepligtiges persoonlik verantwoordelik sou sake uit draai soos julle graag dit wil hê. Die wêreld gaan dan nie vir julle konserte en optogte hou nie. Julle sal aan die ontvang kant wees. You did know and you did nothing. Crime against humanity.

honourable member ·

Eintlik is hulle die probleem want hulle weier om aan te be weeg en floreer op haat en rassisme

Margaret ·

Mooi gestel Katerina. Sal ook gaan as iemand vi ons betaal om weg te kom, want ons is laaaankal KEELVOL vir die haatlike land!

Docpietza ·

Cyril. I challenge you as a Man! Show that you “Balls”. Cowardly words for a man of such ” stature”. Yoy are just as weak and scared to talk the truth as your previous comrades. Shame on you.

Eddie ·

Lekota en die Vryheidsfront is die naaste aan ‘n eerlike nierassige beleid vir SA , waarom sien ons nie beter en meer samewerking en alliansie tussen hulle nie ????

Pietsepan ·

Ek is bly om all die kommentaar te lees. Dit verseker my dat ons blankes die ware toedrag van sake in ons land kan waarneem. Ek stem met al die kommentaar saam.

Cornelia ·

Antjie, dit is tyd dat leiers begin om hul kiesers te respekteer. Hulle is nie met slap rieme te vang nie en nie lus om na dubbelsinnige boodskappe te luister nie. Nie hierdie mens nie.

William ·

Ons is regtig dom.
Wie betaal belasting..ons.
Hoekom doen ons dit?.
DIT is die trump kaart!.

Herman P ·

Jerry ek glo nie nasiebou is vir die ANC nie. Die wit vrou wat met die Indier getroud is kan nie eers sy SASOL aandele erf nie omdat sy wit is…

Paul ·

So van die os op die jas, terwyl dit vandag 16 Desember is, ek lees gister oor die 80 jarige viering van die hoeklegging vandag by die Voortrekkermonument dat die oorsese besoekers jaarliks honderde duisende beloop, waarvan die Chinese meer as die helfte is, dat hulle (die Chinese) nou al so in die land in-aggeneem word dat Mandarynse inligtingsbordjies en “Chinese toilette” daar aangebring is.

Nou vra ek waarheen is ons op pad en waarom stel die Chinese so belang in ons geskiedenis?

Docpietza ·

Cyril. I challenge you as a Man! Show that you have “Balls”. Cowardly words for a man of such ” stature”. Yoy are just as weak and scared to talk the truth as your previous comrades. Shame on you.

Brakenjan ·

Ek dink al lankal CR is n fake en oneg. Erg teen wittes, alhoewel hy soos n kapitalis wil leef(egoistiese vent) , maar predik ergste vorm van sosialisme.

Daan ·

Ramaphosa reik ‘n hand van versoening uit na die blankes en sê dat die BLF ‘n alleenstem in die wildernis is.Ook dat die swartmense en die ANC selfs tydens apartheid altyd ‘n hand uitgereik het na blankes om nie-rassigheid te bevorder.Die Bybel sê salig is die vredemakers.Kom ons word vredemakers.

AMS ·

Geen leier wat oor baie volke “aangestel” is sal al die volke kan akkommodeer nie. Suid Afrika, met sy verskillende volke/nasies, sal nooit herenig onder een leier nie. ‘n Leier is geneig om sy mantel te swaai na sy eie mense en die res word net verdra. En gewoonlik is die ander se foute meer opsigtelik as sy eie mense se foute. Ramaphosa is ook te bang om regtig standpunt in te neem en sal soos maar natuurlik aan die mens is, altyd op ander se foute en verlede hamer, plaas om rug styf te maak en die regte ding te doen, veral waar sy eie mense betrokke is.

Nonnie ·

Onthou net Suid Afrika, Ramaphosais ‘n ANC ketter, en sal al wat ‘n wit Afrikaner is verneder, want hy weet dat GEEN swarte dit sal goedkeur as hy die waarheid praat nie. Hy was en is GEEN ware nie-rassisge leier NIE!!!!!!

Daan ·

BR al gee ek honderd voorbeelde dan sal jy dit nog nie sien nie.Daar is niemand so blind as hy wat nie wil sien nie.Kyk maar net na sy versoeningsdag toespraak vandag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.