SA Jagters reg om te veg vir vuurwapenbesit

Foto ter illustrasie. (Foto: Alexander Andrews/Unsplash)

Die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens wat vuurwapens vir selfverdediging wil verbied, sal ook nadelig vir die land se jag- en sportskietbedryf wees.

Volgens die Suid-Afrikaanse Jagtersvereniging (SA Jagters) word daar talle wysigings aan die wet voorgestel wat as onuitvoerbaar en onprakties geag kan word.

SA Jagters het al voorheen wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens suksesvol in die Konstitusionele Hof betwis. “Dit was ʼn groot oorwinning vir alle vuurwapeneienaars.

“Die onlangse wysigings is egter nog meer omvattend en verg ʼn daadwerklike poging deur alle vuurwapeneienaars en redelike mense om sinvol teen dié drakoniese wysigings op te tree,” het Fred Camphor, uitvoerende hoof van SA Jagters, gesê.

Volgens Camphor is SA Jagters besig om die gevolge van die voorgestelde wysigings in detail te bestudeer, en spesifiek dié wysigings wat daarop gemik is om lede van die publiek se reg op vuurwapenbesit te belemmer of te ignoreer.

“Ons skep tans verskillende platforms wat ons eie lede en lede van die publiek in staat sal stel om die proses na weldeurdagte en opbouende kommentaar met die ondersteuning van ons regspan te ondersteun.

“Dit is in die belang van elke vuurwapeneienaar en enigiemand wat glo in hul reg om ʼn vuurwapen vir selfverdediging te besit om nou hul stem te laat hoor,” het Camphor gesê.

Die wysigings wat SA Jagters veral bekommer, is die gedefinieerde doel van die voorgestelde wysigings om die Wet op die Beheer van Vuurwapens te verander van wetgewing wat in staat stel na wetgewing wat nie in staat stel nie; die verwydering van die reg om ʼn vuurwapen vir selfverdediging te besit; die beperking van die aantal vuurwapens en ammunisie wat toegewyde jagters en sportskuts ingevolge artikel 16 mag besit; die uitbou en herdefiniëring van ballistiese steekproefnemingspraktyke wat onuitvoerbaar en onprakties is; die verandering van vaardigheidsnakoming vir vuurwapeneienaarskap, asook die beperking op die herlaaiing van ammunisie deur vuurwapeneienaars vir eie gebruik.

Die spertyd vir openbare kommentaar is 4 Julie. SA Jagters moedig sy lede asook lede van die publiek aan om kommentaar op die wysigingswetsontwerp te lewer en elke petisie te ondersteun wat daarop gemik is om hul reg op vuurwapenbesit te beskerm.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Persheks Adri ·

Dankie aan SA Jagters ook! Hierdie gewysigde stupid wet moes in die 1ste plek nie eers opgekom het nie! Hoed, ons is meer bekwaam as jy of jou nuwe “wannabe rambo’s” om onsself te beskerm! Misdadigers kom eet nie koek of drink tee nie hulle wil ons vrouens en kinders verkrag en vermoor! Voetsek met die wet! Ek gaan nie ‘n krimineel word vir jou nie oor die vertraagde wet nie!

Regering is besig met iets en dis goed wat hulle wil vat en weet ons gaan dit nie toe laat nie. Ons MOET baklei vir elke wetgewing wat hulle wil deur voer klaar!

Punisher ·

Miljoene likes vir jou kommentaar Persheks! Jy slaan die spyker op die kop!!!

ES ·

Hierdie hele wysiging is absurd. Sekere mense het probleme met jag en hou nie daarvan nie maar eet te lekker saam aan die biltong en droewors wat jy vir hulle aanbied…

Persheks Adri ·

Stem! Ek self eet nie wild nie, maar hulle kyk verkeerd na die wet. Dan kry ons organisasies soos Gun Free eish wat niks verstaan nie hulle redenasie is net so tatie regtig waar

Tipper ·

Hulle doen sommige goed moedswillig net om geld vir die Howe in te kry.

Astrain ·

Ons boer…ons kan en mag nie ontwapen word nie. Dit gaan ‘n absolute slagting van landbouers veroorsaak!

Frank ·

Die Selfverdedigings voorstel is besig om almal se aandag af te trek van hulle ander belaglike voorstelle. PASOP!!!

Persheks Adri ·

Presies my woorde Frank jy sal sien op my kommentaar as iemand nie weer duime af gooi nie

Dirk Mostert ·

Die ontwapenngswet is daar om die grondonteieningswet te fasiliteer. Ramaphosa en Cele dink ons is onder kalkoene uitgebroei.

Persheks Adri ·

Stem Dirk! Gaan lees gerus my kommentaar ook. Ons móét dit baklei en nie in gee nie hulle gaan iets wil vat as ons ontwapen is en ons kan en mag dit nie toelaat nie!

Gert ·

Die Redes vir hierdie wysingens wet is :
1-ANC onbevoegdheid;
2-Om die Kriminele se posisie te versterk;
3- Die Kriminele kry nou oor genoeg wapens van SA Weermag, Polisie en SA buurlande en HOOFSAAKLIK,
4-Dingaan is besig om die spiese onder die modder te versteek terwyl ons ons ons wapens buite Moet LOS!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.