SA Oryx beskadig, bemanning beseer in DRK

Argieffoto van ‘n Oryx-helikopter. (Foto: Lystil – deur Underlying_lk via Wikimedia Commons

Ernstige skade is Vrydagoggend aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se enigste ontplooibare Oryx-helikopter in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) aangerig toe daar glo op die helikopter geskiet is.

Die helikopter het minstens 40 koeëlgate tydens die aanval opgedoen.

Die vlieënier van die Oryx en een bemanningslid is ook tydens die aanval beseer, soveel so dat die vlieënier geopereer sal moet word, aldus Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging.

Volgens Marais het die “dapper” soldate op die missie gelukkig kopgehou en die beskadigde helikopter by die naaste vlak 3-hospitaal geland om nood‑ mediese behandeling vir die beseerde bemanning te verseker.

Marais sê die voorval wek egter ernstige kommer oor die Suid-Afrikaanse weermag se veiligheid en vermoë. Hy sê die voorval kon ook moontlik verhoed gewees het indien die regering nie ’n rol daarin gespeel het om die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALU) se vermoëns te verklein nie.

Marais verwys dan spesifiek na die gebrek aan minstens twee Rooivalk-helikopters om die Oryx te begelei, veral in mediese ontruimingsgevalle, om dit teen potensiële bedreigings te verdedig.

“Die ministerie van verdediging en die opperbevelvoerder [van die weermag] behoort die verantwoordelikheid te dra vir die onvoldoende ondersteuning wat aan ons troepe verskaf word, wat hul lewens onnodig in gevaar stel.”

Die DA vra nou dat daar ’n ondersoek na die voorval van stapel gestuur word.

Die opposisieparty eis ook aanspreeklikheid van die ministerie van verdediging en pres. Cyril Ramaphosa in sy hoedanigheid as opperbevelvoerder.

“Ons soldate verdien die beste toerusting, ondersteuning en beskerming, en ons sal geen kompromieë duld wat hul veiligheid en die sukses van hul missies in gevaar stel nie.”

Maroela Media het verlede maand berig Suid-Afrikaanse troepe is in Desember as deel van ʼn militêre sending van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) na die ooste van die DRK ontplooi, aangesien die Verenigde Nasies (VN) se vredesending in die DRK, Monusco, vanjaar ná 20 jaar eindelik tot ʼn einde kom.

Marais het toe reeds gesê die vervanging van VN se vredesending in die DRK met troepe van die SAOG onder leiding van die Suid-Afrikaanse weermag, is ʼn “roekelose besluit” wat moontlik die lewens van troepe in gevaar kan stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andre ·

Nou is ons eers reg vir n konfrontasie met Israel of sommer vir n laerskoolbende.

Francois ·

Die DRK is seker net voorbereiding vir wanneer die ANC se SANW Hamas gaan help om Israel binne te val… Ongelukkig is daar nou geen Oryx helikopters helikopter oor nie so hulle sal moet vegin stap….

Anel ·

Ai, tog! Die regering voel niks vir sybmense nie, of sal ek sê die burgers van hierdie land nie. En as ek dit nie mis het nie, beskerm hulle eintlik Mbeki se diamantmyne! Want moennie vir my sê ons het iets uit waai met wat anders in daardie land aan die gang is nie!!!! Bly die vlienier en ander beseerdes kin naby hospitaal land.

Andre ·

…toerusting en infrastruktuur stem nie en gee nie geld nie; so hoekom daarop spandeer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.