‘SA raak al dieper in skuld; sleep Wes-Kaap saam’

(Argieffoto: Christel Cornelissen)

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, se mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) het volgens verskeie organisasies en opposisiepartye dit baie duidelik gemaak dat die ANC Suid-Afrika tot bankrotskap regeer het.

Maroela Media het vroeër berig die staatskas word ál leër en die Suid-Afrikaanse regering se skuldrekening raak al dieper in die rooi terwyl rente van miljarde rand ophoop.

Die land se begrotingstekort het met R54,7 miljard toegeneem en volgens die minister sal die regering oor die mediumtermyn ʼn gemiddeld van R553 miljard per jaar moet leen.

Phil Craig, woordvoerder vir die Kaapse Onafhanklikheidsvoorstandersgroep (CIAG), sê die Wes-Kaap moet onafhanklik van Suid-Afrika wees om ekonomiese groei in die provinsie te verseker.

“Ons wil die geld wat ons verdien op ons mense, ons ekonomie en ons vooruitgang spandeer. Nie aan nasionale skuld nie.

“Uit elke R5 wat deur belasting ingevorder word, gaan R1 aan skuldverleners. Die nasionale regering spandeer meer geld om skuld af te betaal as aan basiese onderwys of gesondheid,” voeg Craig by.

Hy sê in die Wes-Kaap genereer 11% van Suid-Afrika se bevolking 14% van Suid-Afrika se BBP en huisves 15% van Suid-Afrikaanse belastingbetalers. Tog ontvang die Wes-Kaap net 10% van regeringsfondse wat aan provinsies toegewys word.

“Ons sal aansienlik beter daaraan toe wees op ons eie,” reken Craig.

“Dit is die derde grootste provinsie in Suid-Afrika met ʼn gemiddelde bydrae van 13,7% tot die totale nominale bruto binnelandse produk (BBP). Die provinsie dra aansienlik by tot toerisme; landbou, bosbou en vissery; konstruksie; finansies, versekering, eiendom en sakedienste.

“Kaapse onafhanklikheid sal beheer van elk van hierdie sfere aan die Wes-Kaapse regering oorhandig, en sodoende ʼn beter toekoms vir die mense van die Wes-Kaap skep.”

Hy sê die CIAG het die Referendum Party bekend gestel, ʼn enkelsaakparty vir burgers van die Wes-Kaap wat Kaapse onafhanklikheid ondersteun.

“Die nuwe party sal voorstel dat die DA aan bewind bly (deur dit as ʼn koalisievennoot te ondersteun), maar die party dwing om na sy kiesers te luister en ʼn referendum oor Kaapse onafhanklikheid uit te roep.”

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sowel as die provinsiale minister van finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger, het ook hul ontsteltenis oor die MTBR uitgespreek.

“In-jaar-besnoeiings, wat beteken befondsing wat reeds in Februarie vanjaar in die hoofbegroting aan die provinsiale regering toegewys is en wat nou gesny moet word weens die nasionale regering se wanbestuur, maak ekonomiese herstel onmoontlik. In wese kompromitteer hierdie besnoeiings die Wes-Kaap se vermoë om frontliniedienste, soos onderwys en gesondheid, te verskaf. Dit is eenvoudig onvergeeflik,” sê Wenger.

Winde meen dit is sy plig – soos dit die nasionale regering s’n is – om frontliniedienste ten alle tye te beskerm.

“Die behoeftes van ons burgers is van die uiterste belang. Provinsies moenie met die sentraal‑onderhandelde loonverhoging vir die openbare sektor belas word nie. Dit sal rampspoedig wees vir dienslewering.

“Ons finansies is reeds onder druk. Ons kan eenvoudig nie die ooreengekome verhogings op die staatsdiens se loonrekening absorbeer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johan ·

Slegte nuus vir ons in die binneland, as hul dit regkry. Die laaste mag wat ons Afrikaners het is in die Wes Kaapland.

OU SAAR ·

Wat van die Noord Kaap…? Kan Noord en Wes Kaap nie saam afstig nie? Dalk die Oos Kaap ook. Ai, dit sal lekker wees om ons eie klein landjie te hê met mense wat weet wat hulle doen aan bewind.
Kan maar net droom…

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Oos-Kaap is ook uniek en kan op sy eie funksioneer. Dit word wel onderdruk weens die regerende party se drakoniese beleide. Ditto vir die Noord-Kaap. Harde wêreld, met unieke mense en genoeg potensiaal om onafhanklik te word. Hulle kan genoeg krag voorsien om aan die Wes- en Noord- Kaap se behoeftes te voldoen. Ou tale en kulture kan beskerm en uitgebou word. Dit hoef nie ‘n droom te bly nie. Ons word net vertel dis ‘n droom.

Grassie ·

Ou Saar – Ek stem saam met Weskaap en Noordkaap maar liewers nie Ooskaap nie. Lees bietjie die geskiedenisboeke

Wondermaarnet ·

Die minister behoort te weet wie is verantwoordelik vir die finansiële fiasko in SA. Dit is toe nie ‘n onuitputbare bron nie en geld groei nie aan bome nie.

Di ·

Een van die dae kom die skuldeisers beslag le op grond in SA. Dink China is die land wat die meeste geld vir die korrupte ANC geleen het. Die spul het seker nie besef dat hule die skuld MET RENTE sal moet terug betaal nie. China is bekend daarvoor om hulp aan verskeie AFrika lande te verleen wat hulle op die einde NIE kan terug betaal nie. Hulle noem dit “Debt trapping” Een van die dae kom vat China wat hulle toekom in SA

Republikein in die Wes Kaap ·

Winde moet wraggies nou al besef hy en die Wes-Kaap gaan agteruit boer met die ANC in beheer. Vergeet van die ANC volgende jaar uitskop. Hulle gaan nog vir dekades in beheer bly.

Grassie ·

Die wanorde in ons land se finansies is deel van die proses van totale anargie wat ons in die gesig staar. Ek praat al ‘n paar jaar lank daarvan hier op MM en ons is steeds stap vir stap op pad na daardie afgrond.

Amelia ·

Wil als vernietig en belastingbetalers se geld gebruik om dan weer “op te bou” (wat ook net n paar jaar staande bly en vertel dan vir hulle hoe goed sorg hul vir die mense Kan mense nie wien wat aangaan nie kan nie glo hul glo steds anc se stories nie

SwartBees ·

Verspreiding van elke R5 is soos volg:
R1 gaan aan skuld verleners.
R0.50c gaan aan SA
R3.50c gaan net so in die sakke van die anc.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.