SA Toerisme betaal nie vir Trevor Noah-advertensie

Trevor Noah (April 2022) (Foto: Rich Fury /Getty Images North America/Getty Images via AFP

SA Toerisme het Vrydag bevestig dat hy nie finansieel enige bydrae lewer tot Trevor Noah se veldtog om die land te bemark nie.

Maroela Media het vroeër berig oor die departement van toerisme se voorneme om R33 miljoen op te dok vir ʼn promosievideo van vyf minute waarin die komediant en aanbieder verskyn. Die parlementêre portefeuljekomitee oor toerisme het ʼn beroep gedoen op die departement om die idee te laat vaar. Patricia de Lille, minister van toerisme, het egter die projek verdedig en aangevoer die Toerismesakeraad van Suid-Afrika sal dit finansier.

“Ons is bewus van gesprekke tussen die Toerismesakeraad van Suid-Afrika (TBCSA) en Trevor Noah om ons land te bemark,” sê Thandiwe Mathibela, woordvoerder van SA Toerisme. “SA Toerisme sal nie finansieel tot dié inisiatief bydra nie. Hierdie betrokke inisiatief word gelei deur die privaat toerismebedryf deur TBCSA.”

Tshifhiwa Tshivhengwa, uitvoerende hoof van TBCSA, het in ʼn verklaring bevestig sy organisasie is in gesprek met Noah en ander persoonlikhede om Suid-Afrika as ʼn toeristebestemming te bemark aan internasionale markte. “Dit strook met die bedryf se doelwit om toerismegetalle in die land oor die volgende dekade na 15,6 miljoen op te stoot. Sodra en indien die partye op ʼn algemene strategie kan ooreenkom, sal die inisiatief ten volle deur die TBCSA gefinansier word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Karoo ·

Hmmmmm so as die Publiek aka die Belasting betaler nie ‘n opinie hieroor gehaad het nie… sou dit deur geglip het, nes die borg van die soker saga amper deur was. Dankje Jan Publiek, die geld kan baie beter aangewend word.

Andrew ·

Dankie, maar sy “audience” is n klomp “progressive free loafers” wat nie geld het of sal spandeer om na SA te kom nie. Is hy ooit weer op n hoof kanaal of is hy nog sonder n mainstream gig? Hoof Nar die een

Nommer 7 ·

TBCSA moet eerder iemand in Duitsland kry. Duitse skole raai skoolverlaters af om hul “gap jaar” gemeenskapsdiens in SA te kom doen agv die misdaad. (Hierdie gemeenskapsdiens jaar is baie groot en belankrik vir die Duitsers).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.