‘SA vorder teen geslagsgebaseerde geweld’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika maak stadig maar seker vordering in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld.

Dít ten spyte daarvan dat 989 vroue tussen Julie en September vanjaar in Suid-Afrika vermoor is, 1 277 vroue slagoffers van poging tot moord was en meer as 13 000 vroue slagoffers van ernstige aanranding was.

Meer as 10 000 verkragtingsake is in die tweede kwartaal van die 2022/’23 finansiële jaar by die Suid-Afrikaanse Polisie (SAPD) aanhangig gemaak. Kinders is ook nie ontsien nie met meer as 500 vermoorde kinders in die ses maande tot September.

Ramaphosa meen die jongste misdaadstatistieke wys egter ook op die strafregstelsel se suksesse wat die vervolging van oortreders betref.

Hy wys daarop dat die polisie se eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe gedurende die tweede kwartaal meer as 4 000 beweerde oortreders van geslagsgebaseerde geweld in hegtenis geneem het terwyl 410 beweerde verkragters in boeie geslaan is.

Ramaphosa wys ook daarop dat meer as 17 000 sake van geslagsgebaseerde geweld deur die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verwerk is.

“Die howe dien ook swaarder vonnisse toe,” aldus die president.

“Hoewel dit ons moet aanmoedig dat baie van die oortreders nie toegelaat word om met hul misdade weg te kom nie, is ons vernaamste taak om te verhoed dat mans en seuns in die eerste plek oortreders word.

“Vroue en kinders word nie net deur vreemdelinge geskend nie, maar deur mense wat aan hulle bekend is – hul pa’s, kêrels en eggenote, kollegas, onderwysers en selfs klasmaats.

“Mans is die oortreders van geslagsgebaseerde geweld en dit is dus mans wat moet verander. Dit is mans – as lewensmaats, pa’s, kollegas, maats en klasmaats – wat hul eie houding teenoor vroue en meisies in ag moet neem,” sê Ramaphosa.

‘Dialoog moet plaasvind’

“Om betekenis aan 16 Dae van Aktivisme te gee moet ons nou die mans van Suid-Afrika betrek in ʼn dialoog oor hul verantwoordelikheid teenoor vroue en toksiese manlikheid,” sê Ramaphosa.

“In hierdie dialoë moet ons ons begrip van seksuele toestemming ondersoek. Ons moet die mite uitdaag dat verkragting slegs as verkragting beskou word indien dit ’n vreemdeling behels, of as die slagoffer reageer deur om hulp te skree, terug te baklei of die saak dadelik by die polisie aan te meld.

“Deur mans van alle rasse, klasse en generasies bymekaar te bring om eerlik te praat oor hul begrip van manlikheid, kan ons wys hoe sommige aannames en praktyke wat baie mense as ‘normaal’ beskou, skadelik is vir vroue en kinders.”

Volgens Ramaphosa behoort die regering, nie-regeringsorganisasies en die private sektor aangemoedig te word om dié gesprekke in elke werkplek, plek van aanbidding, skool, kollege en universiteit, en in elke gemeenskap te ondersteun.

“Ek staan as president gereed om aan die dialoë deel te neem. Ek doen ʼn beroep op ministers, premiers, godsdienstige, politieke en gemeenskapsleiers, sportmense, kunstenaars, bekendes en sakelui om dieselfde te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Christine ·

Ek stem saam! Ramaphosa is heeltemal verwyderd wat werklik in SA aangaan!!

Lesly ·

Van waar ek staan, sien ek geen maar geen vordering met enige iets in die land nie. Alles gaan agter uit. Behalwe vir wetteloosheid wat beslis daagliks meer floreer.

My siening ·

Vra die vraag hoekom? Dis die swakheid van die staat om nie mense nie behoorlik te straf vir mishandeling nie en ook nie die vroue en kinders beskerm nie. Hoe baie hoor ons polisie en regering mense wat die selfde misdrywe pleeg!

Jaco ·

Ja cr, in die geval is die vordering agteruit. Soos Suid-Afrika jy weet, die land waarvan jy kwansuis president is…..

Wit Leeu ·

Hierdie knaap het geen idee wat aangaan nie ! Eers lieg hy oor Eskom vir die Britte ! Nou lieg hy oor die ??? Wat ‘n speknek !!!!

Vonkprop ·

Ek stem. Julle vorder mooi van erg na erger. Lyk my julle somme klop net soos sleg soos my Wiskunde op skool.

hpven ·

Ramaphosa, en wat van vordering met moord, ander misdaad, korrupsie, rassisme teenoor blankes, Eskom ens, teveel om te noem…..? Vordering kan eers begin sodra jy bedank as president.

domheks ·

LOL???? Moet jy dit se om jou pellie, cele, te beskerm vir nog 5 jaar in sy pos?

Fran ·

Ag asseblief! Die enigste vordering wat hierdie regering maak is om die land vinniger in die gemors af te bestuur! Siek grap!

Lourens ·

Wat is Geslagsgebaseerde geweld (GGG)? Dit vind plaas wanneer die geslag van die slagoffer ‘n aanleidende of bepalende faktor was in die geweld wat plaasgevind het.
Maar deesdae word enigiets waar daar ‘n verskil in geslag is tussen die slagoffer en uitvoerder mos as GGG geklassifiseer. En ook net waar vrouens aan die ontvangkant was.
Intussen is baie mans ook slagoffers, hetsy van fisieke geweld (minder dikwels) of andersins emosionele / verbale aftakeling. Maar niemand praat ooit daaroor nie.

marius ·

Twak man . Die hool is net slegter en slegter . Elke dag .

Johann ·

Ja wel komende van ‘n rugraat lose leunaar wat himself en sybeie belange voorop stel, is dit nie vreemd dat hy sy “suksesse” afspeel teen realiteit nie! Weereens ‘n ANC legacy van ontkenning en verskonings en ja maar en pass the buck. SHAME ON YOU! Gewetenlose stats versamelaar saam met jou komrades.

Althes ·

En Kersvader het nou net met sy slee en takbokke verby my gevlieg.

Cecilia ·

Ha Ha Ha Ha Ha Ha Ha Ha ……..is die Maandag se Grappie

Ruan ·

Geslagsbaseerde geweld kan nie bestaan as daar nie meer iets soos geslag bestaan nie

Boatsie ·

Die slimjan moet ook begin verstaan dat werkloosheid, honger, wetteloosheid, swak dienslewering alles bydraende faktore tot jou lewensomstandighede is en as jy dit nie aanspreek of regstel nie, gaan jy nooit die probleme oplos nie.
Tronkstraf en boetes help nie, want by sommiges het die tipe van optrede al ‘n lewenswyse geword.

Kensy ·

Die publiek word aan hul neuse rond gelei…
As daar vordering is volgens statestiek is dit bloot omdat dit nie aangemeld word nie agv ZERO vertroue in die sisteem…
Don’t bluff yourself!
Die regering kan nie eers die KNOWN SUSPECTS (ZUMA en KIE) in toom hou nie… wat nog te se van misdaad wat privaat en agter toe deure plaas vind??
Reguleer drank verkope beter!!!
♦Begin statestiek in samel om vas te stel in hoeveel gesinsgeweld/ verkragtings sake drank n rol speel…
♦Groothanderlaars moet nie toegelaat word om bakkie vragte vol drank te verkoop aan publiek wat nie drank lisensies het nie(slaan sommer shebiens ook hok)
Daar word op daaglikse basis bakkies vol drank op ons paaie gesien. trek hulle af… vra vir lisensies… as julle nie het nie.. konfiskeer die drank (wettiglik)!
♦Julle beste kaans is om n duik te maak, is om kinders op te voed en aan te spoor om te praat.
… dan sal jul DALK regtig n afname beleef.

Kokerboom ·

Kan ‘n mens so lieg dat jy jouself later glo?!Die President is totaal uit voeling met werklikheid.

Stephanus Hendrik ·

Wat is die vordering wat julle maak van die marteling en Moorde op onskuldige, weerlose kos voorsieners wit boere. In Suid-Afrika. Of is hulle nie belangrik nie.

George ·

Jy sien hom altyd sit, want mens kan nie staan sonder n ruggraat nie

MARELIZE ·

Ekskuus? Wat is geslaggebaseerde geweld as daar geen geslagte meer is nie? Hoe kan geweld teen vroue plaasvind as daar geen definisie van ‘n vrou bestaan nie? Hoe kan dieselfde regering wat toilette in skole ongeslagtelik wil maak terselfdertyd teen geslaggsbaseerde geweld optree? As ‘n vrou ‘n vrou aanrand, is dit geslaggebaseerd? As ‘n biologies testosteroonproduserende persoon wat as vroulik identifisser ‘n biologies estrogeenproduserende persoon aanrand – is dit geslaggebaseerd? Dit was dan vrou op vrou aanranding? Of nie? Die man het dan as vrou geïdentifiseer en in sy vroue-identiteit die vrou aangerand. Dis mos nie geslag dominerend nie … ?

Die regering moet besluit watter koers dit wil inslaan. Daar is óf geslagte óf nie. Maar daar kan nie soms gealagte wees maar in ander instansies ignoreer ons dit nie.

JohanR ·

Is dit nou jou Sondag dink ,en jou Maandag strond aan die nasie!

Papsak ·

ASB VORDERING RAMAHOSA WEET NIE WAT BETEKEN DIE WOORD BEVORDERING NIE AGTER UIT GANG YES GOED

Nettie ·

U staan gereed vir ‘n dialoog, mnr die President? Nou voer dit dan met ons vrouens. En luister as ons praat!
Ons soek NIE mans in ons badkamers nie!!!! Klaar. Punt. Nie in ons s’n of ons dogters s’n nie.

Lillian ·

Ag asseblief, moet nou nie dat ek in jou gesig vir jou lag nie!

Elma ·

die “vordering” vind plaas teen dieselfde tempo as die “vordering” met Eskom. Nar.

Antie Sarie ·

SA vorder baie goed daarmee. Naas die streng sharia wette in arabie is ons land nie ver agter nie.

Di ·

Ramaphosa lewe seker ‘n n droom wereld van sy eie! AL die geweldadige en kriminele dade is besig om die land lam te le! Regering moet eerder opstaan en erken dat hulle GEEN BEHEER meer het oor misdaad in die land nie. Ons veg ‘n verlore stryd teen die miljoene misdadigers. Word wakker voor dit te laat is!!!

Hennie ·

Jip ons sien… Meer vroue en kinders loop nou deur onder hul mans, ook beter bekend as ANC lede.

skurweberg ·

Tog jammer dat die verskille net te groot is om sinvol oor hierdie sake te praat. Sou dit graag anders wou gehad het. As daar nie eenstemmigheid is oor die begrippe Transformasie Vs Reformasie nie sal niks positief plaasvind nie.

Yvonne ·

Niks maar niks uit ANC monde is geloofbaar nie…..hoe bitter tragies

Wendy ·

Ek was altyd geleer om respek te hè vir mense in gesags posisies, of mense ouer as tien jaar , respek v jouself respek v ander, maar hoe kyk mens op na so n leier wat gods water oor gods akker laat loop??? Hy feature gladnie, maak geen goeie besluite , my gebed is dat hy God sal vind , rerig vind nie net van weet nie .

Nico ·

Kyk eerder na die algemene misdaad syfer, die polisie het geen mag oor sulke sake nie, kry ‘n beter polisie mag raak ontslae van die misdadegers wat in die polisie mag is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.