Sacai se matriekslaagsyfer weer 72%

(Argieffoto: Shutterstock)

Die matrieks van die assesseringsliggaam, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Omvattende Assessering (Sacai), het saam 1 838 onderskeidings behaal.

Sacai se matriekslaagsyfer is weer 72%, dieselfde as in 2022. Die meer as 1 800 onderskeidings is egter ʼn groot verbetering teenoor 2022 se 1 032 onderskeidings.

Sacai registreer kandidate wat by afstandsonderrigverskaffers en onafhanklike skole geregistreer is. Sacai het in 2023 altesaam 69 geregistreerde instansies gehad met gr. 12’s wat by 103 Sacai-eksamensentrums landwyd eksamens afgelê het waartydens 42 vraestelle geskryf is.

Altesaam 5 826 kandidate was by Sacai vir die matriekeksamen geregistreer, ʼn toename van 17% in vergelyking met 2022. Die meeste van hierdie kandidate is afkomstig vanaf afstandsonderriginstansies.

ʼn Afstandsonderrigkandidaat van UCT Online High School was Sacai se toppresteerder. Dit was die eerste jaar dat UCT Online High School matrieks kon registreer. Die tweede beste presteerder is van Auxilio Learning Academy en die derde beste presteerder vanaf Optimi. Van die 10 topkandidate was nege aan afstandsonderriginstansies verbonde.

Altesaam 1 655 van Sacai se gr. 12-kandidate kan vir Baccalaureus-grade inskryf, 1 171 vir diplomakursusse en 427 vir hoër sertifikate by tersiêre instansies.

“Sacai wens graag die gr. 12-klas van 2023 geluk met hul uitslae. Mag al die drome van die klas van 2023 bewaarheid word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jean Pappas ·

hi, sorry my first language is English. I would just like to point out that there were glitches, for example, students were marked 999 which means absent, but even the Chief Invigilators (contracted by SACAI) noted their presence. Also there is a petition doing the rounds documenting the unhappiness of a lot of parents. There is talk of going the legal route to compel SACAI to permit free remarking of exam scripts.
https://chng.it/tbShbd5d (link to petition). I am on the parents whatsapp group, and there was talk of taking this to the media as well. There are children who are devastated because throughout the year they have done well (got high marks) but their results for the finals was not reflective of their yearly marks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.