Sesjarige val na sy dood

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Omstanders het Woensdagoggend buite ʼn woonstelblok in Gqeberha (Port Elizabeth) saamgedrom nadat ʼn sesjarige kind na sy dood geval het.

Die polisie het nou ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur in ʼn poging om die omstandighede rakende die kind se dood uit te pluis.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is om 09:33 na Sesde Laan in Algoa Park ontbied ná gerugte dat iemand geval het.

“Paramedici het met hul aankoms op die toneel ʼn groep omstanders in die parkeerterrein van die woonstelblok aangetref. Nooddiensbeamptes het deur die groep gedruk en ʼn jong kind op die grond gevind,” sê hy.

“Daar word beweer dat hy van die 11de verdieping af geval het.”

Die seun, wat intussen deur die polisie geïdentifiseer is as Liabona Plaatjies, het geen teken van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Die kind se liggaam is aan die betrokke owerhede oorhandig.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media bevestig dat die omstandighede rakende die kind se dood nog nie duidelik is nie.

Die ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Groen-oog ·

Ai dis so hartseer. Op 6 is die kleingoed baie waaghalsig en woelig. Onvoorspelbaar. Het dit daagliks ervaar by die skool.

AmY ·

Hier by ons woonstelblok gaan dit baie rof.
Dis ‘n absolute wonderwerk dat ‘n kind nog nie ernstig seergekry het nie.
Wanneer jy met hulle praat lag hulle jou uit.

Jixy ·

Dis bitter hartseer. Waar is hulle ouers om hulle aan te praat?

Elmarie ·

Hoekom is daar nie diewering voor die vensters nie? Of het hy van ‘n stoep afgeval? Dit is bitter hartseer dat so iets gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.