Sewe sterf toe motor van brug spoel

(Argieffoto: Hans Braxmeier/Pixabay)

ʼn Man en ses kinders is dood toe die motor waarin hulle gery het deur vloedwater op ʼn laagwaterbrug in die Steynsrus-omgewing in die Vrystaat meegesleur is.

Die voorval het Sondagoggend op die plaas Somerset-Oos plaasgevind. Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, was daar drie volwassenes en sewe kinders in die wit Honda Ballade toe dit meegesleur is.

Mohau Mokoena en Swartbooi Hlongwane kon daarin slaag om uit die motor te kom en het oorleef.

Die liggame van Tshokolo Hlongwane (26), die bestuurder, en ses kinders, Thapelo Tekanya (4), Ntaoleng Mpeko (13), Relebohile Mpeko (9), Mojalefa Mosibi (12), Bokamoso Maphakisa (8), en Hopolang Monyatsi (6) is gevind. Nog ʼn kind, Karabo Kok (7), was teen laat Sondag nog soek.

“Dit is so hartseer vir enige ouer om ʼn kind op hierdie manier te verloor,” het lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, gesê.

“Ons betuig ons meegevoel met al die gesinne wat deur hierdie tragedie geraak is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Chrystal ·

Steynsrus en Somerset-Oos is nie naby mekaar nie? So waar het dit gebeur?

Chantel ·

Lees mooi, die plaas se naam is Somerset-Oos wat in Steynsrus-omgewing is.

Thelsa ·

Jy speel nie met vuur en water nie. Die ou mense was reg. Ongelukkig tragiese einde

Johan ·

Chrystal op die plaas Somerset-Oos, in die Steynsrus distrik.

Jakes ·

Tragiese storie. Die krag van water in vloed moet nooit onderskat word nie.

Menan ·

10 mense in die kar?? Dis verskriklik tragies. Arme families ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.