Skrap SEB-vereistes by Eskom-aanstellings

(Argieffoto: GCIS)

Die DA het ʼn beroep op Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gedoen om dringend ʼn moratorium te plaas op vereistes oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB) tydens Eskom se aanstelling van kundiges.

Dit volg nadat Solidariteit verlede week ʼn lys met die name van kundiges aan Gordhan gegee het wat bereid sou wees om Eskom te help om die kragkrisis te pak.

In ʼn brief wat einde Julie aan Solidariteit gestuur is, het Gordhan gevra vir vaardighede om die Eskom-skip te help omkeer.

“Die soort ingenieur- en tegniese vaardighede wat Eskom benodig, is kragstasieingenieurs (meganies, elektries, kern, stelsel en onderhoud), senior ambagsmanne en aanlegoperateurs (steenkool- en kernaanlegte),” lui die brief.

Die DA stem saam met Solidariteit dat Eskom “roekeloos is met ʼn rassetransformasieprogram”.

“Eskom se aandrang om die rassetransformasieprogram streng af te dwing in die lig van ʼn tekort aan vaardighede by die kragvoorsiener, is korporatiewe sabotasie wat Suid-Afrika in ʼn beduidende ekonomiese risiko plaas,” sê Ghaleb Cachalia, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings.

“Dit is logies dat Eskom – wat ʼn nasionale elektrisiteitskrisis moet aanpak – die mense met die beste vaardighede moet aanstel, ongeag ras, om stukkende opwekkingseenhede reg te maak, instandhouding te doen en te verseker dat duur foute deur minder ervare werkers nie voortgaan om te gebeur nie.”

ʼn Prosedurefout by die Medupi-kragsentrale het verlede jaar tot die ontploffing van eenheid 4 gelei en groot skade veroorsaak. Ten tyde van die voorval het Eskom die skuld gepak op ʼn afwyking van prosedures deur sekere werkers.

“Sulke duur foute openbaar die gevaarlike gevolge van Eskom se aandrang op rasgebaseerde aanstellingspraktyke, wat onnodige hindernisse skep vir ervare mense om hul dienste aan te bied.”

Die DA sê indien Gordhan en Eskom versuim om die regressiewe vereiste in die aanstelling van ingenieurs en tegnici te verwyder, sal dit die energienoodplan wat deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is, ongedaan maak en onderprestasie by Eskom-aanlegte vererger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

domheks ·

Ras – is al wat cANCer raaksien. Geen benul van beste aansoeker kry werk, nie sy velkleur nie!

Manie ·

SEB en kader aanstellings is direk daarvoor verantwoordelik dat SA homself in die benarde situasie bevind. Die wyse waarop dit uitgespeel het, is krimineel en ‘n misdaad teen elke landsburger van SA.

Harley Davidson ·

Seb is dieselfde as apartheid jy word gemeet aan die kleur van jou vel na 30 jaar moet alle diskriminasie teen minderhede geskrap word,onthou ” affirmative action” is wêreld wyd geimpliminteer om die minderhede te help en nie om teen minderhede te diskrimineer nie ,hierdie aksie wys dat die DA die land sal kan bestuur sou hulle in beheer wees.

Di ·

Het voorheen ook in my kommentaar gese dat as die kandidate lys blankes is, gaan dit NIE gebeur nie. My persoonlike mening is dat hulle eerder die land ten gronde sal laat gaan voordat hulle weer blankes aanstel. SOVEEL negatiewe kommentaar is al gelewer op Twitter en facebook rakende die feit dat blankes NIE herindiens geneem mag word nie. Die meerderheid het gepraat en dit sal geskied, anders brand alles weer

Kokerboom ·

Rasbeheptheid is nie enige oplossing. Swart bevoegde persone SAL deurkom op grond van hul vermoeë sonder enige politieke inmenging!!!Kompetisie is nodig om beste in mense uit te bring(ongeag ras/kleur) sodat standaarde verhoog word!

Harley Davidson ·

Dit is presies waaroor dit gaan die beste persoon vir die pos ongeag kleur of ras.

SomeOne ·

wie wil in elk geval met soveel crap sit om dit te probeer “omkeer”

Jakes ·

Die hele spul is onbekwaam en dit sluit die agbare president en sy ANC matertjies in. Hulle wil n land regeer maar gaan mense se grond vat sonder vergoeding. Niks anders as diefstal nie.

Nici ·

Indien SEB geregverdig word deur apartheid, is dit seker logies dat apartheid geregverdig is deur die boere oorlog. Daars altyd ‘n rede hoekom mense hul sondes en dwaasheid regverdig.

Strandloper ·

Nee swaer nie maklik nie, die kaders is in hul eie wereld van ondergang. Laat hul maar aanploeter. Ons kan ons self help.

Papsak ·

Dit is pateties van anc hulle sien net kleur raak en dit is swart kleur het niks met werk uit te waai nie laat die mense wat die werk kan doen dit doen hou op in pad staan pluk by

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.