Skuldig, 2 jaar ná pa, seun se moord

Eddie (links) saam met sy ouers, Pieter en Antionette (Foto: Verskaf)

Twee verdagtes is Donderdag in die rondgaande hof in Welkom in die Vrystaat skuldig bevind aan die moord op Pieter Hills (56) en sy seun, Eddie (26).

Die uitspraak is nou meer as twee jaar ná hul dood gelewer.

Pieter is op 6 November 2020 op hul plaas by Hennenman op teregstellingswyse doodgeskiet en Eddie is in die nek geskiet nadat hulle in hul plaashuis in Zwartpan aangeval is. Eddie is die daaropvolgende Woensdag oorlede, nadat hy die Maandag in die Milpark-hospitaal in Johannesburg breindood verklaar is.

Volgens Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, is Tshidiso Patrick Bochedi en Mojalefa Modise skuldig bevind op twee aanklagte van moord, roof en huisbraak met die doel om te roof.

Eddie Hills.

“Die beskuldigdes het hul betrokkenheid by die moorde erken, waarna die skuldigbevinding gevolg het,” sê Shuping.

Die staat het tydens die verhoor aangevoer die beskuldigdes het die moord haarfyn beplan deur die dag by die plaashuis in te breek en die slagoffers in te wag.

Drie mense is aanvanklik ná die moord in hegtenis geneem, maar die derde verdagte, David Papi Mabai, het sy eie lewe ʼn dag ná die moord in die aanhoudingselle geneem.

Maroela Media het vroeër berig ʼn werker van die Hills-gesin het op 6 November omstreeks 05:00 op Pieter en Eddie in die plaashuis afgekom, nadat Pieter se vrou, Antoinette, haar gebel en gevra het om ondersoek in te stel. Sy was nie tuis ten tyde van die aanval nie en kon hulle nie in die hande kry nie, waarna sy die werker genader het.

Eddie het glo die rowers op heterdaad betrap toe hy by die plaashuis op Zwartpan aangekom het.

Die verdediging en aanklaer in die saak sal nou onderskeidelik vir versagting en verswaring van die vonnis pleit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JohanR ·

Is tronk in SA tronk, of is dit ‘n vakansie oord? Internet, selfoons, bed, kos, familie kuiers.

Gaitsigubib ·

Van watter tronk praat jy Johan? Daar is, glo dit of nie, diegene wat tuis voel in n tronk, maar jy laat dit lekker klink. Glo my jy moet alles in jou vermoe doen om daardie blek te vermy. Ek het nooit kon droom dat ek eendag daar sal eindig nie, mag God jou beskerm dat dit nie met jou gebeur nie.

Nie Verbaas ·

Watter versagting gaan hulle voor vra vir die lafhartige gemors?

Mariana ·

Geen versagting vir die twee monsters nie. Tyd vir moordenaars om swaar gestraf te word. Die land is deurtrek met kriminele en die tyd het aangebreek om plaasmoorde daadwerlik aan te spreek.

George ·

virsagting?? vir wat? vir koudbloedige moorde, teregstellende wyse ook, so dit is haat, die is n hate crime deur en deur, jy vermoor mense so wie jy haat.

57 Chevy ·

Watse versagting ……de hel met die gemors man . Hulle het geen versagting getoon toe hulle die moord beplan het nie . Mense se lewens is ontneem en famielies kry swaer onder hulle doen en late . Gooi hulle in die tronk en voer hulle cement en mielie meel met water soos met rotte gedoen word !

Vonny ·

KAN ons nie toy toy vir
Die doodstraf?
Kom afriforum, DA, solidariteit en ander politieke
Partye HELP!

Harley Davidson ·

Baie goed ,sal net wou weet wie die onafhanklike ondersoek gedoen het wat die kriminele gesink het dit klink nie of die sa polisie betrokke was nie.

Lillian ·

Straf versagting? Is dit nou nie ‘n cheek nie? Hulle het erken hul het moord gepleeg!

Mallie ·

Bring die doodstraf terug. Dit is al wat hulle sal keer om ander onskuldige mense dood te maak.

Daisy ·

Ek stem – die doodstraf is al wat kriminele gaan verstadig. Maar het jy gedink hoeveel onskuldige mense sal ter dood veroordeel word met ons regstelsel wat teen ons mense is. Dis mos net ons wat rassisties is. Ons mag onsself nie verdedig nie want kriminele het meer regte as wetsgehoorsame burgers

Piet parys ·

Versagting ja hulle bly wees daar is nie meer n galg tou wat vir hulle wag nie . Hulle moet in eensame aanluiting gehou word sonder kos .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.