Slagoffer het glo breinskade ná Klerksdorp-bakleiery

Skermsgreep uit video

Die Noordwes-polisie sê ʼn inhegtenisneming gaan na verwagting binnekort gedoen word ná ʼn video van ʼn bakleiery in ʼn parkeerterrein in Klerksdorp die afgelope paar dae soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei is.

Die video wys hoe twee mans roerloos in ʼn plas bloed in die parkeerterrein van ʼn winkelsentrum in Doringkruin in die stad lê. Dit was uit die video nie duidelik wat presies tot die voorval aanleiding gegee het nie.

Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê die Klerksdorp-polisie ondersoek tans ʼn saak van poging tot moord ná die voorval wat Sondag omstreeks 13:25 aangemeld is.

“Volgens inligting was daar iemand wat twee mans aangerand het. Die een slagoffer is 32 jaar oud en is met ernstige breinskade in ʼn plaaslike hospitaal opgeneem,” sê Myburgh.

Die ander slagoffer het ʼn kort ruk gelede ʼn saak by die Klerksdorp-polisie aanhangig gemaak, sê Myburgh.

“Ek kan ook bevestig dat die verdagte aan die polisie bekend is en dat ʼn inhegtenisneming binnekort sal volg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

George ·

Sien meer en meer die tiepe ding gebeur. Poging tot moord, minstens. Verwoes die “thug” se lewe soos hy gedoen het met die man. Op die video is dit duidelik hy het uit sy pad gegaan om te gaan baklei.

Schalk ·

Poging tot moord skrik die lafaards nie meer af nie, hy is more weer op straat met n belaglike borg of eie verantwoordelikheid. Moord is sy voorland.

Mnr De Beer ·

Verdagte moet vasgetrek word voor nog n persoon ernstig seer kry. Verdagte moes aan die polisie geraporteer het voor hy net van toneel af gegaan het.

Benn ·

Hierdie tipe geweld word deesdae ‘n algemene ding. Verval van ons samelewing. Dis net pynlik.

Anon ·

Dit is eintlik Krugersdorp Devilsdorp soos per die Netflix dokumentêr.

Schalk ·

Ek kan nie help om te wonder hoe die hooligans se ouers hulle grootmaak nie. n Ou buurman van my het gereeld kom spog hoe sy twee seuns die ander by die skool “bymekaar” maak. Ek het verstom gestaan dat n pa kan trots wees daarop, die ma het ewe gesê hoe veilig sy voel as die seuns by haar is, die seuns was 11 en 13. My ma het my van kleins af geleer, n man druk sy hande in sy sakke en stap weg.

Lourens ·

Blykbaar het die eerste “slagoffer” met die ou se (nou voormalige) verloofde gepeuter terwyl hy in die buiteland gewerk het.
Die 2de een het hom eerste geklap.

Schalk ·

Al het hy met sy vrou gepeuter, bly dit swak!! Die knaap is waarskynlik nog vol steroids ook, en dan ry hy n Cruiser, alles maak sin. n Mooi gesig foto van hom is al wat nou nodig is.

Manie ·

Ek stem met alles wat jy gesê het saam, maar wat die Landcruiser daarmee te make het, weet ek nie.

Schalk ·

Ek sien die brekers met hulle Cruisers op die pad, meeste jong manne, hulle egos is groter as hulle bakkies.

Mnr De Beer ·

Nou hoekom het die verdagte van die toneel af weg gegaan sonder om aan die polisie te raporteer en te verduidelik wat gebeur het? Ek verstaan as jy vuiste swaai. Maar dit is dom om n man plat te trek en daar te los aan sy eie genade hetsy hy reg of verkeerd is.

George ·

Wonder as hy dit aan die ou gedoen het, wat het hy met die vrou gedoen

Harley Davidson ·

Die krimineel hoort in die tronk saam met die wat soos hy is.

Leana ·

My kind en kleinkinders bly in Klerksdorp en my hart wil elke keer gaan staan as die dinge sien. So onnodig, draai eerder jou rug en loop weg as om jou vuiste te lig. Hoop die outjie met breinskade sal okay wees.

kragaap ·

En ‘n ander plek waar dit gebeur is die kaapse vlakte daar is dit met vuurwapens en messe.

JohanR ·

Kan nie verstaan as ‘n man grond toe is dat jy hom dan tot ‘n paperrasie moet slaan. Loop weg as die man grond toe is…… jy het nou moes lekker gekry!

Hermina ·

Klerksdorp my hart bloei vir jou en jou mense. Wat gaan aan daar? Dit was altyd n rowwe gemeenskap maar deesdae is dit asof die mense jaat daar teenoor mekaar erger geword het saam met die verval van dorp my hart is daar my gebede ook maar ek is lankal nie meer daar. Ek is verslae oor wat my oë sien en my ore hoor

Vernon ·

Ek glo teen hierdie tyd weet die hele dorp wat aangaan en wie die persoon is. As dit waar is dat daar “gelol” is met sy vrou of verloofde doen jy nie sulke goed nie. As hy dit aan n man kan doen dink net wat gaan hy teenoor sy vrou of vriendin doen!

Mnr De Beer ·

As daar ooit agter n man se rug met sy meisie of vrou “gelol” word. Dan moet daai man sy meisie en vrou net daar los. Geen rede om dan nog by so vrou te wees nie. Wat nog van te baklei vir haar wat ander mans met gemak toelaat naby haar. Stap dan eerder alleen met minder probleme as saam so n vrou.

Wonder ·

vra ek hoe kan hy met haar “peuter” waar loop sy rond dat die dinge met haar kan gebeur sy is nie so onskuldig nie

Mnr De Beer ·

Ek stem saam. As dit uitkom die vrou het “gelol” met n ander persoon wat nie haar kerel of man is nie is sy skuldig. So persoon ignoreer jy net. Wees sterk genoeg om op jou eie voete te staan met geld en als wat jy nodig het. Dit is sodat jy maklik kan weg stap van so persoon. Dan hoef jy nie n ander man te slaan of n ander man jou slaan nie. Jy het geld en mag om weg te stap.

Wonder ·

en as dit waar is wat ek gehoor het is hy n bouncer seker nou was in Dubai

Truth2bfree ·

Takes 2 to Tango

Blyk my daar was ook ‘n duidelike rede waarom sy oorkant die draad geloer het….

Leon ·

Duidelik dat die aanvaller n weerlose ou man aanrand sonder rede. Sal nooit met sy eie portuur baklei. Dit se baie van sy opvoeding en tipe mens

Grens ·

Een van die dae ‘n Cruiser in die mark vir ‘n winskoop, sterk seun sal geld vir borgtog nodig he.

SjN ·

In die 1970 jare het n sekere deel van Klerksdorp bekend gestaan as die Bokslagters en daar bestaan nog steeds so n motorfiets klub.

Onnie ·

Ek het die video gaan kyk. Wat my opval is dat baie van die mans in die video ‘n glas in die hand vas hou en onder die invloed voorkom. Hoe is dit moontlik dat mense met “oop” drank in ‘n winkelsentrum se parkeerterrein rondloop of so uit hul voertuie klim? Is daar ‘n kroeg op die perseel? Hoekom meng die ou in die swart hemp in,(blykbaar die aanvaller) terwyl omstanders lewens probeer red? Ek sien in die video net 2 vuishoue, maar baie bloed en ernstige beserings – is hierdie ou in die swart hemp The Hulk, of is daar tonele wat nie gewys word op die video nie? Hierdie is uiters skokkend, hoop die ou is al agter tralies.

Leah ·

Yes Onnie daar is ‘n kuierplek op die perseel – Cadillacs. Die Spar is in dieselfde kompleks so weet nie hoekom MM dit nie liewers so gestel het nie. Dit het ook nie die Sondag gebeur nie, die pub is nie oop op Sondae nie. Dit was die saterdag. – inwoner van klerksdorp

007 ·

PW jy is lekker in die moeilikheid. Dis omdat jy n gewoonte boelie is. Kry vir jou.

Leah ·

PW is nie die boelie nie, dit is die ou wat tweede geslaan was wat die boelie van die die eerste slagoffer wou hou.

Sparky ·

Die mense sal eerder n video maak as om die geveg te probeer redde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.