Smouse, vensterwassers van JHB-strate verwyder

metropolisie SAPADie metropolisie het die afgelope week meer as 80 smouse en vensterwassers van Johannesburg se strate verwyder.

Insp. Edna Mamonyane, woordvoerder van die metropolisie, het gesê 36 smouse en vensterwassers is Vrydag in hegtenis geneem. Hulle is na die Johannesburg Sentraal-polisiestasie geneem en sal binnekort in verskeie howe verskyn.

Die polisie het Donderdag 53 smouse, vensterwassers en bedelaars in hegtenis geneem. Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het Donderdag gesê ʼn blinde man in ʼn rolstoel is een van die wat in hegtenis geneem is.

Die departement van maatskaplike dienste sal die bedelaars na ʼn skuiling neem. Volgens Minnaar het die operasie ten doel om die stad veiliger te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sollie

Blinde man in ‘n rolstoel – hoe kom hy daar?Absolute gevaar vir motoriste en meeste van die spul is net daarop uit om te sien wat in jou kar is sodat hul buddies kan ruite uitslaan en gryp. Hierdie tipe bedelaars is ‘n verpesting en die wittes wat nou so lekker saambedel. Skande man, altyd een of ander storietjie van swaarkry en nie werk en dan spel hul aspris ook so verkeer sodat mens hul nou nog meer moet bejammer. Ek het duisend keer respek vir karwagte. Hulle probeer minstens IETS doen en moet ‘n sekere bedrag geld betaal elke… Lees meer »

Elfie

Hierdie tipe vand goed is net ‘n onding, ‘n gevaar vir motoriste en moet beslis orals verwyder word.

Madeleine Grobler

Baie goeie werk van die metro polisie! Dankie, ek steun dit!

piet

Mooi wens hul wil dit oral in die land doen dit sal die misdaad afbring.

Asjas

Bedel want hulle het nie geld vir kos nie maar staan met altyd met ‘n sigaret in die mond.