Só lyk beurtkrag vir die naweek

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Beurtkrag sal oor die naweek tot by fase 2 afgeskaal word, maar teen Maandagaand weer tot fase 4 verskerp word.

Eskom sê fase 4-beurtkrag sal Vrydag vanaf 16:00 tot Saterdag om 05:00 ingestel word. Daarna sal fase 3 tot en met die volgende oggend van krag wees.

“Teen Sondag om 05:00 sal beurtkrag verder afgeskaal word en fase 2 sal tot 16:00 ingestel word,” sê die kragvoorsiener.

“Fase 3 sal dan weer vanaf 16:00 Sondag tot 16:00 Maandag van krag wees, gevolg deur fase 4 wat Maandagaand sal geld.”

Hoewel die vraag na krag oor naweke afneem, is Eskom steeds genoodsaak om vir die grootste gedeelte van die naweek beurtkrag op fase 3 te handhaaf.

Dit is omdat twee opwekkingseenhede oor die afgelope 24 uur by die Arnot-kragstasie en een elk by die Duvha-, Kriel- en Medupi-kragstasie van lyn af geneem is vir herstelwerk.

Daar is boonop vertragings in die terugkeer van ʼn opwekkingseenheid elk by die Kendal- en Lethabo-kragstasie.

ʼn Opwekkingseenheid elk by die Kriel- en Tutuka-kragstasie is wel weer in diens geneem.

Altesaam 5 009 MW is tans weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 15 827 MW weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar is nie.

Die beurtkragskedule vir die naweek. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Ek neem aan die nuwe Minister van Beurtkrag gaan van nou af die skedules bepaal en uitgee?

Nie Verbaas ·

Korrek, en dan gaan nog n minister van beurtkrag verlaging die nuus oor n naweek gee van verlaagde beurtkrag en aankondig dat die minister van beurtkrag verhoging die Maandag sy skedule sal aankondig. Dan gaan hulle nog n kom en drink tee stig om hulle uiters bekwame opinie te lig oor hoekom dit apartheid se skuld is.

Vrystaat2109 ·

Ag jinne besluit oor een spesifieke fase en flippin hou daar by.

Nettie ·

Fase 2 word nie OOR die naweek ingestel nie, maar IN of GEDURENDE die naweek. Daar’s ‘n groot verskil. Fase 4 is nog vannag, fase 3 vir die hele Saterdag en eers Sondag word fase 2 ingestel!

Eugene ·

Daai skedules werk nie. Eskom dink ons is onnosel. Die minister van beurtkrag moet aan iets anners dink om ons te vlous.

Papsak ·

Daar is nie geld nie maar die ding stel mense aan hoe vertraag kan jy nou regtig kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.