Só lyk nuwe brandstofpryse

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die vroeë Kersfees waarvoor motoriste by die vulstasie gehoop het, is effens afgewater, maar ʼn daling in die brandstofpryse tree Woensdag tog in werking.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, het Maandag die finale brandstofpryse vir November bekend gemaak.

Die prys van beide 93- en 95-oktaan-petrol daal met R1,78 per liter, terwyl dit voortaan 85c per liter goedkoper is om met diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% vol te maak. Dit prys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% daal met 82c per liter.

Paraffien (grootmaat) word met 97c per liter goedkoper, terwyl gas R1,49 per kilogram meer gaan kos.

Die gemiddelde internasionale produkpryse van petrol, diesel en paraffien het die afwaartse neiging van ruolie gevolg, hoewel gas duurder is weens die hoë prys van propaan en butaan.

Mantashe sê die daling in brandstofpryse volg nadat die rand net effens teen die Amerikaanse dollar verswak het. Hy sê die oorlog tussen Israel en Hamas het ook nog nie die vloei van ruolie beïnvloed nie.

Die kumulatiewe balansfonds op petrol en diesel was teen die einde van September sowat R6,2 miljard in die rooi, wat beteken dat ʼn balansfondsheffing van 22c per liter by die prys van brandstof in November ingewerk is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mieke ·

Gaan die nuwe brandstofpryse by kos, groente en vrugte, ens ingetel word? Ek twyfel..

Casper ·

Eskom het gevra vir ‘n prysverhoging wat hulle gekry het omdat duisende mense oopgegaan het sonkrag toe.Baie mense het gas geysers en stowe geïnstalleer en nou word gas duurder.Die regering moet net onthou dit is hulle eie mense wat ook gas gebruik.

Nico ·

Wanneer gaan die vervoer maatskappye hul pryse af bring, hulle en die regering skep net,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.