Soektog na Joslin lewer bebloede klere op

Joslin Joshlin Smith, vermis, Saldanha, Diazville, gesoek

Die vermiste Joslin Smith van Saldanha in die Wes-Kaap. (Foto: Wes-Kaap Polisie)

Daar is Saterdagaand tydens die soektog na die vermiste sesjarige Joslin Smith op bebloede klere in ʼn oop veld afgekom.

Die polisie het sy soektog na Joslin uitgebrei met hommeltuie en soek-en-reddingshonde wat ook betrek word.

Volgens lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, is daar op die bebloede klere beslag gelê.

“Die klere sal na ons forensiese laboratorium gestuur word vir ontleding. Die soektog duur voort. Geen inhegtenisnemings is al gemaak nie.”

Pojie wou nie berigte dat ʼn bebloede mes ook gevind is, bevestig nie.

Joslin het op Maandag 19 Februarie in die Middelpos- informele nedersetting by Diazville in Saldanha verdwyn.

Joslin, ʼn gr. 1-leerder aan Diazville Primêre Skool, is op 20 Februarie deur haar ma, Kelly Smith, as vermis aangemeld. Smith het Joslin glo op 19 Februarie in haar kêrel, Jacquin Appollis, se sorg gelaat nadat sy glo olik gevoel het.

Smith kon glo ook aanvanklik nie vir Appollis opspoor nie en toe hy later opdaag kon hy glo nie sê waar Joslin is nie.

Jose Emke, Joslin se pa, bly naby Springbok in Namakwaland, maar het intussen na Saldanha gereis. Hy het gesê hy het sy dogtertjie in November laas gesien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Miena ·

Joslin: waar-ookal jy is op hierdie planeet aarde of in die hemelruim bo ons jou vlerkies sweef – wil hierdie tannie net vir jou sê dat ek jammer is oor wat met jou in jou kort lewetjie gebeur het. Jy verdien nie wat gebeur het met jou nie. Jy was toevertrou aan die sorg van n persoon wat na jou moes omsien vir n wyle.
Ek hoop regtig die soekspanne vind Joslin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.