Soektog na vermiste Joslin afgeskaal

Joslin Smith (6) van Saldanhabaai word sedert verlede Maandag vermis. (Foto: Facebook)

Die Wes-Kaapse polisie het hul soektog na die vermiste Joslin Smith (6) afgeskaal.

Die dogtertjie het meer as ’n week gelede van haar huis in die Middelpos- informele nedersetting in Saldanhabaai verdwyn. Die polisie het nog niemand in verband met haar verdwyning in hegtenis geneem of as amptelike verdagte geïdentifiseer nie.

Lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die grootskaalse soektog na Joslin het nog geen teken van die kind opgelewer nie, ondanks talle hulpbronne wat ingespan is om haar te vind en daaruit spruit die besluit om dit af te skaal.

“Die ondersoekspan werk steeds onverpoosd om alle inligting op te volg wat van verskeie bronne af ontvang word,” het Pojie by navraag gesê.

Hy het egter versoek dat mense nie misleidende inligting oor die soektog versprei nie. Dít volg nadat fopnuus en ongegronde bespiegelinge die gemeenskap die afgelope week op hol gehad het. Vals inligting belemmer uiteraard ook die polisie se ondersoek, aldus Pojie.

Joslin Smith (6) van Saldanhabaai word sedert verlede Maandag vermis. (Foto: Facebook)

“Ons wil die publiek aanmoedig om hulle te weerhou om ongegronde en ongeverifieerde gerugte oor die soektog, die moontlike opspoor van Joslin en diegene wat na bewering by haar verdwyning betrokke is, te versprei.

“Hierdie gerugte en bewerings het ’n nadelige en skadelike uitwerking op die ondersoek en hulpbronne wat ontplooi word. Dit plaas die ondersoek op ʼn dwaalspoor en put waardevolle hulpbronne uit,” het hy gesê.

Pojie versoek verder dat inwoners van omliggende dorpe en gemeenskappe nie na Saldanhabaai sal stroom om “hulp” in die soektog aan te bied nie.

“Deur-tot-deur-soektogte is Saterdag afgehandel en die ondersoekspan sal op wesenlike en konstruktiewe inligting reageer. Die ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Andriette ·

NEE NEE NEE.. ai Joslin kindjie. So jammer dat die polisie jou faal. Mag die gemeenskap en ander nooit ophou soek nie sodat geregtigheid kan seëvier.

Bolandse Nooi ·

Nou wat van die bloedspoor wat gevind is in ‘n sloot agter die huis in die informele woonbuurt en die uitkoms van opgrawing van ‘n “vlak graf” deur die polisie, dan?

George ·

@Andriette, die polisie het ongeluk nie die resources om weke aan een te soek nie, dis hoekom ons gebruik maak van die GPF en organisasies. Ongelukkig, maar dis hoe dit wereldwyd werk. Die vrae kom altyd, in tussen is nog kinders vermis, wanneer word aandag gegee aan daai, as hulle hier soek ens.

Bolandse Nooi ·

@Andriëtte, die polisie faal nie die kind of ouer(s) nie. Daar word steeds inligting en leidrade opgelei. So hartseer soos dit is, is Joslin maar één van 10 000’e kinders en mense wat landwyd vermis raak. Die polisie het sovéél meer as net een vermiste kind op hul hande en daar is buitendien verskeie organisasies en individue wat voortgaan om die dogtertjie op te spoor.

Niklaas ·

Ai, die arme kind. Wat se aaklige ervarings het nie op haar gewag nie ? Ek aanvaar dat sy nie mees genotvolle tyd beleef het nie . Dis nou wel negatiewe aannames wat mens maak , maar die realiteite en die weeklikse media berigte asook ons statistieke toon ‘n donker prentjie.

Leona ·

En so gaan dit selfs hier aan die WesKus. Soveel kinder misbruik, en Handel deur die ouers en gemeenskap. Sterkte aan almal wat nog steeds help soek na Joslin. Dit is wat gebeur as daar n beloning geheg word.

Goldy ·

Mense wat doelbewus vals inligting stuur verdun polisie se werk om kanse op oorlewing te probeer vergroot dus moet sulke mense van moord aangekla word want hulle lei direk tot verhoogde kans dat vermiste persone nie in die kritieke periode opgespoor kan word nie.

Goldy ·

Moet nie die publiek se hulp wegwys nie, julle kla dan reeds nou julle het nie hulpbronne om volskaals te bly soek nie, so hoe nou as julle self nie reg kom nie?

Charllas ·

Ek het opgekom vir die ma en die se boyfriend…… nou wonder ek! As die polisie die soektog afskaal weet hulle sekerlik iets wat hulle nog nie met ons kan deel nie. Na 72 uur soek die polisie nie meer na `n vermiste persoon nie maar na iets ondekbaar…. Aaai meisiekind waar is jy??? Ons sal aanhou bid tot ons weet.

Casper ·

Ek kan julle sê waar sy is,iewers begrawe nadat sy verkrag is.Die ma se kêrel is prime suspect want sy was laas lewend in sy sorg.Ek huil van magteloosheid en woede oor ons regstelsel ons fall.

JohanR ·

Ek wonder of sy nog eers naby haar woodgebied is? Ek dink sy is of in ‘n kar gevorseer, of in ‘n kar geklim saam met iemand wat sy ken, en kan al 1000km ver weg wees van daai woongebied. Haai dit maak jou hart seer. Kan die FBI nie ingeroep word nie?

Martie ·

Lê seker iewers in ‘n plek vermoor en verkrag soos die een van Elsies wat in Worcester gekry is. Die booswig soek saam met julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.