Soldate ondersoek ná video van ‘brandstapel’

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Waarskuwing: Die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) in Mosambiek ondersoek ʼn voorval wat op video vasgevang is waarin soldate ʼn aantal liggame op ʼn hoop brandende rommel gooi. Minstens een van die soldate in die video kan moontlik met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) verbind word.

In die video wat wyd op sosiale media versprei is, kan ʼn brandende hoop rommel met ten minste een liggaam daarop gesien word. Van die linkerkant af gooi twee ongeïdentifiseerde soldate ʼn tweede liggaam op die brandstapel, terwyl ʼn soldaat met ʼn Suid-Afrikaanse vlag op sy mou doodluiters die voorval op sy selfoon staan en afneem.

Minstens een van die soldate in die video kan moontlik met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) verbind word (Foto: Skermgreep uit video)

Aan die einde van die video kan nog ʼn ongeïdentifiseerde soldaat gesien word wat die voorval met ʼn selfoon afneem, terwyl nog rommel op die brandende stapel gegooi word.

Die SANW het Dinsdag bevestig dat hy bewus is van die video wat op sosiale media en boodskapplatforms rondgestuur word.

Brig.genl. Andries Mokoena Mahapa, woordvoerder van die SANW, sê die voorval het vermoedelik gedurende November verlede jaar in Mosambiek plaasgevind, waar Suid-Afrikaanse soldate ontplooi is as deel van ʼn SAOG-sending.

SANW-lede word in Mosambiek ontplooi as deel van hul internasionale verpligtinge teenoor die SAOG. Die diens is ter ondersteuning van die Mosambiekse regering se aksies teen terreur en gewelddadige ekstremiste wat die Cabo Delgado-provinsie teister.

Volgens Mahapa sal die SANW nie die voorval ondersoek nie, aangesien die betrokke Suid-Afrikaanse soldate nie onder sy bevel ten tyde van die voorval was nie.

“Sodra die soldate in Mosambiek ontplooi is, vorm hulle deel van ʼn gekombineerde mag onder die bevel en beheer van die SAOG,” sê Mahapa.

“Die SANW sien in elk geval nie die dade wat in die video gepleeg is oor nie en diegene wat aan sulke dade skuldig bevind word, sal aan die pen ry.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Misky ·

Absoluut skokkend!!!! Ek sukkel om ‘n woord te glo wat Mahapa gesê het.

Johannes_64 ·

Is Afrika, die reg verskil, moenie westerse optrede verwag nie… as hulle dit daar kan doen…..

Goldy ·

Niemand vat meer verantwoordelikheid nie, geen wereldleiers tree meer op nie en putin buit dit uit. Ons moet gereed wees vir wanneer malema hulle sy dreigemente teen ons wil uitvoer, want niemand gaan ons help nie

Jr ·

Africanasity denke. Dat n Suid Afrikaanse soldaat nie verontwoordbaar aan SADF want hy is in Mocambique. Nou het ek alles gehoor. Therefore all ex SAW soldate wat in Angola, Mocambique geveg het pre 94 cannat be held responsible for anything in Angola because they were in Angola and Mocambique. Eish wena clever madoda

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.