Span Suid-Afrika sluit Spele op hoë noot af

Louzanne Coetzee saam met Estean Badenhorst. Foto: Twitter.

Louzanne Coetzee het die kroon gespan op Suid-Afrika se deelname aan die Paralimpiese Spele in Japan. Sy het die brons medalje in die marathon (T12) Sondagoggend gewen in koel en oortrokke weer in Tokio. Dit was die heel laaste medalje wat by hierdie Spele gewen is.

Dit is die 28-jarige Coetzee se tweede medalje nadat sy vroeër die silwer medalje in die 1 500 m (T11) gewen het. Sy het die marathon in 3 uur 11 minute en 13 sekondes voltooi. Dit was een minuut 42 sekondes vinniger as die vorige wêreldrekord in die T11-afdeling.

Coetzee en haar gids, Claus Kempen, was by die halfpadmerk in die vyfde plek. Hulle het toe vir Edneusa de Jesus Santos van Brasilië en Maria Fiuza van Portugal by die 30 km-merk verbygesteek.

Misato Michishita van Japan was eerste, gevolg deur die Rus Elena Pautova, met Coetzee sewe minute later in die derde plek.

Coetzee reken omdat die marathon ʼn gemengde een van T11 en T12 is, is haar prestasie uitsonderlik. “Ons was vir ʼn lang tyd in die vyfde plek en dit was nooit in my kop dat ons na die derde plek sou opskuif nie. Maar ek is geseën. ʼn Wêreldrekord in my afdeling, ʼn persoonlike beste tyd én ʼn medalje. Ek kan nie vir meer vra nie. Ek het ʼn paar slegte marathons gehardloop in die verlede, maar hierdie een was perfek.” Sy dra later vandag die Suid-Afrikaanse vlag by die afsluitingseremonie.

Coetzee se medalje bring Span Suid-Afrika se totaal op sewe medaljes te staan – vier goud, een silwer en twee brons. Dit sluit drie wêreldrekords in.

Die medaljewenners is Ntando Mahlangu (twee goud), Pieter du Preez (goud), Anruné Weyers (goud), Coetzee (silwer en brons) en Sheryl James (brons).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

Ek hoop die gids kry ook ‘n medalje. Sonder hom sou sy nie kon hardloop nie.

piet ·

Sal dit nie fantasties wees as blinde persone eendag deur middel van tegnologie self kan rondbweeg soos en waar hulle wil nie. Soos byvoorbeeld ‘n apparaat wat ‘n soort “padkaart” vir die persoon kan voorhou met instruksies hoe en waar die persoon enige plek veilig kan beweeg. Ek bedoel ons het reeds karre wat onafhanklik kan bestuur.

Jaco ·

Dié “hoë noot” gaan vinnig ‘n lae noot word wanneer die anti-wit minister van sport gaan kla dat meeste medaljewenners wit is en dat daar te veel rassisme en te min “transformasie” in sport is.

gatgogga ·

Kleinboet, moet Jaco eers by jou uitvind watse kommentaar jy verlang?

Jaco ·

3 medaljewenners wit :1 swart. Môre oormôre kla die minister van sport weer oor te veel rassisme en te min transformasie in sport.

KB ·

Ons paralimpiese span het baie beter gevaar as ons olimpiese span! Soos ek voor die Spele voorspel het.
Baie geluk aan ons paralimpiese span, julle is vegtende ysters!

Casper ·

Sy gaan vergoed word vir haar brons medalje.Gaan sy vergoed word vir haar wêreldrekord ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.