Strafregtelike klagte teen Malema ingedien

Julius Malema in die Wes-Kaap. (Foto: EFF/Twitter)

“Julius Malema moet verstaan Suid-Afrika is ’n grondwetlike demokrasie en almal is onderhewig aan die land se wette.”

Só het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, gesê nadat sy party Donderdag strafregtelike klagte teen Julius Malema, leier van die EFF, by die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor ingedien het.

“Malema moet daarvan kennis neem dat hy nie net kan maak en doen en sê wat hy wil sonder dat daar gevolge is nie. Die tyd het aangebreek dat daar teen hom opgetree word.”

Die klagte hou verband met uitlatings wat hy onlangs op ’n EFF-konferensie in Kaapstad gemaak het.

In videomateriaal van die toespraak kan duidelik gehoor word hoe Malema mense aanhits om ’n persoon te vermoor wat glo EFF-lede tydens ’n optog by Hoërskool Brackenfell aangerand het.

In die video-opname het hy onder meer aan die EFF-lede gesê:

“Jy moenie bang wees om dood te maak nie. ’n Revolusie vereis in ’n stadium dat daar doodgemaak moet word want dit is deel van revolusionêre optrede.”

Dit is niks anders as aanstigting tot geweld en moord nie, het Groenewald gesê.

“Malema oortree ook die Wet op Oproerige Byeenkomste wat ’n strafregtelike misdryf daarstel wanneer mense aangehits word om geweld of enige ander misdaad te pleeg.”

Die VF Plus het ook reeds ’n klag van haatspraak en aanhitsing tot geweld ingedien by die Menseregtekommissie (MRK). AfriForum en TLU SA het ook soortgelyke klagte ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Om een of ander rede is hy onaantasbaar. Kom eers agter die kap van DAARDIE byl. Delf dieper want hierdie blinde oog wat vir hom gegooi word het REUSE vraagtekens, ROOI vraagtekens. Dan eers sal hy verantwoordelik gehou word vir sy aksies en uitsprake. Voor dan is daar geen hoop vir so saak om te slaag nie. Ons kan boeke skryf oor ons regstelsel. Geen vertroue meer daarin nie maar dankie vir julle wat probeer en sterkte.

gatgogga ·

Ek stem saam met alles wat jy skryf, Trotse Boervrou – maar let op dat die korrekte anglisisme sal seker “draai ‘n blinde oog ” moet wees.

Nicholaas ·

Dit is tyd laat hy op sy plek gesit word, sy hande drip van onskuldige mense se bloed.

Gideon ·

Kyk maar, hy sal nie een minuut agter tralies ooit spandeer nie

yahneh ·

Man??

“A worthy man is still worthy even penniless, a donkey is a donkey even if he is finely saddled.”

Herpiet ·

Tydmors
Hy is onaantasbaar
Hoeveel keer in die hof al bewys

gatgogga ·

Wel, bewys dit dan weer ‘n keer. Ons sal sekerlik hierdie bewyse in die toekoms nodig kry.

Republikein in die Wes Kaap ·

Pieter Groenewald boesem baie vrees in.

Nie Verbaas ·

Dit help nie dat hy vrees inboesem en niks gebeur in n hof nie. Ons regstelsel vir die algemene burger baie effektief maar vir kaders is dit n ander storie. Hy haar wittes maar tog is sy regspan wit.

Kiewiet ·

Nou hoe is dit dat hy heeltyd wegkom met sy uitlatings al word daar sake teen hom gemaak niks kom nooit daarvan nie..ek stem hy hoort in die tronk

Chris ·

Wie wil met my ‘n weddenskap aangaan dat daar niks van gaan kom nie. Hy is onaantasbaar.

Pierre ·

Jip, as hy steeds na als wat hy al kwyt geraak het nie toegesluit is nie, sal daar ook niks van die kom nie.

Pieter ·

Julle mors julle tyd. Ek verstaan hoekom dit gedoen is, maar dit is duidelik hy onaantasbaar is.
Gaan net nog ‘ n lang uitgerekte storie raak

Christine ·

Ek wens……ek hoop……maar ek weet niks gaan hiervan kom nie!

Pieter9 ·

Geduld, want dit is nou wag en sien vir die volgende 5 jaar.

Cornel ·

Hy is onaantasbaar want die ANC maak hom met die hand groot…soort soek soort. Vat sy sogenaamde “body guards” weg en kry hom alleen dan tjank hy soos ‘n baba….

Harley Davidson ·

Met sy wagte sal hy nogsteeds tjank,hy moet net sy mond kom uitspoel by die regte plekke

Maritza ·

Natuurlik is hy want hy weet, sluit hulle om toe dan breek sy makkers weer die land af

Nie Verbaas ·

Hier sal dadels van kom. Saak sal net aanhoudend uitgestel word. Die normale prosedure.

Witbaard ·

Ongelukkig is die regering skytbang vir hom, want hy sweep sy mense op om te verwoes as hy nie sy sin kry nie

Schalk ·

Ek persoonlik dink hy is die spreekbuis vir die regering. Hulle gebruik sy uitlatings om te kyk hoe ver hulle die mense kan druk om keelvol te word.

CHRISTINE ·

Dankie dit voel net beter om te weet iets word gedoen. Die gevolge van sy uitlatings laat my baie onveilig voel in Pretoria vir die eerste keer in jare.

Gideon ·

Nes AL die ander aanklagte teen hom, gaan hiervan ook NIKS kom nie….die witman word gehaat in die land, jy kan maar “sugar coat” soos jy wil dis n FEIT ongelukkig

gatgogga ·

Baie mooi, VF+.
Maak die wereld vir Malema warm, en as die hof weer ‘n keer wys dat Malema nie mag aangevat word nie, dan is dit net nog ‘n stukkie getuienis wat ons vorentoe gaan nodig kry.

Vinny ·

Wel, hyt tot dusver met al sy uitlatings en streke weggekom…

Suzette ·

eff en anc is saam in hierdie storie – eff doen die vuil werk.

Laksman ·

Waarom gaan sorteer jy nie persoonlik die man van Brackenfell uit nie, dat hy jou ook sommer gou maniere kan leer………hou op skuil agter die domste van die dommes – banggat.

Prikkie ·

Malema kry te veel “airtime” en solank hy dit kry sal hy aanhou om so op te tree.

Oosie ·

Tog hoop ek op een of ander stadium kry hy pakslae.. hoop net dit kom nie te laat nie..

OW ·

Malema is nie van Zimbabwe nie.Daar was vermoed dat hy bande met Mugabe gehad het,maar is blote spekulasie.Hy het groot geword in die Capricorn distrik naby Polokwane,in die Limpopo provinsie.

George ·

Ek gee nie om nie, hy moet terug Zimbabwe toe, of hy nou van daar is of nie.

George ·

Laaste wat ek hieroor te se het. Maak nie saak of daar iets gebeur of nie, dis reeds gese, dis reeds in sy volgelinge se koppe geplaas.

Wit Leeu ·

TWAK ! NIKS GAAN GEBEUR NIE ! HY KAN MOS DOEN WAT HY WIL ! MORS VAN GELS EN TYD !

Jacobus ·

Malema ons as wetsgehoorsame burgers in die Weskaap SAL ONS VERDEDIG AS ONS AANGEVAL WORD . Hoekom begin jy nie sommer met die eerste aanval nie? Dat jy sommer self n les geleer kan word of is jy bang?

pompies ·

Julius moet net onthou hy is reg in n revoliusie sal daar defnitief dood gemaak word, maar daardie swaard sny na 2 kante toe en dit moet hy onthou.

yahneh ·

Geen mens is onaantasbaar of onoorwonne nie, hy kan binne ‘n oogwink te na aan die son vlieg…

Roelof ·

Malema het openlik oorlog verklaar. En…… hy en sy makkers voer sy beloftes uit terwyl almal maar sit en wag vir n beurt. Sy ANC kaders klap hande want dit trek aandag af van hulle korrupsie. Hy sal weer onskuldig weg stap. Maar blankes wat hulle self verdedig sit maande in die selle sonder borg

Gaitsigubib ·

Hierdie, persoon wat ‘n skepsel is van die ANC, het nie met iets nuuts begin nie. Sy leermeester en voormalige leier van die ANC jeugliga, het met haatspraak begin, in die vroee 90’s. As ek die 2 manne se name noem, wat daardie tyd die staatshoofde was, kom ek onder sensuur. Die punt wat ek maak is dat mens hul nalatenskap en hul leierskap ook sal moet bevraagteken en veroordeel, voor jy sal kan se dat mr rooi pet is skuldig aan haatspraak. Dit lyk my nou dat dit nie mag gebeur nie, want n nobelprys wenner van hul kaliber word gesien as n goddelike wese. Ek kan verstaan dat Malema is soos hy is, want sy voorgangers kry heldevererings – strate en stadions word na hulle vernoem.

Danie ·

Nog n tien jaar lange saak en op die ou end loop hy weer.Daar baie ander maniere om van n rondloper kat ontslae te raak.

Vrijburger ·

‘Be careful what you which for.’ (Chris Hani het ook geweld en revolusie gepredik. Revolusie het die geneigdheid om sy kinders te verorber.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.