Swaar straf wink vir Swart namate klagte ophoop

Jaco Swart (Foto: Facebook)

ʼn Lang tronkstraf kan die veroordeelde vroueslaner Jaco Swart se voorland wees indien hy weer skuldig bevind word van aanranding. Dit terwyl daar ten minste vier klagte van aanranding én twee van bedrog soos ʼn swaard oor sy kop hang.

Maroela Media is boonop in besit van ʼn video wat wys hoe Swart een van sy werknemers aanrand, maar dié saak is nog nie by die polisie aangemeld nie.

Ontevredenheid heers ook oor die vonnis wat Swart verlede Dinsdag in die streekshof in Pretoria-Noord opgelê is – ʼn boete van R20 000 en drie jaar tronkstraf wat vir vyf jaar opgeskort is – omdat baie mense voel dat dié straf hopeloos te lig is.

Die saak spruit uit ʼn voorval wat op 18 November 2018 op kringtelevisie-beeldmateriaal vasgevang is en wys hoe Swart sy vervreemde vrou, Nicoleen, in die kantoor van sy motorhandelonderneming in Pretoria-Noord, skop, stamp en slaan.

Llewellyn Curlewis, ʼn strafregkenner, sê Swart kan vir etlike jare tronk toe gestuur word indien hy skuldig bevind word op die bykomende aanklagte van aanranding teen hom. Indien hy weer aangekla word, is sy kans om borg te kry boonop uiters skraal.

“ʼn Opgeskorte vonnis beteken dat direkte tronkstraf opgeskort is op sekere voorwaardes – onder meer dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan ʼn soortgelyke misdaad nie. Indien hy op die nuwe aanklagte van aanranding skuldig bevind word, kan hy dié keer swaarder gestraf word omdat hy sy opskortvoorwaardes verontagsaam het. Hy word dan ook in die hof se oë nie meer as ʼn eerste oortreder gesien nie. Die staat kan al hierdie aspekte as verswarende omstandighede in die hof aanvoer,” sê Curlewis.

“Streng gesproke sal Swart dan drie jaar direkte tronkstraf kry plus die vonnis wat hy vir die jongste oortredings opgelê is.”

Curlewis wys ook daarop dat Swart se kanse om borgtog te kry skraler sal wees indien hy weer in die hof moet verskyn. “Die hof hou nie daarvan as ’n beskuldigde ʼn geneigdheid tot misdaad toon nie.”

Beeldmateriaal wat Maroela Media onder oë gehad het wys hoe Swart ʼn man in die einste kantoor waar Nicoleen aangerand is, skop en slaan. Die voorval het volgens etlike bronne dieselfde dag as Nicoleen se aanranding plaasgevind. Na wat verneem word, was hierdie man een van Swart se werknemers. Hy het egter nie ʼn aanrandingsklag aanhangig gemaak nie.

Soos vroeër berig is nóg drie klagte van aanranding teen Swart – in onderskeidelik Brackenfell en Bellville – aanhangig gemaak.

’n Vierde klag van aanranding is Vrydag by die Brackenfell-polisiestasie geopen. Dié beweerde aanranding het glo verlede Vrydag – drie dae voor Swart se vonnis – plaasgevind. Die klag hou verband met een van die ander drie aanklagte, wat glo op dieselfde aand plaasgevind het.

Bedrogsake

ʼn Verdere twee klagte van bedrog het ook onder Maroela Media se aandag gekom. Hierdie klagte is by die Sinoville-polisiestasie aanhangig gemaak.

Volgens die klaers moes Swart in 2018 sy motorhandelonderneming toemaak ná bedrogklagte destyds teen hom gebring is. Die bedrog spruit uit onderhandelings wat by sy onderneming gedoen is.

Elize du Plessis en haar man, Francois, het in 2018 ʼn bedrogsaak teen Swart aanhangig gemaak. Die Du Plessis-egpaar het glo ʼn voertuig by Swart teen R185 000 aangekoop, maar die eienaar van die voertuig het glo nooit dié geld gesien nie. Die eienaar het gevolglik ʼn hofbevel gekry, wat toegesien het dat die motor teruggeneem word en die Du Plessis-egpaar was dus hul voertuig én R185 000 kwyt. Die egpaar glo Swart het die geld net so in sy sak gesteek.

Té ligte vonnis

Nicoleen Swart (Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Curlewis meen hoewel Swart se vonnis nie ’n baie swaar straf is nie, word dit wel as ’n “normale vonnis binne die distrikshof se jurisdiksie” beskou.

Hy sê die staat kon verswarende faktore voor die hof lê of die saak na die streekshof verwys om ʼn swaarder vonnis te verseker. Hy sê die staat kon ook meer moeite gedoen het om die video as getuienis by die hof in te dien nadat dit ontoelaatbaar bevind is omdat die verdediging die video se egtheid bevraagteken het.

“Op die ou einde kon die landdros net die getuienis wat voor hom geplaas is, in ag neem om ’n uitspraak te lewer. Elke saak word op sy eie meriete hanteer.”

Action SA het die staat ook Dinsdag hieroor gekap en gesê hy kon die verdediging se standpunt oor die video betwis het. Die party voer aan die staatsaanklaer het ook versuim om die klaer en ’n video-deskundige as getuies te roep (wat albei beskikbaar was en bereid was om te getuig ter verswaring van die vonnis).

Op grond van hierdie inligting het Action SA besluit om aan die Direkteur van Openbare Vervolging van Gauteng te skryf om te versoek dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) dringend teen die vonnis appelleer.

Die party gaan ook vra dat daar ’n deeglike ondersoek na die aanklaer se optrede gelas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Roebs ·

Maak die video bekend laat hom agter tralies sit hy verdien dit!

Snuffelgids ·

The chickens have come home to roost. Duidelik Ken jy nie wat verantwoording beteken nie…nou gaan jy leer

Maritza ·

So haal jou dade jou in. Hopenlik nou sal hy kry wat hy verdien!

Dries ·

Dit is so duidelik soos daglig dat hierdie man n gewoonte misdadiger is

Carel ·

Is die Staatsaanklaer ‘n rassis?
Óf het hy ‘n meerwaardigheid gevoel teenoor vroue?
Dié knaap moet voor stok gekry word !!

Trotse Boervrou ·

Hoe het dit in die eerste plek gebeur dat hy net ‘n boete gekry het? Dit is wanneer die gespuis wegkom met hul walglike dade dat daar op die end iemand hul lewe verloor. Dankie Action South Africa dat jul opstaan vir reg en geregtigheid. Egter ‘n skande dat jul die howe se foute moet uitwys.

Feather ·

Hoop die bewyse teen hom word reg hanteer sodat dit nie weer uitgegooi word nie, nie dat ek weet hoe dit reggekry is nie! Ek wonder altyd hoe slaap ‘n prokureur as hy/sy so iemand verteenwoordig en hulle kom weg daarmee?

Suzette ·

Sal n blye dag wees as die tronkdeure agter hierdie misbaksel toeklap…..

Twallie ·

Sal kyk hoe lig hy sy handjies vir die perde in die tronk.

Mads ·

Jip!! Dan kyk ons waar eindig hy as hy aan sy eie portuur ‘tik’….!

Waarnemer ·

Die man behoirt lewenslank uit die samelewing verwyder te word.

Hennie Biebouw ·

Uitstekende nuus. Botterbulletjies soos hy verdien alles wat hof aan hul kan oplê.

JohanR ·

Kan mens die ou ‘n vark noem, sonder om varke te belediging?

Jannie van Niekerk ·

Nee, Varke is opgevoed. Noem hom eerder ‘n Joeljas ondersteuner

Frances ·

Vieslike vark!!!!!!! Sy is so klein gebou kon niks gedoen het teen so n aanval nie, hartseer!

Jannie van Niekerk ·

Nee, hy is nie ‘n vark nie. Mens moenie varke so beledig nie.

Johanna ·

Hierdie saak moes n swaarder straf gekry het, die boodskap moet baie sterk deurgegee word aan man’s wat hulle vroue en kinders aanrand. Ons sit met n reuse GESINS GEWELD probleem wat buite beheer is. VAT DIE EEN TRONK TOE VIR N LAAANG LANG TYD Flaffie.

Esme ·

Mnr Swart, miskien is die gevangenis net die plek vir jou. Daar kan jy slaan, skop en aanrand, maar die enigste terugslag in jou lewe, sal wees wanneer jy teruggeslaan word. Slaan is maklik – om houe te ontvang is minder aangenaam – miskien kan jy daar gaan sit en ‘n boek skryf. So baie ouens doen dit – veral die ouens met ondervinding.

Jannie van Niekerk ·

Hopelik gaan hy hierdie keer lewenslank plus 5 miljoen jaar tronk toe.

Toy ·

Maar wat is dit met die man. Hy moet sommer ook gestuur word vir “anger management” kursus, hy het verseker ‘n probleem met sy humeer.

Lubbe ·

Wie gaan betaal vir die kursus/klasse? Hy moet tronk toe en klaar…dit is meer aa genoeg.

Mads ·

LEKKER! Vat so jou misoes!!!
Hoop jy vrot lekker daar agter tralies – daars lekker baie maters wat jy kan klap en skop en bykom met die vuis…. Ons volg graag jou vordering op daai ranglys…..!
SIES MAN. Skaam jou!!! (en KRY nou vir jou!)

anniekiewiet ·

Enige mens wat n ander aanrand, is pateties swak in karakter, maar ek wonder altyd wat veroorsaak sulke optree? Wat maak van iemand n aanvalsboef en aanrander van vroue?

Lubbe ·

Sluit toe en vinnag ook asb. Voor hy op die vlug slaan. Blykbaar weet net sy prokureur waar hy weg kruip.

Christo ·

Hierdie vroueslaner kan onder geen omstandighede voor omvattende hervorming in die publiek losgelaat word om onder ons te woon nie. Hy is ‘n gevaar vir alle vroue en meeste mans. Sy gewese vrou moet onmiddelik met Afriforum se hulp appel aanteken teen die opgeskorte deel van sy vonnis.

Matewis ·

Dit is reg dat hy aan die pen ry vir alles wat hy gedoen het. Dit is net sleg dat alles so in die media uitgebasuin moet word. Hy het kinders en hulle word nou deel van hierdie publieke sirkus. Maak nie saak wat ‘n ouer doen/gedien het nie hy bly steeds hul biologiese pa. Die kinders gaan nou orals gaan met die wete dat almal weet hul pa is ‘n monster. Hulle gaan ook moet aanvaar dat hierdie slegte man hulle pa is… Ek kan my nie indink watter emosionele skade hul reeds het agv jare se blootstelling aan familiegeweld en nou nog al hierdie media dekking. Dis altyd die kinders wat ly onder volwassenes se dade…

Maritha ·

Dalk is dit vir hulle ń verligting! Hy het heel waarskynlik hulle ma ook aangerand.

Plaasnooi ·

Sluit hom toe en gooi d sleutel weg …… nóg beter : sit hom in ‘n tronk waar daar nét vrouens is …. húlle sal sy gal vir hom werk ????

PersHeks ·

Oooo weee hy gaan beslis die “girlfriend” word in die tronk dan sal ons sien hoe doen hy die bokser “trippel”!!!!!!

Pim ·

Hierdie man moet toegesluit word! Hy het geen reg om op vrye voet te wees nie. Hy is duidelik ‘n gevaar vir alles en almal om hom.

JL ·

32 jaar + terug het ek ‘n klag van aanranding by Sunnyside SAP Pretoria probeer lê na aanleiding van die soveelste aanranding op my en my kindertjies en agv langdurige aanrandings. Ek is deur ‘n blanke polisiedame aangeraai om die klag te heroorweeg en eerder te laat vaar aangesien die trauma van die saak, ondersoeke en die gevolge daarna vir my en my twee klein kindertjies te erg so wees. Ek het vir nog 7 jaar uitgehou en met groter drama, trauma en volwasse kinders wat nou nog sielkundige gevolge dra agv die mishandling ‘n einde aan die “huwelik” gemaak.????

Maritha ·

Hierdie outjie kort ń pot warm slap pap. Shame hy voel so sterk om ń tingerige vrou te slaan. Het seker ietsie KLEIN wat hom so super sterk laat voel as hy sy vuisies gebruik. Seker al wat werk op sy lyfie

Hannes ·

Die haat en bloeddorstige kommentaar van ALMAL wat hier antwoord, is kommerwekkend as mens in ag neem dat, nie een van julle nie al die feite het, van die nuwe sake nie, dat die man nog nie SKULDIG BEVIND IS NIE.
En die belangrikste van alles 99.99% van almal wat hier kommetaar lewer CHRISTEN GELOWIGES IS..
Solank ons ou Blanke Afrikaner Volkie iets” of iemand het, om te verdoem en te veroordeel, is ons op ons bloedorstige gelukkigste…

Hartseer!!!!

JL ·

Die een video is genoeg, glo my. ‘n Jakkals verander van haar maar nie van snaar nie. Die persoon wat ons lewens vernietig het, het weer getrou, haar lewe vernietig, haar kind vervreem, haar familie en vriende verwilder. Dank die Here, hy het sy eie kinders ook verdryf. Op die einde van die dag het hy in sy eie kop “geregtigheid” laat seëvier. ‘n Vereensaamde, aggressiewe, mens wat nie kind, kleinkind of vriende het nie. Herken jy jouself? Ek ken jou!

AH ·

Het jy die video gesien @ Hannes?? Is daar enige twyfel by jou dat hy skuldig is? Mens mag maar kwaad word vir sulke monsters en die woord oor hulle versprei voordat hulle meer mense aanrand of dalk erger..

Korrelkop ·

Hoop iemand gee hom bietjie (nee baie) van sy eie medisyne

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.