Terroris moet lewenslank sit

Harry Knoesen tydens ’n vorige hofverskyning. (Foto: Nasionale Vervolgingsgesag)

Die hooggeregshof op Middelburg het die veroordeelde terroris Harry Knoesen (64), leier van die sogenaamde Crusaders-organisasie, Dinsdag twee lewenslange vonnisse vir sy beplande terreurmisdade opgelê, met ʼn bykomende 21 jaar tronkstraf wat samelopend uitgedien sal word.

Monica Nyuswa, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, het bevestig dat Knoesen dadelik aansoek om verlof tot appel teen sy skuldigbevinding en vonnis gedoen het. Dit is egter van die hand gewys. Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Knoesen is vroeër aan die oortreding van die Wet op die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie teen Terreur en Verwante Bedrywighede, skuldig bevind, asook aan die voorbereiding en beplanning van ʼn terreuraanval in Suid-Afrika, die werwing van persone en steun om terreuraanvalle uit te voer, en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Nyuswa het Woensdag gesê dat Knoesen in 2018 “’n diepgewortelde haat” vir die demokratiese bedeling in Suid-Afrika ontwikkel het.

“Hy het probeer om sy oortuigings op godsdienstige gronde te regverdig deur aan te voer dat God hom geroep het om Suid-Afrika vir wit mense op te eis. Dié rasgedrewe beskouings het sy beplanning om die regering omver te werp en swart mense dood te maak gedryf.

“Hy het ook die moontlikheid ondersoek om ’n biologiese wapen te gebruik om swart mense in Suid-Afrika te vergiftig en dood te maak. Daar was ook samesprekings oor die reël van en opleiding in stedelike oorlogvoering.”

Knoesen, ʼn afgetrede pastoor, en sy trawante het destyds saamgesweer om nasionale sleutelpunte, winkelsentrums en informele nedersettings aan te val. Dié aanvalle is aanvanklik vir 29 November 2019 beplan, maar is met twee weke uitgestel. Knoesen is op 28 November 2019 in hegtenis geneem. Knoesen was die leier van die Crusaders-organisasie (National Christian Resistance Movement) en het aan homself die rang van generaal toegeken.

Hy is saam met die broers Errol en Eric Abrams aangekla. Albei het skuldig gepleit en is in Desember 2020 gevonnis.

Nyuswa sê die polisie het destyds op baie bewysstukke beslag gelê, insluitend dokumentasie, digitale toestelle, wapens en ammunisie.

Knoesen het onskuldig gepleit en die staat het die bewyse van getuies gebruik om hom skuldig te bewys, onder meer oudiogrepe en video’s wat Knoesen op sosiale media gemaak het, asook die getuienis van ’n digitale forensiese ondersoeker.

Die hof het Knoesen op alle aanklagte skuldig bevind en hy is dienooreenkomstig gevonnis.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Brandwag ·

Die ANC en die regering rig meer skade aan teenoor sy landsburgers en infrastruktuur.

Delia ·

As hy skuldig is, moet hy sit.
En die Eskom terreur??? En sabotasie met voorbedagte rade kos net soveel lewens

De Villiers ·

Genade, lewenslank omdat jy nog net beplan het om iets toe doen…

Delia ·

De Villiers. Die SAPD het onlangs mense doodgeskiet in n oor en weer skietery toe hulle inligting gekry het van n beplande misdaad.

Vlekkie ·

Die regstelsel faal ons. Wat hy beplan het was wreed! Maar hy hèt nog niemand vermoor nie en kry 2 x lewenslank; terwyl moordenaars met die doel om te moor enigiets van 5 tot 15 jaar kry. Hoe de hel!!!???

Racheltjie Debeer ·

Wil ek ook weet. Hy het dit net beplan, nog nie uitgevoer nie, maar ons boere en ou mense word op die wreedste maniere vermoor en dan kry die skuldige (as die polisie daarin slaag om hom vas te trek) net ‘n paar jaar tronkstraf! Dubbele standaarde! Malema mag Kill the Boer sing soos hy lus kry, maar die man gaan vir die res van sy lewe opgesluit word! BELAGLIK!

Christine ·

Malema sê ook hy het nie geroep vir die uitmoor van witmense nie, nóg nie! Sy eie woorde op kamera! So hy beplan ook, maar niks gebeur met hom nie! Dubbele standaarde!!!!

Henri ·

Staatskaping is mos ook ‘n tipe terrorisme. Wat van die onluste gedurende Julie 2021? Transitorooftogte? Geweldadige plaasaanvalle?

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis in elk geval nie die moeite werd om vir die land en sy mense te veg nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek het my deel in die ou bedeling gedoen. Baie grensdiens gedoen wat sy persoonlike tol geëis het.

Martie Smartie ·

Maar rooipette mag beplan en sing maak dood die boer … dis ok ne – en hulle maak werklik boere dood maar die swakkelinge wat regters genoem word, dink als is ok

Misky ·

Wat van die klomp terroriste wat in die parlement sit en reeds moord gepleeg het? Die man het net beplan en sit so lank……
#dubbelestandaarde

JN ·

Maar hul mag se One settler one bullet..
Kill the farmer kill the boer terwyl die blankes wreed op hul plase vermoor word en die Eff word gevrywaar van haatspraak in Suid Afrika met die Anc en howwe se goedkeuring..
Niemand nerens se of doen niks…
Lewe en die verlies gaan net aan…
So verkeerd en tragies..

Keelvol ·

Hoekom sit moordenaars nie ook lewenslank nie? Wat van die eff se rasgedrewe ideologie? Hoekom word hulle nie van terreur aangekla nie?

hpven ·

Sodra jy winkelsentrums teiken, teiken jy ongewapende burgerlikes en dit is die oorlogvoering van die lafhaard en terroris. Punt.

Manie ·

Met ander woorde presies dieselfde taktiek as wat die regerende party gevolg het en wie vandag aan bewind is? Ok.

Wakkerslaper ·

PRESIES wat mandela en sy sakp/anc gedoen het – maar hulle is “heroes”…?!?!

Misky ·

Presies @Wakkerslaper. Hulle word vryheidsvegters genoem en lughawens, dorpe en strate na hul vernoem.

Christine ·

Hpvn, kry jou kop reg…. Jou dink prosesse is iets mee verkeerd.

Andries ·

Dubbel standaarde aangesien die rooi pet draer ook mense aanhits en mense daardeur vermoor.

Alwyn ·

Dis nogal snaaks dat daar na Knoesen verwys word as n terroris, maar dieselfde “eer” word nie in artikels gebruik waar daar na nog n veroordeelde terroris, Nelson Mandela, verwys word nie.

Wakkerslaper ·

O nê? Baie vinnig om Knoesen ‘n “terroris” te noem. Maar mandela, tambo, zuma, slovo, pieterson, timol en al hulle MK maatjies wat PRESIES dieselfde dinge en nog VEEL erger aangevang het word s.g. “vryheidsvegters” genoem? Is Knoesen nie ook maar net ‘n “vryheidsvegter” nie?

Maritza ·

Wonder of hy ook na 27 jaar vrygelaat sal word soos Mandela?

Wondermaarnet ·

Was Mandela nie ook ‘n terroris nie? Hy het ook bomme geplant en die staat omver probeer werp.

Delia ·

Ja by was en daarvoor was by jare in die tronk. En ek is nie n Mandela aanhanger nie

Christine ·

Ja Piet, maar hy is vereer en was president. Knoesen as president?

Henri ·

Jy lig ‘n interessante punt. Maar wat is BEE? Hoe pas ander rasse/kulture in by die rassistiese regerende ANC? Politiek verpolariseer Suid Afrika.

Jacob ·

Henri, ek stem heelhartig saam met jou. Uitsondering van een etniese groep waar almal onder dieselfde kam geskeer word, is onaanvaarbaar. Daarom is BEE verkeerd en onwettig, selfs volgens die VN. Ons kan egter nie ondersteuning van die VN verwag nie aangesien dit ‘n nutteloosheid organisasie is waarvan die bestaansreg bevraagteken moet word (is maar soos die MRK hier). BEE is nie slegs verkeerd nie, maar dit is ook ‘n belediging vir elke swart persoon wat sy of haar kool die sous werd is, maar dit beteken nie omdat ek dit verafsku dat ek plekke moet opblaas en onskuldige mense moet doodmaak nie. Gaan ons enige vordering maak met ‘n herhaling van ‘n lafhartige Magoos Bar, ‘n Kerkstraat karbom en landmyne wat deur skuim op plaas paadjies gestel is? Tensy ons ‘n Angola, Mosambiek of Zimbabwe van die 70’s en 80’s vra, is dit nie die moeite werd nie, nie vir ons of diegene vir wie ons omgee nie.

Ai tog ·

Kan nie glo dat hy ook onbevoeg gevind word om ‘n vuurwapen te besit nie, veral na 2 lewenslange vonnisse en ‘n bykomende 21 jaar ook nie. Wonder of hulle dink hy sal een in die tronk mag besit het??

Wildemien ·

Delia jou antwoord het heel niks te doen met die belaglikeid van die “vonnis” om onbevoeg verklaar te word nie. SA regstelsel is net weird.

Anton ·

Elke dag word daar terreur aanvalle uit gevoer in suid afrika en wat word gedoen om dit te stop?
As die regering maar net so regverdig teenoor almal kan optree

Jacobus ·

Ons het ‘n lys SOEs in ons land wat deur ekonomiese en politieke sabotasie verwoes het. Ons praat nie eers van Juliaas en sy trawante se openlike “kill” praatjies. Mr die regter – dink weer!

Jr ·

Ja aangekla vir terrorisme en die wat die KZN geweld aangehits word nie vir “terrorisme” aangekla. Die grootste terroriste – naamlik die Zumpie kinders loop nog vry rond. Only in racist SA

Delia ·

Be real…moes SAPD wag tot hy n winkelsentrum of nedersetting opblaas voor hulle teen hom optree.
Ons kan vergelyk soos ons wil, maar van die keyboard kant is dit maklik om te oordeel sonder om ten volle ingelig te wees oor verskillende sake wat voor die regbank dien.
Die man, volgens informasie deur MM, is skuldig.
En moet hy sy vonnis uitdien.

Delia ·

Volgens ander artikel glo hy God het opdrag gegee om SA te suiwer ….net vir die blankes beskore. So n mens is n tydbom. Sulke fundamentalisme is gevaarlik…net soos selfmoordbomplanters.
Selfs sy eie manne wat nou in die tronk is het teen hom getuig.
So moet ons wag tot by so iets doen…dalk dan jou huishulp, jou kind se maatjie, jyself terwyl jy onskuldig inkopies doen…

Wildemien ·

Dus moes sy “vonnis” eerder wees opneem in ‘n inrigting vir sielkundige waarneeming? Tronk is mos nie die regte plek vir malletjies nie.

Hannes ·

Die definisie van “terroris” word bepaal deur die regerende party van die dag.

Lillian ·

En die likes van Robert Mcbride en ander wat terreurdade uitgevoer het, loop vry rond…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.