Toelaes vir 74 000 oorledenes ‘nie Sassa se skuld’

(Foto: Barbara Maregele/GroundUp)

Die toelaes van R140 miljoen wat Sassa in die afgelope drie boekjare aan 74 000 begunstigdes uitbetaal het, hoewel hulle reeds oorlede was, is hoofsaaklik weens omstandighede buite Sassa se beheer.

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) sê die uitbetalings hou eerder verband met die tydperk waarin die dood van begunstigdes deur naasbestaandes aangemeld word. Korrupsie is dus nie ter sprake nie.

Sassa se verduideliking volg nadat Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, in antwoord op ʼn geskrewe parlementêre vraag van die DA dié inligting onthul het.

Volgens Paseka Letsatsi, Sassa-woordvoerder, word Sassa-begunstigdes se besonderhede maandeliks getrek en met die inligting in die departement van binnelandse sake se besit vergelyk om te bevestig of begunstigdes nog lewe of moontlik intussen oorlede is.

“Hierdie proses vind net rondom die 22ste of 23ste van elke maand plaas. In ʼn geval waar gevind word dat ʼn begunstigde oorlede is, word so ʼn rekord op die Sassa-stelsel gedeaktiveer voordat die betaling onttrek word. Hierdie proses met die departement van binnelandse sake is geoutomatiseer en dit word sonder uitsondering op ʼn maandelikse grondslag uitgevoer.”

Letsatsi sê Sassa weet slegs dat ʼn begunstigde oorlede is indien familielede dit by Sassa self of die departement van binnelandse sake aanmeld. Indien ʼn afsterwe laat aangemeld word, lei dit daartoe dat sommige betalings voortydig vrygestel word. “Nóg Sassa nóg die departement van binnelandse sake het enige beheer daaroor as ʼn sterfte laat aangemeld word.”

Sassa doen volgens Letsatsi ook elke nou en dan ʼn hersiening van die begunstigde se persoonlike besonderhede om vas te stel of die begunstigde se omstandighede steeds dieselfde is. “Tans word die hersieningsproses uitgevoer deur ʼn fisieke kontakreëling (aangesig tot aangesig) tussen Sassa-personeel en die geraakte begunstigdes, en nie virtueel nie.”

Die getal van 74 000 oorlede begunstigdes aangemeld, is dus volgens Sassa die aantal begunstigdes wat die afgelope drie jaar gesterf het. “Dit beteken dat van die 18 miljoen begunstigdes wat maandeliks deur Sassa betaal word, daar ʼn gemiddeld van 2 055 begunstigdes is wat die afgelope drie jaar op ʼn maandelikse grondslag gesterf het en wie se omstandighede nie bevestig kon word soos uiteengesit nie.”

Volgens Sassa werk hy tans onverpoosd saam met die departement van binnelandse sake om te verseker dat die stelsels gekoppel is, asook saam met wetstoepassingsagentskappe, om korrupsie hok te slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Rindie ·

Weereens weerspreek Sassa hulle self.Hulle erken dat hulle elke maand met binnelandsesake opvolg oor sterftes….hoe betaal hulle Dan aan soveel gestorwenes toelaes uit?

Sover my kennis strek…meld die begrafnisondernemer die sterfte aan….of is hierdie gestorwenes net in n gat gegooi en toegegooi?

Martie Smartie ·

Nou ja toe. Bietjie logika en enige een kan dink dat as Sassa elke 3 maande hulle databasis laat screen teenoor die Bevolkingsregister van Binnelandse Sake, sal hulle gereeld die oorlede begunstigdes identifiseer en kan diegene geskrap word. Elke 3 maande. Nie een maal in 30 jaar nie.

Kokerboom ·

Skrikwekkende geldwanbestuur deur korrupte regime. Dan sê hul sondeer skaamte daar was geen korrupsie

electricmango ·

Nie net sassa nie maar elke staats instelling het geen idee wat gaan aan nie. Jy kan nie mense uit bushbuck ridge gaan haal en dink hulle gaan met morele waardes die skip bestuur nie.

Jack ·

Ai die regering misluk op alle tereine waar kundigheid en bevoegdheid ‘n vereiste is.Hoe gaan die land ooit weer van die onkundiges en korruptes in alle poste ontslae kan raak ?

SwartBees ·

Kyk my vriend, as jy wit is en jy sterf dan staak en sterf alles wat die staat jou bied saam met jou, onmiddelik. HOE hierdie beesneuse dit reg kry om ‘n dooie se sassa, nog vir jare te trek na sy dood, gaan my verstand tebowe.

Karoo ·

Kyk… as die ontvanger van inkomste deur 3de party verlae mooi weet wat in my saake aan gaan dan wragies kan die departement van binnelandse se sisteem mos ook “reporting” doen aan SASSA. Ek sou dink dat almal wat SASSA ontvang, jaarliks in persoon geverivieer moet word, en as jy binne ‘n ullike tyd dan nie kan nie, wel dan kry jy nie toelae nie, totdat jy opdaag. Maar…. dis seeker te veel werk vir te min geld.

Pietie ·

Hoe op dees aarde. Die begrafnisondernemer meld afsterwe dan aan by Binnelandsesake. Ai tog die korrupte mense darem.

efjy ·

Die oorledenes is nie korrupt nie. (Miskien was hulle toe hulle geleef het) dit is hul familie of staats amptenare wat van hul afsterwe weet, maar voortgaan om hul sassa geld te onttrek, wat korrupt (skelm) is.

Suzette ·

Dit is NOOIT die onbevoegdes se skuld nie – ALTYD iemand anders…..

Marous ·

Wie se skuld is dit dan ? Jan of die feetjies ? Onbevoegde huigelaars.

Jack Russ1 ·

Ek verstaan dat die binnelande sake se sisteem ‘n gemors is, dit is gereeld aflyn, maar dat dit vir so lank nie opgetel kan word maak net nie sin nie.

Dan sê hulle ook daar is nie korrupsie ter sprake nie, maar dat hulle saam met wetstoepassingsagentskappe werk om korrupsie hok te slaan. Watter korrupsie, daar is dan nie korrupsie nie?

Rooi rissie ·

Dis omdat hulle onbevoegd is om hulle werk te doen soos wat hulle moet. Hulle is net daar vir die salaris. Die mense wat wel kwalifiseer vir sassa mag nie sassa kry nie weens dubbel standaarde in die land. Binneland se sake is vir 5 JAAR agter met hulle werk agv onbevoegde mense in die poste.

Mara ·

Nee nee dis nie SASSA se skuld NIE! Dis alweer JAN VAN RIEBEECK se skuld!!

Sê maar net ·

Ek wil sê: “Bou nou ‘n nasie” maar, ons kan lankal nie meer ‘n “nasie bou” met hierdie korrupte onbevoegde spul nie. Wat ‘n gemors!

popsa ·

Hoe is DIT moontlik? Want ‘n sekere pensioenaris is die 22ste van ‘n sekere maand oorlede. Niemand was by die Sassa-kantoor nie, maar die pensioenaris se pensioen is onmiddellik gestaak. Geen Sassa-toelae een week later. (Dom?) weduwee moes sien en kom klaar. Eerlike, eerbare mense. So, hoe gebeur hierdie bogenoemde berg van korrupsie dan? Vraag is, hoe gaan ‘n mens skelm dood? Die hele straat, al die bure en familie hoor, weet en vertel tog. ‘n Doodsberig versprei soos ‘n veldbrand. Die oomblik as dit by die hospitaal op die sisteem sou kom, is dit permanent oop en bloot sigbaar by elke instansie wat saakmaak. Bogenoemde korrupsie is slegs moontlik as naasbestaandes wat agterbly betyds die regte mense op die regte plek kan leer ken; betyds die regte reëlings kan tref en daarna vir die regte aantal maande die regte bedrae op die regte tyd in die regte bankrekenings kan maak. Dan sal die sisteem nie die nuus verneem dat Oupa, Ouma, Oom of Tante afgestorwe is nie. En so gebeur dit dan dat Beamptes Nr X, Y en Z wat wie weet waar woon en werk (moontlik familie van mekaar) hulle uiters karige staatsalarisse vindingryk kan aanvul deur hulle eie persoonlike (moontlik familie-) besigheid. En ieder en elk is dolgelukkig! Ouma is lankal oorlede, maar haar familie geniet nog maandeliks haar staatspensioen, want hulle moet tog lewe, dan nie? Almal besef tog dat die Sassa-toelae vir kinders nie voldoende is nie… Totdat ‘n haan eendag in die parlement durf begin kraai. En dan, hoe ook al, Sassa se nalatigheid was dit beslis nie. Nou ja wat, almal maak mos maar soms foute. Dankie, nou weet ons daarvan. Ons stel dit dadelik reg!

JB14 ·

Nonsens. Begrafnisondernemers moet die doodsertifikaat stuur. Dit is die eerste ding wat hulle my gese het. Hulle handig in by Dept en Sassa word gestop. Res moet familie self stop… te maklik om publiek te blameer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.