Transnet vergader met bessiebedryf

Bloubessies (Foto: Beth Thomas/Pixabay)

Die leierskap van Transnet-hawens in die Wes-Kaap het Dinsdag met lede van die bessiebedryf, naamlik Berries SA, Hortgro en die voorsitter van die nasionale landboubemarkingsraad (NLBR) vergader oor gebeurlikheidsplanne vir die uitvoer van bessies vanaf Kaapstad se hawe.

Maroela Media het vroeër berig die bessie-seisoen is nou in sy piektyd, maar die staking wat vroeër by Transnet se hawens begin het, voorspel niks goeds vir die boere wat dringend hul produkte op skepe moet kry nie. Boonop bedreig die aksie glo 30 000 werksgeleenthede in die bessiebedryf. Dié staking het daartoe gelei het dat die hawe-owerheid ʼn force majeure vir alle Suid-Afrikaanse hawens verklaar het.

Ayanda Shezi, woordvoerder van Transnet, sê die organisasie werk nou saam met die bedryf om seker te maak dat bederfbare produkte, saam met vrag wat ʼn beperkte raklewe het, by hawens geprioritiseer word. “ʼn Gesamentlike geïntegreerde beplanningspan sal saam met die bedryf aangestel word om verdere vertragings te verlig. Transnet werk steeds nou saam met verskepingslyne en die breër bedryf om die huidige situasie te bestuur.”

Shezi sê Transnet bly verbind daartoe om klante se vrag so doeltreffend as moontlik te verskeep.

Justin Mudge, voorsitter van BerriesZA, het vroeër gewaarsku selfs ʼn enkele dag waarop die hawens nie werk nie, het ʼn beduidende uitwerking op die hele bessiewaardeketting en sal meebring dat miljoene rande in uitvoerinkomste verlore gaan.

Intussen duur gesprekke oor loononderhandelings Woensdag voort onder die vaandel van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leon ·

Vries die bessies soos in George in tinfoil verpakking en blow freeze dit in sekondes dit is second best maar beter as niks

Cobus ·

En dit is hoe jy iets breek al werk dit. Die boere doen alles in hulle vermoë om dan net weer op so manier gekelder te word. Hoe mense in 92 dit en al die ander gemors nie kon sien kom nie is STAGGERING!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.